{"id":31982,"date":"2015-05-22T07:19:40","date_gmt":"2015-05-22T05:19:40","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=31982"},"modified":"2015-05-22T08:09:13","modified_gmt":"2015-05-22T06:09:13","slug":"minister-koggel-wittes-oor-derby-lewis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=31982","title":{"rendered":"Minister koggel wittes oor Derby-Lewis"},"content":{"rendered":"<p>Clive Derby-Lewis se aansoek om mediese parool sal Maandag as \u2018n spesiale mosie in die hooggeregshof in Pretoria aangehoor word.<\/p>\n<p>Sy regsverteenwoordiger, Julian Knight, het ges\u00ea die mosie sal deur regter Selby Baqwa aangehoor word. <\/p>\n<p>Derby-Lewis dien lewenslange tronkstraf uit omdat hy afgeraai is om oor sy onskuld te getuig in die sluipmoord op die destydse hoof van die Suid-Afrikaanse Komunisteparty, Chris Hani.<\/p>\n<p>Die 79-jarige Derby-Lewis is vroe\u00ebr vanjaar mediese parool geweier. Hy is sedert verlede jaar in die hospitaal met terminale kanker.<\/p>\n<p>Clive Derby-Lewis wat ernstig siek is, moet in die gevangenis bly, terwyl &#8216;n blakend gesonde Schabir Shaik openlik gholf speel en inkopies doen.<\/p>\n<p>Shaik is uit op mediese parool, maar is gesond genoeg om met sy ho\u00eb vriende in ho\u00eb poste gereeld aan sport deel te neem. <\/p>\n<p>Shaik het boonop aansoek gedoen dat sy mediese parool in gewone parool verander word en di\u00e9 absurde teenstrydigheid is selfs toegestaan. In wese beteken dit dat Shaik nooit siek was nie en dat die departement van korrektiewe dienste deel is van die versinsels oor sy vermeende gesondheidstoestand.<\/p>\n<p>Die rassistiese, anti-wit dubbele standaarde en politieke agterbaksheid van die minister van korrektiewe dienste, Mike Masutha, blyk duidelik uit hoe di\u00e9 twee gevalle verskillend benader word.<\/p>\n<p>Shaik het slegs twee jaar en nege maande van sy vonnis van 15 jaar uitgedien het waarna hy sy &#8220;buitengewone ho\u00eb bloeddruk&#8221; klaarblyklik versin het om sy straf om te keer. <\/p>\n<p>Derby-Lewis, wat nooit die sneller getrek het nie, is al 22 jaar agter tralies.<\/p>\n<p>Masutha beweer voorts dat hy nie oor dokumente en mediese verslae in die naam van Derby-Lewis beskik nie.  Dit is ten spyte daarvan dat die minister goed weet dat korrektiewe dienste Derby-Lewis aangeraai het om onder \u0149 ander naam in die hospitaal opgeneem te word.<\/p>\n<p>Die swart minister koggel gereeld wit parlementslede en lag hulle openlik uit as hy met die feite van sy ooglopende onbillikheid en vooroordeel gekonfronteer word.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea hy sien niks fout met Derby-Lewis nie, en dat hy vir homself kan sorg as hy kan rondbeweeg in die &#8220;gevangenis&#8221;. Derby-Lewis is maande gelede reeds in &#8216;n erg verswakte toestand in die hospitaal opgeneem.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Clive Derby-Lewis se aansoek om mediese parool sal Maandag as \u2018n spesiale mosie in die hooggeregshof in Pretoria aangehoor word. Sy regsverteenwoordiger, Julian Knight, het ges\u00ea die mosie sal deur regter Selby Baqwa aangehoor word. Derby-Lewis dien lewenslange tronkstraf uit omdat hy afgeraai is om oor sy onskuld te getuig in die sluipmoord op die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[10124,2333,13318,16938,11616,7130],"class_list":["post-31982","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-clive-derby-lewis","tag-korrektiewe-dienste","tag-mediese-parool","tag-mike-masutha","tag-parool","tag-schabir-shaik"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/31982","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=31982"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/31982\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=31982"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=31982"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=31982"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}