{"id":31890,"date":"2015-05-18T09:01:38","date_gmt":"2015-05-18T07:01:38","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=31890"},"modified":"2015-05-19T09:02:55","modified_gmt":"2015-05-19T07:02:55","slug":"pik-botha-se-seun-vaar-uit-teen-brics","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=31890","title":{"rendered":"Pik Botha se seun vaar uit teen BRICS"},"content":{"rendered":"<p>Dr Roelof Botha meen BRICS se anti-Amerikaanse ingesteldheid kan Suid-Afrika suur bekom. Botha, Pik Botha se seun, het in &#8216;n meningstuk in Netwerk24 ges\u00ea die W\u00eareldbank en die Internasionale Monet\u00eare Fonds in onvervangbaar wat &#8220;vryemarkbeginsels, private eiendomsreg, vryheid van spraak en demokrasie&#8221; betref.<\/p>\n<p>Botha s\u00ea Suid-Afrika behoort sy deelname aan BRICS te heroorweeg omdat lidmaatskap &#8220;verhoudinge kan vertroebel met lande wat veel groter bydraes tot ons ekonomiese welvaart lewer en is buitendien hopeloos onbekostigbaar vanuit \u2019n fiskale hoek&#8221;.<\/p>\n<blockquote><p>Heelwat opgewondenheid het vier jaar gelede geheers toe Suid-Afrika genooi is om deel te word van die destydse Bric-groepering (Brasili\u00eb, Rusland, Indi\u00eb en China).<\/p>\n<p>Die nuwe klub van toonaangewende ontluikende ekonomie\u00eb staan as Brics bekend en sou kwansuis wesenlike ekonomiese voordele vir al vyf die lede inhou, veral op die gebied van internasionale handel en die ontwikkeling van infrastruktuur.<\/p>\n<p>Agterna beskou is di\u00e9 hoop grootliks beskaam. Met die uitsondering van Indi\u00eb, wat \u2019n daadwerklike poging aangewend het om meer goedere van Suid-Afrika in te voer, het uitvoerhandel na Brasili\u00eb en Rusland onbenullig klein gebly (gesamentlik \u2019n rapsie meer as 1% van Suid-Afrika se totale uitvoer in 2014).<\/p>\n<p>China is egter die grootste bron van hoofbrekens. Drie spesifieke probleemgebiede het die afgelope vier jaar ontstaan.<\/p>\n<p>Eerstens het Suid-Afrika se uitvoer na China met slegs 4% gegroei sedert lidmaatskap van Brics.<\/p>\n<p>Tweedens word di\u00e9 uitvoer hoofsaaklik deur slegs twee items verteenwoordig, naamlik steenkool en ystererts, terwyl China nie veel belangstel in produkte met \u2019n betreklik ho\u00eb toegevoegde waarde nie (laasgenoemde behels hoofsaaklik afdelings 4, 6 tot 12, 16 en 17 van die internasionale standaard-klassifikasie van produkte).<\/p>\n<p>China het verlede jaar slegs R11,5\u2009miljard se goedere in di\u00e9 produkgroepe van Suid-Afrika aangekoop, vergeleke met R13,2\u2009miljard, R29,7\u2009miljard en R31,2\u2009miljard wat deur onderskeidelik Engeland, Duitsland en Amerika aangekoop is.<\/p>\n<p>Derdens het Suid-Afrika \u2019n haas onversadigbare aptyt vir invoer van China ontwikkel, wat die handelstekort met di\u00e9 land verlede jaar tot \u2019n nuwe rekord laat klim het.<\/p>\n<p>Totale invoer van China het verlede jaar R168\u2009miljard beloop, wat \u2019n handelstekort van R73\u2009miljard met die w\u00eareld se tweede grootste ekonomie verteenwoordig.<\/p>\n<p>Die omvang van di\u00e9 tekort word in perspektief gestel indien dit met die totale tekort op die Suid-Afrikaanse handelsbalans vir 2014 vergelyk word, naamlik R69\u2009miljard (volgens die Reserwebank).<\/p>\n<p>Dit beteken dat Suid-Afrika \u2019n handelsoorskot sou aangeteken het indien geen handel met China plaasgevind het nie.<\/p>\n<p>Die groeiende handelstekort met China is veral kommerwekkend teen die agtergrond van Suid-Afrika se lidmaatskap van Brics, wat al hoe meer na \u2019n windeier lyk \u2013 met die uitsondering van handel met Indi\u00eb.<\/p>\n<p>Dit wil voorkom asof die Suid-Afrikaanse regering swak besluite geneem het ten opsigte van die keuse van handelsvennote met wie \u00adgroter samewerking vir \u00adwedersydse ekonomiese voordele nagestreef word.<\/p>\n<p>Suid-Afrikaanse uitvoer na tradisionele demokratiese handelsvennote het die afgelope vier jaar met indrukwekkende stygings vorendag gekom, ondanks die nagevolge van die 2009-resessie. Uitvoer na Amerika, Duitsland, Engeland en Nederland het sedert 2011 met onderskeidelik 14%, 16%, 30% en 51% toegeneem.<\/p>\n<p>Die onlangse stigting van die Brics-ontwikkelingsbank (amptelik bekend as die Nuwe Ontwikkelingsbank) is ook \u2019n tameletjie, aangesien Suid-Afrika se vereiste bydrae tot die aanvangskapitaal van di\u00e9 instelling buitensporig hoog is, naamlik $10\u2009miljard.<\/p>\n<p>Elkeen van die vyf lidlande is veronderstel om gelyke bydraes tot die stigtingskapitaal van $50\u2009miljard te lewer, wat \u2019n belaglike re\u00ebling is indien relatiewe ekonomiese grootte in ag geneem word.<\/p>\n<p>Suid-Afrika se BBP is slegs 2% van die gesamentlike ekonomiese uitset van Brics en dit sou billik (en nogal logies) gewees het om die omvang van elke land se BBP as maatstaf vir die kapitaal van die Brics-Ontwikkelingsbank te gebruik.<\/p>\n<p>Die rekening vir lidmaatskap van die bank eindig \u00adegter nie hier nie. Daar word later van elke land \u2019n verdere $10\u2009miljard verwag, asook \u2019n bedrag van $20\u2009miljard vir die sogenaamde reserwe-valutafonds.<\/p>\n<p>Die omvang van di\u00e9 finansi\u00eble verpligting vir deelname aan die Brics-ontwikkelingsbank kan op twee maniere toegelig word: Dit is meer as die gesamentlike jaarlikse staatsuitgawes aan die SA Polisiediens, alle ekonomiese dienste, behuising, gemeenskapsontwikkeling en watervoorsiening.<\/p>\n<p>Verder is dit ongeveer gelyk aan die algehele gesamentlike toegevoegde waarde van landbou, mynbou en konstruksie (in 2014).\n<\/p><\/blockquote>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dr Roelof Botha meen BRICS se anti-Amerikaanse ingesteldheid kan Suid-Afrika suur bekom. Botha, Pik Botha se seun, het in &#8216;n meningstuk in Netwerk24 ges\u00ea die W\u00eareldbank en die Internasionale Monet\u00eare Fonds in onvervangbaar wat &#8220;vryemarkbeginsels, private eiendomsreg, vryheid van spraak en demokrasie&#8221; betref. Botha s\u00ea Suid-Afrika behoort sy deelname aan BRICS te heroorweeg omdat lidmaatskap &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=31890\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Pik Botha se seun vaar uit teen BRICS&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":31894,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[20399,10577,5311,20396,6977,20397,17284,2078,20398,6976],"class_list":["post-31890","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-anti-westers","tag-brics","tag-china","tag-handelsbalans","tag-imf","tag-invoere","tag-ontwikkelingsbank","tag-rusland","tag-stigtingskapitaal","tag-wereldbank"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/31890","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=31890"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/31890\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/31894"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=31890"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=31890"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=31890"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}