{"id":31833,"date":"2015-05-16T19:23:35","date_gmt":"2015-05-16T17:23:35","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=31833"},"modified":"2015-05-17T07:06:52","modified_gmt":"2015-05-17T05:06:52","slug":"prof-hennie-van-coller-doodsklok-vir-afrikaans-lui","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=31833","title":{"rendered":"Prof. Hennie van Coller: &#8216;Doodsklok vir Afrikaans lui&#8217;"},"content":{"rendered":"<div id=\"widget_5555218530c17\" class=\"article_widget textblock pos-center\">\n<div class=\"text_block\">\n<p>Daar woed in die afgelope tyd weer \u2019n druk debat rondom Afrikaans en (veral) sy ho\u00ebr funksies. Sonder sy ho\u00ebr funksies (soos die gebruik van die taal in die regswese, politiek, media en onderwys) is \u2019n taal geen volwaardige standaardtaal nie.<\/p>\n<p>Veral oor Afrikaans as onderrigtaal op universiteit \u00e9n op skool word druk geargumenteer.<\/p>\n<p>Die debat het sy oorsprong by die planne van prof. Dan Kgwadi om \u2019n nuwe bestuursmodel vir die Noordwes-Universiteit in te stel (eintlik af te dwing) waardeur Afrikaans benadeel sal word.<\/p>\n<p>\u2019n Ander aanleidende oorsaak is die planne van die Universiteit van die Vrystaat om sy taalbeleid opnuut te bekyk en veral die motivering daarvoor.<\/p>\n<p>In die debat word standpunte nogal argeloos gestel, asof dit aksiomas sou wees: Dat Afrikaans onder \u2019n vroe\u00ebre bedeling bevoordeel is bo ander tale; dat Afrikaans om te oorleef groter erkenning moet verleen aan sub-vari\u00ebteite (soos Kaaps) deur dit te erken in woordeboeke en spelre\u00ebls, en dat Afrikaans se redding l\u00ea in logiese en beredeneerde argumente wat vriendelik gestel word.<\/p>\n<p>In \u2019n vorige bedeling was daar twee amptelike tale: Afrikaans en Engels; indien Afrikaans sogenaamd bevoordeel sou gewees het, geld dit eweneens Engels.<\/p>\n<p>Opvallend was egter dat die (\u201capartheids-\u201d) regering juis inheemse tale uitgebou het deur die instelling van afsonderlike radiodienste tot by die oprigting van universiteite vir verskillende \u201cbevolkingsgroepe\u201d, soos in Bellville, Westville, Thohoyandou, Empangeni, Pietersburg en Umtata. Dat dit \u2019n verlengstuk was van die beleid van \u201cafsonderlikheid\u201d verander niks aan die feit nie.<\/p>\n<p>Voorts is daar vandag bykans geen kultuurtaal ter w\u00eareld wat nie beskik oor \u2019n standaardvari\u00ebteit nie. Uiteraard beteken dit nie dat ander dialekte of subvari\u00ebteite daarmee van die tafel gevee word nie. Ook nie dat die spelling daarvan nie bere\u00ebl kan word nie. As gebaar bring dit die nodige versoening.<\/p>\n<p>M\u00e1\u00e1r dit is juis die standaardvari\u00ebteit waarin die ho\u00ebr funksies uitgeoefen word. Al word hoeveel woorde of uitdrukkings uit Afrikaans se subvari\u00ebteite ook formeel erken, het Afrikaans steeds \u2019n standaardvari\u00ebteit nodig vir amptelike kommunikasie \u00e9n as skryftaal. Daarsonder is die stryd teen \u2019n ander kultuurtaal van meet af aan verlore.<\/p>\n<p>Dit het die Vlaminge met hul veelheid van dialekte en subvari\u00ebteite goed besef in hul lang taalstryd. Ironies genoeg word die pleidooi vir groter erkenning van subvari\u00ebteite in Volksblad ook in keurige standaardafrikaans gerig!<\/p>\n<p>As akademikus glo ek aan logiese, beredeneerde en ad rem-argumente, en as mens glo ek dat beskaafde redenering en vriendelike omgang met mense belangrik is.<\/p>\n<p>Maar dit getuig van na\u00efwiteit om te dink dat jy daarmee kan en moet volstaan in \u2019n volskeepse oorlog. En die optrede van die regering in die afgelope jare teen Afrikaans is niks minder as \u2019n oorlogsverklaring nie.<\/p>\n<p>Die afskaling van Afrikaans in die openbare sektor \u2013 SABC, politiek, ho\u00ebr onderwys (ook deur samesmelting van universiteite) \u2013 en in die regswese; die onttrekking van staatsubsidies aan die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns en veral die voortdurende pogings om Afrikaanse skole te vernietig, is net die spits van die ysberg.<\/p>\n<p>Die Nederlandse skryfster van veral historiese romans, Nelleke Noordevliet, het by geleentheid ongeveer die volgende beweer: dat geskiedenis as \u2019n terugblik op die verlede, nie prim\u00ear van historiese belang is nie, maar die teenswoordige tyd verstaanbaar maak \u00e9n jou voorberei vir die toekoms of ten minste bedag maak op gevare wat wag.<\/p>\n<h4>Onbewese beskuldiging<\/h4>\n<p>Voorstanders van Afrikaans as onderrigtaal aan die UV kan met redelike gemak die belangrikste argumente weerl\u00ea waarom die onderrigtaalbeleid aan die UV opnuut bekyk moet word.<\/p>\n<p>Die beskuldiging dat Afrikaanse studente bevoordeel sou word deur Afrikaanse dosente berus op persepsies (omdat hulle skynbaar beter presteer?) en nie op feite nie.<\/p>\n<p>Die UV-bestuur se besluit om so \u2019n onbewese beskuldiging as belangrike argument te opper om \u2019n taalbeleid weer te bekyk, kom neer op die bevraagtekening van Afrikaanse dosente se integriteit.<\/p>\n<p>Dat afsonderlike taalklasse apartheid sou bestendig, is onwaar, omdat die klasse oop is vir almal \u2013 ongeag geslag of kleur \u2013 en talle studente anders as wittes daarin sit.<\/p>\n<p>Boonop word integrasie op soveel ander plekke op die kampus nagestreef (van die koshuise, studentepolitiek, sport en die verpligte eentalig Engelse UFS 101) dat dit \u2019n drogredenasie is.<\/p>\n<p>Al geldige beswaar teen parallelmedium-onderrig is die herhaling van lesings, maar indien verskillende dosente dit behartig, is daar geen verdubbeling vir dosente nie.<\/p>\n<\/div>\n<\/div>\n<div id=\"widget_5555218531269\" class=\"article_widget imagegallery pos-left\">\n<div class=\"article-images\">\n<section>\n<div class=\"image\">\n<p class=\"image-caption\">Prof. Jonathan Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat. Foto: Jaco Marais<\/p>\n<\/div>\n<\/section>\n<\/div>\n<\/div>\n<div id=\"widget_5555218531b7e\" class=\"article_widget textblock pos-fill\">\n<div class=\"text_block\">\n<p>En die verdeling van groot klasse is in baie departemente reeds die gebruik vir dekades.<\/p>\n<p>Maar ek vrees, beredeneerde en logiese argumente (hoe vriendelik ook gestel) gaan geen effek h\u00ea op \u2019n uitkoms wat vir my vasstaan nie: \u2019n eentalige Engelse universiteit waar Afrikaans selfs nie in enige openbare ruimte geduld sal word nie. En hierdie toekomsvoorspelling berus op wat in die verlede by die UV gebeur het.<\/p>\n<p>Transformasie is die afgelope jare op verskillende vlakke by die UV deurgevoer. Dit het ook \u2019n direkte uitwerking gehad op die plek van Afrikaans binne die UV.<\/p>\n<p>Nie net die aanstelling van verskeie eentalige Engelse persone in topposte nie, maar ook die inkorporering van twee Engelstalige kampusse het Afrikaans gemarginaliseer.<\/p>\n<h4>Rektor spilfiguur<\/h4>\n<p>Die huidige rektor, prof. Jonathan Jansen, was die spilfiguur in hierdie verwikkelinge en daarom is sy siening van Afrikaans ook belangrik.<\/p>\n<p>Volgens \u2019n uitspraak van hom is \u201ceksklusief Afrikaanse of selfs Afrikaans-oorheersende wit skole of universiteite\u2009.\u2009.\u2009. \u2019n ernstige bedreiging vir rasseverhoudinge in Suid-Afrika\u2009.\u2009.\u2009. \u2019n Mens kan gewoon nie jong mense voorberei om die letsels van ons verlede te verreken sonder om die beste moontlike geleenthede te skep om saam te leer en saam te leef nie\u201d.<\/p>\n<p>Hieruit moet \u2019n mens aflei dat eksklusief Engelse of Engels-oorheersende wit skole of universiteite nie \u2019n bedreiging vir rasseverhoudings inhou nie; die wit Afrikaner is die vlieg in die salf.<\/p>\n<p>Dit word later duidelik dat hy vir Afrikaans selfs geen plek gun op skoolvlak nie \u2013 in \u2019n gepubliseerde artikel het hy voorgestel \u00e1lle Afrikaanse skole moet hul voertaal na Engels verander.<\/p>\n<p>Binne prof. Jansen se denke is aandrang op Afrikaans in skole en universiteite rassisties ge\u00efnspireer en taalaktiviste word oor een kam as rassiste geskeer. Daarom het hy die dood van prof Russell Botman voor die voete gel\u00ea van taalaktiviste by die Universiteit Stellenbosch.<\/p>\n<\/div>\n<\/div>\n<div id=\"widget_55552185321c3\" class=\"article_widget blckquote pos-left\">\n<div class=\"blockquote\">\n<blockquote><p><span class=\"quote\">\u201c<\/span> <span class=\"bg-wrap\"><a class=\"article-link\">BINNE DIE UV IS ENGELS DIE AFGELOPE JARE MET \u2019N YSTERHAND BEVORDER. <\/a><\/span><span class=\"quote\">\u201d<\/span><\/p><\/blockquote>\n<\/div>\n<\/div>\n<div id=\"widget_5555218532850\" class=\"article_widget textblock pos-fill\">\n<div class=\"text_block\">\n<p>In openbare uitsprake het prof. Jansen sy afkeer uitgespreek van die Kovsiekerk op kampus wat deur sy Afrikaanse dienste mense \u201cuitsluit\u201d.<\/p>\n<p>Ook die Christelike en Nasionale Meisieskool Oranje is bygekom en Afrikaanse organisasies (van die SA Akademie tot en met die FAK) is bestempel as \u201ckop in een mus\u201d.<\/p>\n<p>Hieruit blyk op die minste \u2019n aversie van (wit) Afrikaanssprekendes en dalk wittes as sodanig, want by geleentheid het hy na die naam van die Ho\u00ebrskool Jan van Riebeeck in Kaapstad verwys as \u201cvreemd\u201d en ges\u00ea dat \u201csulke name\u201d (van vroe\u00ebre wit koloniste?) getransformeer moet word.<\/p>\n<p>Binne die UV is Engels die afgelope jare met \u2019n ysterhand bevorder.<\/p>\n<p>\u2019n \u201cVrouemonument\u201d met slegs Engelse inskripsies is opgerig. Op my skriftelike klag (as voorsitter van die UV-talekomitee) aan die rektor dat dit \u2019n klap in die gesig was van veral Afrikaans- en Sothosprekende vroue het ek \u2019n uitbrander ontvang omdat ek dit gewaag het om my brief in Afrikaans te skryf.<\/p>\n<p>\u2019n Ruk daarna is die talekomitee gewoon opgehef en het die enigste amptelike waghond oor taalsake verdwyn.<\/p>\n<p>Tolking by die uitvoerende komitee van die senaat is be\u00ebindig en die verpligte kursus vir eerstejaarstudente (UFS 101) is ingestel. Dit word slegs in Engels gedoseer en alle besprekings is n\u00e9t in Engels.<\/p>\n<p>Gou was daar geen plek meer vir Afrikaans binne die studentepolitiek nie en studente het by my kom kla omdat hulle deur Rudi Buys, vorige studentedekaan, effektief verbied is om Afrikaans te praat.<\/p>\n<p>Amptelike stukke en korrespondensie het toenemend slegs in Engels verskyn en openbare lesings en universiteitspublikasies het oorwegend of uitsluitlik Engels geraak.<\/p>\n<p>Dit is merkwaardig dat by ander tradisioneel Engelse universiteite skynbaar \u2019n veel meer demokratiese gees heers: By die oer-Engelse Rhodes-universiteit word bepaalde kommunikasie toenemend in Engels, Afrikaans en isiXhosa uitgestuur.<\/p>\n<p>By die afgelope paar kanseliersetes van die UV wat ek bygewoon het, het (veelal Afrikaanssprekende) gashere geen enkele woord in Afrikaans geuiter nie; selfs nie eens \u201cbaie welkom\u201d nie.<\/p>\n<p>Ook die huidige kanselier en oud-Vrystater het hom nooit verwerdig om maar \u00e9\u00e9n woordjie Afrikaans te besig nie. Ek sou kon aangaan.<\/p>\n<h4>Doodsklok lui lankal<\/h4>\n<p>Kortom: die doodsklok vir Afrikaans het lank reeds gelui op die UV-kampus.<\/p>\n<\/div>\n<\/div>\n<div id=\"widget_555521853372c\" class=\"article_widget textblock pos-fill\">\n<div class=\"text_block\">\n<p>Moet my dus nie verkwalik as ek sinies is oor die moontlike positiewe uitkoms van die \u201cwye konsultasie\u201d wat hieroor sal plaasvind nie.<\/p>\n<p>S\u00f3 is talle omstrede kwessies in die verlede ook behartig (soos oor die verandering van die kleure, wapen en leuse van die universiteit).<\/p>\n<p>Ek herinner my bykans geen geval waar daar een wysiging aangebring is aan dit waaroor vantevore al besluit is nie.<\/p>\n<p>Hoewel ek vuriglik hoop op \u2019n ander uitkoms, lyk my doemprofesie s\u00f3: Die nuwe bestuursmodel en transformasie van die NWU-Potchefstroom-kampus sal nie gestuit kan word nie en \u2019n eentalige Engelse kampus (dalk n\u00e1 \u2019n fase van parallelmedium-onderrig) l\u00ea in die verskiet. Die volgende teiken is Afrikaanse skole en daarna die Afrikaanse kerke.<\/p>\n<p>In die hele proses is die Afrikaanssprekende sy eie grootste vyand, want ek voorspel nou dat van die voorste Afrikaanse ho\u00ebrskole in Bloemfontein hulleself vrywillig gaan omskep in parallelmedium-skole sodra die UV se besluit val om eentalig Engels te word: \u201cOm kinders voor te berei op Engelse onderrig.\u201d<\/p>\n<p>En hoe lank dan nog voordat die Vrystaat-Kunstefees dan ook oorwegend Engels gaan wees?<\/p>\n<p>Is dit ondenkbaar dat binne s\u00f3 \u2019n klimaat van politieke korrektheid en \u201ctoeganklikheid\u201d ander pilare ook gaan wankel?<\/p>\n<p>Soos dat Volkblad (eers) met \u2019n naweekuitgawe in Engels begin om later tweetalig te word en dat Afrikaanse kerke besluit om Engelse dienste aan te bied?<\/p>\n<p>S\u00f3 was die situasie in die Wes-Kaap aan die einde van die 19de eeu waaroor C.P. Hoogenhout hom uitgelaat het: \u201cEngels! Engels! Alles Engels! Engels wat ons sien en hoor; In ons skole, in ons kerke word ons moedertaal vermoor.\u201d<\/p>\n<p>Daar was gelukkig nog altyd die bittereinders en hulle is daar steeds.<\/p>\n<p>Maar as Afrikaans wil oorleef, veral as volwaardige kultuurtaal, sal nuut gedink moet word. Daar sal onwrikbaar besluit moet word om s\u00e9lf te koester, uit te bou en te skep.<\/p>\n<p>Die prioriteit is \u2019n eie Afrikaanse universiteit, soos ek en kollega Jaap Steyn al 15 jaar gelede gepleit het en toe in rook afgeskiet is deur rektore van universiteite waar Afrikaans tans nie meer bestaan nie!<\/p>\n<p>Voorts sal daar \u2019n inspirerende \u201cbindende narratief\u201d geskep moet word as samebindende krag.<\/p>\n<p>By die Jode is dit godsdiens, by die Katalane en Baske, nasionalisme.<\/p>\n<p>Sonder hierdie \u201cbindende narratief\u201d (of Groot Idee) wat Afrikaanssprekendes saambind oor kleurgrense heen, sal Afrikaanse vanne en artefakte in museums eendag dalk al herinnering wees aan \u2019n groep wat vir hierdie land ontsettend baie beteken het.<\/p>\n<p><em>Prof. Hennie van Coller is voormalige departementshoof, Afrikaans en Nederlands, Universiteit van die Vrystaat, asook voormalige voorsitter: S.A. Akademie vir Wetenskap en Kuns<\/em><\/p>\n<\/div>\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar woed in die afgelope tyd weer \u2019n druk debat rondom Afrikaans en (veral) sy ho\u00ebr funksies. Sonder sy ho\u00ebr funksies (soos die gebruik van die taal in die regswese, politiek, media en onderwys) is \u2019n taal geen volwaardige standaardtaal nie. Veral oor Afrikaans as onderrigtaal op universiteit \u00e9n op skool word druk geargumenteer. Die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":21,"featured_media":31834,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[20370,10],"tags":[167,14536,20369,4892,4893],"class_list":["post-31833","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-hennie-van-coller","category-rubrieke","tag-afrikaans","tag-dan-kgwadi","tag-hoer-funksies","tag-jonathan-jansen","tag-verengelsing"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/31833","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/21"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=31833"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/31833\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/31834"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=31833"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=31833"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=31833"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}