{"id":31829,"date":"2015-05-16T19:02:04","date_gmt":"2015-05-16T17:02:04","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=31829"},"modified":"2015-05-18T12:12:48","modified_gmt":"2015-05-18T10:12:48","slug":"verengelsing-name-van-geteikende-afrikaanse-skole-bekend","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=31829","title":{"rendered":"Verengelsing: Name van geteikende Afrikaanse skole bekend"},"content":{"rendered":"<p>Die Gautengse onderwysdepartement het die name van Afrikaanse skole wat hy wil verengels, bekendgemaak. In die eerste fase wil\u00a0Panyaza Lesufi, die LUR vir onderwys in Gauteng, nie minder nie as 66 Afrikaanse skole na Engels-parallelmedium laat oorskakel.<\/p>\n<h3><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=31864\">L.W. Klik hier en teken die petisie: Los ons Afrikaanse skole uit!<\/a><\/h3>\n<p>Van die heel bekende Afrikaanse skole wat op die lys verskyn, is die volgende: Ho\u00ebrskool Randburg in Johannesburg, asook Afrikaans Ho\u00ebr Meisies, Die Wilgers, Garsfontein en Centurion in Pretoria. Aan die Oos-Rand wil Lesufi die volgende skole verengels: Kemptonpark, Jeugland, Dr. E.G. Jansen, asook Volkskool Heidelberg wat die Laer- en Ho\u00ebrskool insluit.<\/p>\n<p>Lesufi meen die infrastruktuur wat deur Afrikanerouers oor jare heen befonds is moet nou &#8220;gedeel word&#8221;. Hy s\u00ea:\u00a0\u201cEk het \u2019n taakspan opdrag gegee om al ons skole te omskep sodat dit al ons kinders kan akkommodeer. Die dae dat kinders bloot op grond van die onderrigmedium op skool verdeel word, sal verby wees.\u201d<\/p>\n<p>Volgens &#8216;n adjunkhoof van &#8216;n Johannesburgse laerskool sal die proses om &#8216;n skool se taalbeleid te verander egter lank en uitgerek wees, omdat die taalbeleid by die beheerraad berus. Magte van beheerrade is egter oor die afgelope paar jaar afgewater, veral na die hofsaak wat die Gautengse onderwysdepartement teen Rivonia Primary tot in die Grondwethof gevoer het.<\/p>\n<p>Lesufi s\u00ea as &#8216;n skool nie sy taalbeleid vrywillig wil verander nie, sal die departement &#8220;moet ingryp&#8221;. Volgens mnr. Marius Meyer, die voorsitter van Randburg-ho\u00ebrskool se beheerliggaam, het die departement nog geensins met hulle in verbinding getree nie. Hulle lees van die planne in die media. Hy s\u00ea:<\/p>\n<p>\u201cDit is belangrik om te onthou, in ons geval, dat daar net ses Afrikaanse skole in Sentraal-Johannesburg is. Vier van hulle is laerskole.<\/p>\n<p>\u201cAl daardie laerskole beleef gesonde groei en moes al klaskamers aanbou.<\/p>\n<p>\u201cDie Afrikaanse kleuterskole sit met lang waglyste. Al daardie kinders moet een of ander tyd geakkommodeer word.\u201d<\/p>\n<p>Volgens die Kempton Express het mnr. Roelof Burger,\u00a0hoof van Ho\u00ebrskool Kemptonpark, die aangeleentheid in die skool se nuusbrief onder ouers se aandag gebring.<\/p>\n<p>\u201d \u0149 Parallelmediumskool impliseer dat onderrig in beide Afrikaans en Engels binne die skool aangebied word. Leerders wie se voorkeurtaal van onderrig bv Engels is, word in een klas saam gegroepeer en in die taal van hul keuse onderrig,\u201d het Burger geskryf.<\/p>\n<p>Hy het ook genoem dat die Suid-Afrikaanse Skolewet (Wet 84 van 1996) in art. 6 voorsiening maak dat die skoolbeheerliggaam die taalbeleid van \u0149 skool kan bepaal.<\/p>\n<p>\u201cIn die hofsake \u201cDie Laerskool Middelburg en \u2019n ander v Die Departementshoof: Mpumalanga se Departement van Onderwys en andere [2002] JOL 10351 (T)\u201d en \u201cGoverning Body of Mikro Primary School and Another Western Cape Minister of Education and Others (332\/05) [2005] ZAWCHC 14; 2005 (3) SA 504 (C) [2005] 2 All SA 37 (C)\u201d het die hof in die uitsprake daarop gewys dat die Staat (Departement) nie met die verantwoordelikheid van die Skoolbeheerliggaam mag inmeng nie.<\/p>\n<p>\u201cHo\u00ebrskool Kemptonpark is volgens ons taal- en toelatingsbeleid \u0149 enkelmedium ho\u00ebrskool waar onderrig in Afrikaans plaasvind. Enige leerder wat onderrig in Afrikaans wil ontvang en die norme, waardes en etos van Ho\u00ebrskool Kemptonpark aanvaar, is welkom om in te skryf. Daar is nie sprake dat die taalbeleid deur die beheerliggaam gewysig gaan word nie.\u201d<\/p>\n<p>Die ander Afrikaanse skole in Kemptonpark se beleid is heel waarskynlik dieselfde.<\/p>\n<p>Die name van ander skole wat op die departement se teikenlys verkeer en wat aan die media gelek is, is die volgende:<\/p>\n<p><b>Laerskole in Pretoria en Centurion:<\/b><\/p>\n<p>Mayville; Uniefees; Voorpos; Doringkloof; Elarduspark; Garsfontein; Hennopspark; Skuilkrans, Anton van Wouw; Silverton; Bakenkop; Bergsig; en Wierdapark.<\/p>\n<p><b>Laerskole aan die Oos-Rand:<\/b><\/p>\n<p>Impala; Birchleigh; Bredell; Edleen; Die President; Oosterkruin; Kruinsig; Nobel; Westwood; Werda; Hannes Visagie; Goudrand; Orion; Elsburg; Concordia; President Steyn; en Du Preez van Wyk.<\/p>\n<p><b>Laerskole aan die Wes-Rand:<\/b><\/p>\n<p>De Beer; Dagbreek; en Ebenhaeser.<\/p>\n<p><b>Ho\u00ebrskole aan die Oos-Rand:<\/b><\/p>\n<p>Alberton; Edenvale; Goudrif; Dinamika; Afrikaans Ho\u00ebr Germiston; John Vorster; en Ho\u00ebr Tegniese Skool Springs.<\/p>\n<p><b>Ho\u00ebrskole in Pretoria:<\/b><\/p>\n<p>Overkruin; F.H. Odendaal; Voortrekkerhoogte; en Ho\u00ebr Tegniese Skool Pretoria-Tuine.<\/p>\n<p><b>Ho\u00ebrskole aan die Wes-Rand:<\/b><\/p>\n<p>Carletonville; Jan de Klerk; Bastion; en Jan Viljoen.<\/p>\n<p><b>Ander skole:<\/b><\/p>\n<p>Laerskool Generaal Christiaan de Wet in Triomf, Johannesburg; Laerskool Risiville, Johannesburg; Ho\u00ebr Tegnies Langlaagte in Johannesburg; Ho\u00ebrskool Vanderbijlpark; Laerskool Unitaspark, Vereeniging; Laerskool D.F. Malherbe, Vanderbijlpark; Gekombineerde Skool Cullinan; Ho\u00ebrskool Erasmus, Bronkhorstspruit.<\/p>\n<h3><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=31864\">L.W. Klik hier en teken die petisie: Los ons Afrikaanse skole uit!<\/a><\/h3>\n<p>Lees ook\u00a0<a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=31796\">Gauteng-onderwysdepartement gaan 124 Afrikaanse skole verengels<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Gautengse onderwysdepartement het die name van Afrikaanse skole wat hy wil verengels, bekendgemaak. In die eerste fase wil\u00a0Panyaza Lesufi, die LUR vir onderwys in Gauteng, nie minder nie as 66 Afrikaanse skole na Engels-parallelmedium laat oorskakel. L.W. Klik hier en teken die petisie: Los ons Afrikaanse skole uit! Van die heel bekende Afrikaanse skole [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":31901,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5],"tags":[20368,10315,16991,5178,4893],"class_list":["post-31829","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus","tag-afrikaans-hoer-meisies","tag-hoerskool-randburg","tag-panyaza-lesufi","tag-skole","tag-verengelsing"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/31829","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=31829"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/31829\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/31901"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=31829"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=31829"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=31829"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}