{"id":31752,"date":"2015-05-13T08:38:30","date_gmt":"2015-05-13T06:38:30","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=31752"},"modified":"2015-05-13T08:38:30","modified_gmt":"2015-05-13T06:38:30","slug":"konflik-neem-toe-in-suid-soedan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=31752","title":{"rendered":"Konflik neem toe in Suid-Soedan"},"content":{"rendered":"<p>Gewapende mans in Suid-Soedan het meisies verkrag, seuns ontvoer om soldate te word en dorpe aan die brand gesteek in van die hewigste gevegte in die 17-maande lange burgeroorlog, het die Verenigde Nasies (VN) gister bekend gemaak.<\/p>\n<p>Meer as 300 000 burgerlikes is sonder enige lewensreddende hulp in die noordelike slagveldstaat Unity gestrand, nadat die VN sy agentskappe\u00ad vanwe\u00eb die toename in gevegte onttrek het. <\/p>\n<p>Meer as 100 000 mense is genoop om uit hul huise te vlug, het AFP berig.<\/p>\n<p>Die VN-vredesending s\u00ea dit is \u201ctoenemend\u00ad bekommerd\u201d oor verslae uit die Guit- en Koch-distrik\u00ad in die Unity-\u00adstaat oor \u201cdorpe en nedersettings\u00ad wat afgebrand word, die dood en ontvoering van seuns so jonk as tien jaar oud en die verkragting en ontvoering van vrouens en meisies\u201d.<\/p>\n<p>Die geweldpleging is die ergste wat dit in maande was met regeringsmagte\u00ad wat suidwaarts beweeg van die hoofstad,\u00ad Bentiu, in die opposisiesone\u00ad om die dorp Leer, die tuiste van die land se eens winsgewende\u00ad olievelde, te verower.<\/p>\n<p>Die internasionale komitee van die Rooikruis het ook sy personeel aan Leer onttrek en gewaarsku dat toenemende\u00ad gevegte tussen magte lojaal aan pres. Salva Kiir en die rebelleleie\u00adr, Riek Machar, duisende inwoners dwing om vir hul lewens te vlug.<\/p>\n<p>Dokters Sonder Grense (MSF) het oor die naweek ges\u00ea dit het geen keuse gehad as om hul buitelandse\u00ad personee\u00adl uit Leer te onttrek en sodoend\u00ade alle mediese dienste in die rebelledorp te staak nie.<\/p>\n<p>Leer, die geboorteplek van Machar, is in Januarie 2014 deur regeringsmagte\u00ad geplunder. Gewapende magte het toe die MSF-hospitaal beroof en sommige geboue afgebrand.<\/p>\n<p>MSF het sedertdien die hospitaal herbou wat die enigste verwysigingshospitaal in die opposisiegebied is.<\/p>\n<p>Suid-Soedan se burgeroorlog het in Desember 2013 begin en is gekenmerk\u00ad deur etnies gedrewe menseslagtings,\u00ad verkragtings en aanvalle\u00ad op burgerlikes\u00ad en mediese instansies.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Gewapende mans in Suid-Soedan het meisies verkrag, seuns ontvoer om soldate te word en dorpe aan die brand gesteek in van die hewigste gevegte in die 17-maande lange burgeroorlog, het die Verenigde Nasies (VN) gister bekend gemaak. Meer as 300 000 burgerlikes is sonder enige lewensreddende hulp in die noordelike slagveldstaat Unity gestrand, nadat die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=31752\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Konflik neem toe in Suid-Soedan&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[7670,1665,15225,16602,5049,14803],"class_list":["post-31752","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-burgeroorlog","tag-geweld","tag-konflik","tag-msf","tag-olie","tag-suid-soedan"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/31752","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=31752"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/31752\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=31752"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=31752"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=31752"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}