{"id":31694,"date":"2015-05-12T07:53:40","date_gmt":"2015-05-12T05:53:40","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=31694"},"modified":"2015-05-12T07:53:40","modified_gmt":"2015-05-12T05:53:40","slug":"anti-rhodes-aktivis-kla-uk-oor-rassisme-aan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=31694","title":{"rendered":"Anti-Rhodes-aktivis kla UK oor rassisme aan"},"content":{"rendered":"<p>Chumani Maxwele, die student wat die Cecil John Rhodes-standbeeld met menslike ontlasting gegooi het, s\u00ea sy skorsing van die Universiteit van Kaapstad is polities gemotiveer.<\/p>\n<p>Hy het aan News24 ges\u00ea dit handel oor &#8216;n politieke probleem by die UK: &#8220;Ons is besig met transformasie &#8230; [en] hulle wil ons intimideer.&#8221;<br \/>\n\u00a0<br \/>\nMaxwele is deel van die Rhodes-moet-val-beweging wat die Rhodes-standbeeld verwyder wou sien.<br \/>\n\u00a0<br \/>\nHy beskuldig die universiteit dat hulle administratiewe re\u00ebls inspan om politieke probleme op te los.<br \/>\n\u00a0<br \/>\nDie universiteit het nie bevestig dat Maxwele geskors is nie. &#8216;n Woordvoerder het ges\u00ea die instelling beskou dissiplin\u00eare aangeleenthede as vertroulik.<br \/>\n\u00a0<br \/>\nHy het intussen &#8216;n klag van rassisme teen die UK ingedien. Maxwele beskryf &#8216;n insident met die betrokke dosent wat hy beskuldig as &#8216;n &#8220;baie traumatiese voorval&#8221;.<br \/>\n\u00a0<br \/>\nIn sy verklaring het Maxwele verduidelik wat op 1 Mei by die wiskundegebou gebeur het.<\/p>\n<p>Volgens hom was die badkamers daar gesluit, want dit was &#8216;n openbare vakansiedag. Die dosent het hom toe vergesel om hom te wys dit is gesluit.<br \/>\n\u00a0<br \/>\nDie dosent het hom toe vertel wat met haar gebeur het in die verlede en dat sy aangeval is deur &#8216;n &#8220;barbaarse swart student wat toe nie &#8216;n student was nie&#8221; en dat &#8216;n &#8220;hoof van die departement vermoor is deur &#8216;n wrede en barbaarse swart student&#8221;.<br \/>\n\u00a0<br \/>\n&#8220;En sy het ges\u00ea dat al hierdie gebeure het veroorsaak dat dit nie meer so &#8216;n veilige omgewing by die universiteit en nog meer so by die departement is nie. Ek het haar gevra hoe hierdie gebeure iets met my te doene het? Uit die bloute sy het baie kwaad vir my geword en geskree &#8220;As jy my treiter, sal ek jou vra om die gebou te verlaat of ek sal die sekuriteit bel om jou uit te neem &#8230;&#8221;<\/p>\n<p>Hy het hom te\u00ebgesit en die dosent uitgedaag om die sekuriteit te roep.<br \/>\n\u00a0<br \/>\nMaxwele het ges\u00ea hy is geskok en ontsteld omdat sy regte as &#8216;n student misken is. Hy s\u00ea in sy verklaring dat hy gepolisieer is, as &#8216;n krimineel behandel is en dat swartes in die wit w\u00eareld as kriminele voorgehou word wat almal om hulle bedreig.<br \/>\n\u00a0<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Chumani Maxwele, die student wat die Cecil John Rhodes-standbeeld met menslike ontlasting gegooi het, s\u00ea sy skorsing van die Universiteit van Kaapstad is polities gemotiveer. Hy het aan News24 ges\u00ea dit handel oor &#8216;n politieke probleem by die UK: &#8220;Ons is besig met transformasie &#8230; [en] hulle wil ons intimideer.&#8221; \u00a0 Maxwele is deel van [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[8152,20313,4933,266,7427,19951,5096],"class_list":["post-31694","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-cecil-john-rhodes","tag-chumani-maxwele","tag-kaapstad","tag-rassisme","tag-skorsing","tag-standbeelde","tag-uk"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/31694","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=31694"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/31694\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=31694"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=31694"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=31694"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}