{"id":31686,"date":"2015-05-12T07:19:10","date_gmt":"2015-05-12T05:19:10","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=31686"},"modified":"2015-05-12T07:19:10","modified_gmt":"2015-05-12T05:19:10","slug":"renosterstropers-teiken-namibie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=31686","title":{"rendered":"Renosterstropers teiken Namibi\u00eb"},"content":{"rendered":"<p>Met 60 renosters al vanjaar gestroop, waarvan 54 in die Etosha Nasionale Park, het die Namibiese ministerie van die omgewing en toerisme sy beloning verdubbel, het die Republikein berig.<\/p>\n<p>\u201cGenoeg is genoeg,\u201d het die minister van die omgewing en toerisme tydens \u2019n nuuskonferensie in Windhoek oor die onwettige stropery van renosters en olifante ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die statistieke oor renosterstropery staan op 60 vir vanjaar teenoor 24 vir 2014. Wat olifante betref, is 23 in 2015 vir hul ivoor gestroop teenoor verlede jaar se 78.<\/p>\n<p>Die minister het wel aangedui dat die spoor van verdagte renosterstropers in Etosha en die Palmwag-konsessie (waar ses renosters vanjaar gestroop is) gevolg word \u201cen is dit net \u2019n kwessie van tyd voor hulle in hegtenis geneem sal word\u201d.<\/p>\n<p>Volgens hom werk die ministerie nou saam met ander wetstoepassers en bewaringsorganisasies om kort en langer termyn strategiese maatre\u00ebls in te stel wat menslike kapasiteit, waarneming, patrollies en opsporing insluit.<\/p>\n<p>\u201cOns werk steeds nou saam met die Namibiese polisie en weermag om voete op die grond te h\u00ea en ons patrollies op te skerp. Ons het teenwoordigheid in die Etosha en Bwa\u00adbwata Nasionale Parke en die Palmwag-konsessie. Lugpatrollies word ook deur die polisie en weermag uitgevoer,\u201d het die minister ges\u00ea.<\/p>\n<p>Lede van die polisiemag is van 40 tot 140 vermeerder.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea meer hulpbronne word bel\u00ea om die onwettige jag van renosters en olifante te voorkom en \u201cdie situasie word as \u2019n prioriteitsmisdaad beskryf en daarom moet meer hulpbronne in ons pogings bel\u00ea word om di\u00e9 misdaad te stop\u201d.<\/p>\n<p>Hy het beklemtoon dat \u201cniks onder die mat ingevee sal word nie\u201d.<\/p>\n<p>Hy het ook ges\u00ea dat twee gebiede in die park geteiken word, naamlik die noordelike en suidwestelike dele.<\/p>\n<p>\u201cAl die inligting van elke \u00adrenosterkarkas moet n\u00e1 die nadoodse \u00adondersoek verwerk word, asook die ballistiese toetse op die vuurwapens en met voorvalle gekoppel word.<\/p>\n<p>\u201cDieselfde vuurwapens is waarskynlik deur dieselfde stropers gebruik, maar die stropers maak nou van outomatiese gewere in plaas van jaggewere gebruik,\u201d het Shifeta ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die adjunkminister het ges\u00ea \u201cAlhoewel die kriminele ons uitoorl\u00ea het, die nasie nie paniekerig oor renosterstropery moet raak nie. Vroe\u00ebr of later sal ons resultate h\u00ea.&#8221;<\/p>\n<p>Die ministerie het ook \u2019n nasionale wildbeskerming- en sekuriteitskomitee op die been gebring wat as nodige platform vir alle rolspelers sal dien.<\/p>\n<p>Verteenwoordigers van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging (Napha) was ook gister by die nuuskonferensie teenwoordig, asook mnre. Jofie Lamprecht van Jofie Lamprecht Safaris en Henri Slabbert van The Next Generation Conservation Trust. <\/p>\n<p>Saam met Help Our Rhinos Now Namibia (HoRN.Nam) wil hulle \u2019n verenigde front skep.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Met 60 renosters al vanjaar gestroop, waarvan 54 in die Etosha Nasionale Park, het die Namibiese ministerie van die omgewing en toerisme sy beloning verdubbel, het die Republikein berig. \u201cGenoeg is genoeg,\u201d het die minister van die omgewing en toerisme tydens \u2019n nuuskonferensie in Windhoek oor die onwettige stropery van renosters en olifante ges\u00ea. Die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=31686\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Renosterstropers teiken Namibi\u00eb&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[20324,19987,18702,6831,20325,11432,19156,11609],"class_list":["post-31686","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-etosha","tag-horings","tag-jaggewere","tag-namibie","tag-outomatiese-wapens","tag-renosters","tag-smokkelhandel","tag-stropers"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/31686","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=31686"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/31686\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=31686"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=31686"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=31686"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}