{"id":3164,"date":"2008-10-20T03:13:26","date_gmt":"2008-10-20T03:13:26","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=3164"},"modified":"2008-10-20T03:13:26","modified_gmt":"2008-10-20T03:13:26","slug":"russiese-weermag-wil-moderniseer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=3164","title":{"rendered":"Russiese weermag wil moderniseer"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">Die regering beplan ook om beter salarisse en behuising aan administratiewe personeel, die rugsteun van enige mag, te gee om langtermyn stabiliteit te verseker. Alhoewel dit nie beteken dat die weermag op vrywillige diens sal staatmaak nie, gaan Rusland wegbeweeg van die eenjaardienspligstelsel. Hulle meen dat die verpligte jaar in uniform tans nie genoeg is om basiese vaardighede aan te leer nie.<\/p>\n<p>  Verlede week het Rusland aangekondig dat hulle hulle mag gaan verminder na 1 miljoen van 1.1 miljoen. Dit verteenwoordig &#39;n aansienlike inkrimping van die 4 miljoen soldate aan die einde van die Koue Oorlog.<\/p>\n<p>  Belangrik is egter die besluit van die owerhede om die aantal offisiere van 400 000 na 150 000 terug te sny. Na verwagting sal seniorvlakke daardeur geraak word en groot ontevredenheid in ho&euml;roffisiersgeledere is nie uitgesluit nie.<\/p>\n<p>  Die Kremlin is bekommerd dat korrupsie in die weermag hoogty vier. Wladimir Poetin het in 2000 &#39;n oudit aangevra en toe reeds is daar bevind dat tot soveel as 40% van die begroting gesteel of verkwis was. <\/p>\n<p>  Die aanstelling van die nuwe minister van Verdediging, Anatoly Serdjukof, het vir verbasing gesorg aangesien hy geen milit&ecirc;re agtergrond het nie, maar opgelei is in finansies en belastings. Kennelik is sy aanstelling &#39;n aanduiding daarvan dat die owerhede hulle huis graag in orde wil kry.<\/p>\n<p>  Die dalende prys van olie, &#39;n belangrike bron van Rusland se inkomste, mag egter beteken dat president Medwedef sekere ekonomiese beperkinge sal te&euml;kom in die modernisering van Rusland se weermag.<\/p><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/devochki-90\/verhnjaja-odezhda\/kombinezony\">\u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c \u0434\u0435\u0442\u0441\u043a\u0438\u0435 \u043a\u043e\u043c\u0431\u0438\u043d\u0435\u0437\u043e\u043d\u044b \u0434\u043b\u044f \u0434\u0435\u0432\u043e\u0447\u0435\u043a<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/careers.ua\/mix\/otlichnaya-tendentsiya-novyie-detskie-sadyi-otkryivayutsya-v-harkove\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0431\u0438\u043e\u0433\u0440\u0430\u0444\u0438\u044f<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/medvedev.jpg\" width=\"400\" height=\"267\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>Die Russiese weermag beoog om oor die volgende aantal jare hulle mag te moderniseer en sommige veranderinge lyk baie na di&eacute; wat die Amerikaners die afgelope paar dekades onderneem het. Grondmagte gaan voortaan in kleiner brigadesterkste eenhede ontplooi word, eerder as die lomp divisies van voorheen.<\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[21089,173],"class_list":["post-3164","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-nuus","tag-select-category"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/3164","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=3164"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/3164\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=3164"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=3164"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=3164"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}