{"id":31633,"date":"2015-05-08T10:01:25","date_gmt":"2015-05-08T08:01:25","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=31633"},"modified":"2015-05-08T10:02:22","modified_gmt":"2015-05-08T08:02:22","slug":"afrikaans-word-90-in-n-krisisjaar","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=31633","title":{"rendered":"Dan Roodt: Afrikaans word 90 in &#8216;n krisisjaar"},"content":{"rendered":"<p><a class=\"twitter-follow-button\" href=\"https:\/\/twitter.com\/danroodt\" data-show-count=\"true\" data-lang=\"nl\">@danroodt volgen<\/a><br \/>\n<script>\/\/ <![CDATA[\n!function(d,s,id){var js,fjs=d.getElementsByTagName(s)[0],p=\/^http:\/.test(d.location)?'http':'https';if(!d.getElementById(id)){js=d.createElement(s);js.id=id;js.src=p+':\/\/platform.twitter.com\/widgets.js';fjs.parentNode.insertBefore(js,fjs);}}(document, 'script', 'twitter-wjs');\n\/\/ ]]><\/script><\/p>\n<p>Dit is lekker om vandag <a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=31624\">Afrikaans se negentigste verjaardag<\/a> as amptelike taal te vier. Dit sou egter &#8216;n fout wees om te dink ons kan op ons louere rus, want die jaar 2015 gaan in die annale as &#8216;n swart jaar vir Afrikaans verewig word. Hoewel Afrikaners oor die algemeen neerhalend na die Britse Ryk en die Engelse onderdrukking van Afrikaans in die verlede verwys, moet ons onthou dat die amptelike status van Afrikaans op 8 Mei 1925 in die Unie-parlement eenparig aanvaar is! In sy toespraak op di\u00e9 dag het die latere eerste minister, dr. D.F. Malan die Britse adellikes, asook die Britse goewerneur-generaal bedank vir die erkenning wat hulle aan Afrikaans verleen het. Trouens, vir baie jare was Afrikaans, naas Frans, een van die weinige nie-Engelse amptelike tale van die Britse Statebond.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/02\/roodt_fbfoto.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignright size-thumbnail wp-image-11943\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/02\/roodt_fbfoto-150x150.jpg\" alt=\"roodt_fbfoto\" width=\"100\" height=\"100\" \/><\/a>Eintlik was die taalstryd in die 1920&#8217;s betreklik maklik. Waar Afrikaanse ouers &#8216;n Afrikaanse skool vir hul kinders verkies het, het die onderwysdepartement dit geredelik toegestaan en is sulke skole met staatsfondse opgerig. Vandag sal die ANC-bewind kwalik ons belastings aan ons bestee in die vorm van &#8216;n Afrikaanse skool. Onlangs het Panyaza Lesufi, die LUR vir onderwys in Gauteng, die provinsie waarin die meeste Afrikaners woon, &#8216;n ondersoek na die oorblywende Afrikaanse enkelmediumskole gelas met die doel om hulle sogenaam te &#8220;transformeer&#8221; en te verengels. Hy het aangekondig dat &#8220;Afrikaans nie bo ander tale verhewe is nie&#8221;, &#8216;n absurde stelling aangesien die ANC-bewind tot dusver baie seker gemaak het dat Engels bo Afrikaans en elke ander taal verhef en bevoordeel word.<\/p>\n<p>Jaap Steyn haal in sy boek Tuiste in eie taal ene MJ Posthumus aan wat in 1956 nog die volgende kon s\u00ea:<\/p>\n<blockquote><p>&#8220;Ek glo nie ons generasie is in staat om die ontwikkeling van Afrikaans in die afgelope dertig jaar in sy volle omgang te skat nie. Dit het alles so sonder basuingeskal plaasgevind, maar die uitwerking en gevolge is nou al beslissend vir die toekoms.&#8221; (Steyn, bl. 211)<\/p><\/blockquote>\n<p>Onlangs het ons egter gesien hoe die ontwikkeling omgekeer word en as&#8217;t ware amper &#8216;n sterfproses word, veral wat die universiteite betref. Die laaste twee oorblywende Afrikaanse kampusse, Stellenbosch en Potchefstroom, word tans gedreig en afgepers om Engels te raak. Tydens die onlangse inhuldiging van die rektor van die US, prof. Wim de Villiers, is daar deur &#8216;n anti-Afrikaanse betoging gehou met die naam &#8220;Open Stellenboch&#8221;. Wat daarmee bedoel word, is &#8216;n Stellenbosch wat vir Engels &#8220;oop&#8221; is, maar vir Afrikaans geslote. Op die kampus van Tukkies is die naam van die weeklikse studentekoerant, <em>Die Perdeby<\/em>, al Afrikaanse woord of sinsnede wat ooit nog daarin verskyn. Die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-universiteit is al werklik Afrikaanse kampus wat daar in die land oor is, maar danksy die verbete veldtog wat Adriaan Basson van die Beeld-koerant daarteen gevoer het, is die dae van Potch as &#8216;n laaste vesting van Afrikaanse ho\u00ebr onderwys waarskynlik getel. Beeld se onsinnige berigte oor &#8216;n &#8220;Nazi-saluut&#8221; deur eerstejaarmeisies op di\u00e9 kampus het die aandag van die kommunistiese minister van ho\u00ebr onderwys, Blade Nzimande, getrek en daarom is sy lakei, Dan Kgwadi, as rektor van die NWU aangestel. Net vandeesweek het Kgwadi &#8216;n <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=Ag9cpf6WVnk#t=97\">toespraak in Engels<\/a> voor studente gehou waarin hy hulle vertel het dat hy die &#8220;handelsmerk&#8221; van hul kampus gaan verander en dat daar &#8216;n &#8220;balans tussen toegang en taal&#8221; op die kampus sal wees. Dat daardie &#8220;balans&#8221; baie vinnig na Engels gaan oorhel, is &#8216;n uitgemaakte saak. Van die swart studente wat Engels verkies, het die tolkdiens op die kampus wat volgens internasionale norme toegepas word as &#8216;n &#8220;simbool van die swartman se verdrukking&#8221; verwerp.<\/p>\n<p>Trouens, indien die afgelope twintig jaar twee swart dekades vir Afrikaans was, was vandeesweek &#8216;n swart week vir die taal. Op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat het die bruin rektor, Jonathan Jansen, wat homself as &#8216;n &#8220;Engelse swartman&#8221; definieer, aangekondig dat Afrikaans heeltemal as onderrigtaal by di\u00e9 plattelandse universiteit afgeskaf behoort te word.<\/p>\n<p>Sedert die sewentigerjare is die klimaat in Suid-Afrika deur linkses soos Adriaan Basson, Max du Preez en hul Engelse marionetmeesters vergiftig om &#8216;n Afrikaansvyandigheid te skep wat tans uiters negatief op die taal inwerk. Ook is Afrikaners self deur die media gebreinspoel om &#8216;n ondergeskikte status in die land te aanvaar, &#8216;n status wat veral hul taal en kultuur raak. Ons is gekondisioneer om tevrede te wees met die krummels wat van die Engelse tafel afval. Ons belastings en opgeleide mense word gebruik om die Anglo-Amerikaanse kultuur te bevorder. S\u00f3 pleeg ons selfmoord: taalkundig, kultureel, ekonomies en polities.<\/p>\n<p>&#8216;n Onverkwiklike neiging wat kop uitgesteek het, is iets wat die digter Breyten Breytenbach jare gelede reeds raakgesien het: dat bruines om polities korrekte redes as &#8220;hekwagters&#8221; by die Afrikaanse kultuur aangestel word. Nie net is Afrikaansvyandige rektore soos Russel Botman en Jonathan Jansen by Afrikaanse universiteite benoem nie, maar elders in die media en by organisasies is sulke &#8220;regstellende bruines&#8221; ver bokant hul vlak van opleiding en bekwaamheid aangewys om vanuit magsposisies honende aanvalle op Afrikaners en Standaardafrikaans te loods. Om hulle terwille te wees, is &#8216;n nuwe &#8220;kreoolsteorie van Afrikaans&#8221; deur &#8216;n paar konformistiese taalkundiges geformuleer waardeur Afrikaners as&#8217;t ware uit die hele taalgeskiedenis &#8220;uitgeskryf&#8221; word, nes ons uit die land se geskiedenis geweer is. Terwyl Afrikaans dus deur die owerheid of deur rektore onderdruk word, word daar in dieselfde asem die clich\u00e9 soos &#8216;n resitasie opges\u00ea dat &#8220;Afrikaans aan almal behoort&#8221;. Dus het &#8220;almal&#8221; seker die reg om dit af te skaf ook.<\/p>\n<p>Die enigste ligpunt in hierdie droewige toestand vir Afrikaans, is die oplewing in &#8216;n popul\u00eare Afrikaanse kultuur, waaronder gewilde liedjies en films. Terwyl die media gereeld vir Steve Hofmeyr aanval en verguis, koop die volk sy en ander se musiek of konsertkaartjies.<\/p>\n<p>Dikwels is die gehalte van Afrikaanse popkultuur egter twyfelagtig en stadigaan dring al hoe meer Engelse woorde en gesegdes dit ook binne. Die Afrikaanse letterkunde is so te s\u00ea morsdood en al wat oorbly, is &#8216;n Kaapse kliek met vriende wat by die Naspersuitgewerye werk wat mekaar se boeke uitgee en wedersyds ophemel. Baie min Afrikaners lees nog Afrikaanse liter\u00eare werke en sulke boeke het meesal niks met hulle te make nie, maar verwoord die benepe en narcistiese w\u00eareldjie van een of ander Kaapse pseudo-intellektueel. Sulke selfvoldane &#8220;Afrikaanse skrywers&#8221; het gewoonlik self nog net &#8216;n paar polities korrekte Engelse boeke gelees en vermoed verder niks van die klassieke Westerse letterkunde of denke nie. Die Europese liter\u00eare debat gaan heeltemal by hulle verby, asook die politieke en kulturele strominge in hul eie taal, Afrikaans, wat grotendeels aanlyn geskied vanwe\u00eb die sensuur wat die enigste oorblywende Afrikaanse mediahuis, Naspers, op ons almal toepas.<\/p>\n<p>Saam met Cicero wil &#8216;n mens uitroep: &#8220;O, die tye! O, die sedes!&#8221;<\/p>\n<p>Afrikaans is egter &#8216;n taal wat in stryd gebore is en daarom al strydende sal voortleef, al word dit ook h\u00f3\u00e9 deur die owerheid en die omringende Anglo-Amerikaanse w\u00eareldkultuur onderdruk.<\/p>\n<p>Vandag is Afrikaans slegs nog in naam &#8216;n amptelike taal en het hy die status van 1925 stelselmatig sedert 1994 ingeboet. Die Afrikaanse skryfster, aktivis en joernalis, M.E.R. het van haar &#8220;strafbare moedertaal&#8221; gepraat. Nie net Afrikaners nie, maar ook Afrikaans, word tans vir &#8220;apartheid&#8221; gestraf, &#8216;n begrip wat toenemend alle Westerse invloed in die land en selfs die koms van Jan van Riebeeck na die Kaap in 1652, insluit.<\/p>\n<p>Uit die strafkamp wat Suid-Afrika geword het, smag ons vandag na &#8216;n oomblik iewers in die toekoms wanneer ons weer vrylik ons eie taal sal kan praat en skryf, sonder om ons spyt daaroor uit te spreek.<\/p>\n<p><a class=\"twitter-follow-button\" href=\"https:\/\/twitter.com\/danroodt\" data-show-count=\"true\" data-lang=\"nl\" data-size=\"large\">@danroodt volgen<\/a><br \/>\n<script>\/\/ <![CDATA[\n!function(d,s,id){var js,fjs=d.getElementsByTagName(s)[0],p=\/^http:\/.test(d.location)?'http':'https';if(!d.getElementById(id)){js=d.createElement(s);js.id=id;js.src=p+':\/\/platform.twitter.com\/widgets.js';fjs.parentNode.insertBefore(js,fjs);}}(document, 'script', 'twitter-wjs');\n\/\/ ]]><\/script><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>@danroodt volgen Dit is lekker om vandag Afrikaans se negentigste verjaardag as amptelike taal te vier. Dit sou egter &#8216;n fout wees om te dink ons kan op ons louere rus, want die jaar 2015 gaan in die annale as &#8216;n swart jaar vir Afrikaans verewig word. Hoewel Afrikaners oor die algemeen neerhalend na die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=31633\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Dan Roodt: Afrikaans word 90 in &#8216;n krisisjaar&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41,10],"tags":[20316,167,9892,440,4892,19090,9585,10247],"class_list":["post-31633","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt","category-rubrieke","tag-90-jaar","tag-afrikaans","tag-df-malan","tag-jaap-steyn","tag-jonathan-jansen","tag-m-e-r","tag-russel-botman","tag-verjaardag"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/31633","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=31633"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/31633\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=31633"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=31633"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=31633"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}