{"id":31478,"date":"2015-04-30T10:05:48","date_gmt":"2015-04-30T08:05:48","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=31478"},"modified":"2015-04-30T12:31:24","modified_gmt":"2015-04-30T10:31:24","slug":"isis-gaan-van-krag-tot-krag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=31478","title":{"rendered":"ISIS gaan van krag tot krag"},"content":{"rendered":"<p>Die Islamitiese Staat (ISIS) is die mees suksesvolle radikale Islamitiese groep wat groot dele van die grondgebied in die ooste van Siri\u00eb en oral in die noorde en weste van Irak ingeneem het.<\/p>\n<p>&#8216;n Verslag wat aan die VN se Veiligheidsraad in Julie verlede jaar voorgel\u00ea is deur &#8216;n VN-waarnemersmissie (UNDOF), toon dat dat Israel ten nouste betrokke is by die ondersteuning van ISIS.<\/p>\n<p>Die Israelse premier Benjamin Netanyahu, het die skepping van ISIS verwelkom in &#8216;n toespraak in Junie 2014 by Tel Aviv Universiteit se INSS-byeenkoms.<\/p>\n<p>Intussen het &#8216;n voormalige Amerikaanse generaal Wesley Clarke in &#8216;n <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=QHLqaSZPe98\">onderhoud <\/a>met CNN ook toegegee dat ISIS geskep is deur die VSA se &#8220;vriende en bondgenote&#8221;.<\/p>\n<p>Die groep se brutale taktiek, insluitende massamoord en ontvoering van lede van godsdienstige en etniese minderhede, asook die onthoofding van soldate en joernaliste, het vrees en woede in die w\u00eareld ontlok.<\/p>\n<p>Die groep beplan die totstandkoming van &#8216;n kalifaat, &#8216;n staat wat deur &#8216;n enkele politieke en godsdienstige leier volgens sjaria, die Islamitiese wet, regeer word.<\/p>\n<p>Al is die groep tans beperk tot Siri\u00eb en Irak, het ISIS beloof om die &#8221; grense van Jordani\u00eb en Libanon te breek&#8221; en Palestina te bevry. Dit kry steun van Moslems oral in die w\u00eareld en eis dat almal &#8216;n alliansie met sy leier, Ibrahim Awad Ibrahim Ali al-Badri al-Samarrai, beter bekend as Abu Bakr al-Baghdadi, aangaan.<\/p>\n<p>ISIS se oorsprong dateer na die oorlede Abu Musab al-Zarqawi, &#8216;n Jordani\u00ebr wat die beweging Tawhid wa al-Jihad in 2002 tot stand gebring het. &#8216;n Jaar na die Amerikaans-geleide inval in Irak, het Zarqawi &#8216;n alliansie met Osama bin Laden aangegaan en Al-Ka\u00efda in Irak (AQI) gestig, wat &#8216;n mag om mee rekening te hou in die insurgensie geword het. Die taktiek van Abu Musab al-Zarqawi is as te ekstreem deur Al-Ka\u00efda se leiers beskou.<\/p>\n<p>Na Zarqawi se dood in 2006, het AQI &#8216;n sambreelorganisasie, die Islamitiese Staat, in Irak (ISI) gevorm. ISI is stelselmatig verswak deur middel van Amerikaanse troepe se optrede en die vorming van Sahwa-rade (&#8221; ontwaking&#8221; ) deur Soenni Arabiese stamlede, wat die groep se wreedaardighede verwerp het.<\/p>\n<p>Nadat hy in 2010 die leier geword het, het Baghdadi ISIS heropgebou. Teen 2013 was die groep opnuut besig met dosyne aanvalle &#8216;n maand in Irak. Dit het ook aangesluit by die rebellie teen pres. Bashar al-Assad in Siri\u00eb en die Al-Nusra Front tot stand gebring.<\/p>\n<p>In April 2013 het Baghdadi &#8216;n samesmelting van sy magte in Irak en Siri\u00eb en die totstandkoming van die Islamitiese Staat in Irak en die Levant (ISIS) aangekondig.<\/p>\n<p>Die leiers van Al-Nusra en Al-Ka\u00efda het die skuif verwerp, maar vegters lojaal aan Al-Baghdadi het weggebreek van Al-Nusra en gehelp om ISIS in Siri\u00eb te hou.<\/p>\n<p>Godsdienstige minderhede, veral Irak se Jazidi&#8217;s, is deur die Islamitiese Staat-groep geteiken.<\/p>\n<p>Teen die einde van Desember 2013, het ISIS se fokus terug na Irak verskuif en &#8216;n politieke dooie punt tussen die Shia-geleide regering en die minderheid Soenni Arabiese gemeenskap uitgebuit. Met die hulp van stamlede, het die groep beheer oor die sentrale stad Falluja oorgeneem.<\/p>\n<p>In Junie 2014 het Isis die noordelike stad Mosul ingeneem en toe suidwaarts in die rigting van Bagdad begin beweeg. Teen die einde van die maand, nadat die groep sy beheer oor dosyne stede en dorpe gekonsolideer het, het ISIS die skepping van &#8216;n kalifaat verklaar.<\/p>\n<p>Sommige Soenni Arabiere het die Islamitiese Staat-groep ondersteun nadat Mosul ingeneem is. Sommmige waarnemers skat dat IS en sy bondgenote ongeveer 40 000 vierkante kilometer in Irak en Siri\u00eb beheer, ongeveer die grootte van Belgi\u00eb. Ander meen hulle beheer nader aan 90 000 vierkante kilometer, ongeveer die grootte van Jordani\u00eb. Die gebied sluit stede soos Mosul, Tikrit, Falluja en Tal Afar in Irak; Raqqa in Siri\u00eb, olievelde, damme, hoofpaaie en grenskruisings in.<\/p>\n<p>Dit word beraam dat agt miljoen mense in die gebied woon, wat gedeeltelik of ten volle deur ISIS beheer word. In die gebiede het die groep streng vertolkings van Sharia ge\u00efmplementeer en word vroue gedwing om sluiers te dra, nie-Moslems gedwing om &#8216;n spesiale belasting te betaal of hulle tot Islam te bekeer en strawwe afgedwing wat geseling en teregstelling insluit.<\/p>\n<p>Duisende buitelanders het vir ISIS in Siri\u00eb en Irak geveg. Amerikaanse amptenare is van mening dat daar tot soveel as 31 000 vegters in Irak en Siri\u00eb is. &#8216;n Deskundige oor Irak, Hisham al-Hashimi, s\u00ea ongeveer 30 persent is &#8221; ideolo\u00eb&#8221; en dat die res uit vrees of onder dwang aangesluit het.<\/p>\n<p>&#8216;n Betekenisvolle aantal IS-vegters is nie Irakse of Siriese burgers nie. Die Soufan-groep het onlangs beraam dat meer as 12 000 buitelanders van minstens 81 lande, insluitende 2 500 uit Westerse lande, oor die afgelope drie jaar na Siri\u00eb gereis het om vir ISIS te veg.<\/p>\n<p>Die Islamitiese Staat het een van die mees gedugte djihadistiese groepe ter w\u00eareld geword. ISIS-vegters het toegang tot en is in staat om &#8216;n verskeidenheid klein en swaar wapentuig te gebruik. Dit sluit in vragmotorgemonteerde masjiengewere, vuurpyllanseeerders, lugafweerwapens en beweeglike grond-tot-lug-missielstelsels. Hulle het ook tenks en gepantserde voertuie van sowel die Irakse as Siriese weermagte gebuit. Dit sluit Amerikaanse Humvees en bombestande vragmotors in.<\/p>\n<p>Die groep beskik klaarblyklik ook oor &#8216;n buigsame voorsieningsketting wat &#8216;n konstante voorraad ammunisie en klein vuurwapens tot vegters se beskikking stel. Die betekennisvolle vuurkrag het ISIS gehelp om in Augustus Koerdiese Peshmerga-posisies in die noorde van Irak, tot vele se verbasing, te verower.<\/p>\n<p>Die Islamitiese Staat het glo US$ 2 miljard in kontant en bates, wat dit die w\u00eareld se rykste militante groep maak. Aanvanklik het die meeste finansi\u00eble bystand van individue in Arabiese Golfstate gekom. Vandag is IS grootliks selfvoorsienend en verdien maandeliks miljoene dollar uit die olie- en gasvelde wat dit beheer, asook uit belasting, tolgeld, smokkelarry, afpersing en ontvoering. Die offensief in Irak was ook uiters lonend en het hulle toegang gegee tot die kontant wat in groot handelsbanke gehou is in die stede wat hulle verower het.<\/p>\n<p>Onthoofdings, kruisigings en massaskietery is gebruik om hul vyande te terroriseer. ISIS-lede regverdig hierdie gruweldade deur verse uit die Koran waarin verwys word na &#8221; kap die koppe van ongelowiges af&#8221; , maar Moslems verwerp dit. <\/p>\n<p>Selfs die Al-Ka\u00efda leier, Ayman al-Zawahiri, wat hom in Februarie 2014 van ISIS gedistansieer het oor die groep se optrede in Siri\u00eb, het Zarqawi in 2005 reeds gewaarsku dat sodanige brutaliteit daartoe sal lei dat dit &#8221; Moslem-harte en simpatie&#8221; sal verloor.<\/p>\n<p>Bron: Die Republikein, BBC, CNN, Jerusalem Post<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Islamitiese Staat (ISIS) is die mees suksesvolle radikale Islamitiese groep wat groot dele van die grondgebied in die ooste van Siri\u00eb en oral in die noorde en weste van Irak ingeneem het. &#8216;n Verslag wat aan die VN se Veiligheidsraad in Julie verlede jaar voorgel\u00ea is deur &#8216;n VN-waarnemersmissie (UNDOF), toon dat dat Israel &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=31478\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;ISIS gaan van krag tot krag&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[20267,7402,4970,17039,5358,10641,7829],"class_list":["post-31478","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-djihad","tag-irak","tag-iran","tag-isis","tag-moslems","tag-sirie","tag-terreur"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/31478","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=31478"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/31478\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=31478"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=31478"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=31478"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}