{"id":31453,"date":"2015-04-29T09:45:42","date_gmt":"2015-04-29T07:45:42","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=31453"},"modified":"2015-04-29T09:46:04","modified_gmt":"2015-04-29T07:46:04","slug":"brande-woed-steeds-in-baltimore","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=31453","title":{"rendered":"Brande woed steeds in Baltimore"},"content":{"rendered":"<p>Brande het gister steeds in die noordoostelike Amerikaanse stad Baltimore gewoed, waar \u2019n aan\u00addklokre\u00ebl gisteraand ingestel sou word nadat onluste Maandag tot diep in die nag voortgeduur het.<\/p>\n<p>Die deelstaat Maryland het \u2019n noodtoestand afgekondig nadat betogers winkels geplunder en met armsvol buit ontsnap het. Skole is gister as \u2019n veiligheidsmaatre\u00ebl gesluit. Die volle omvang van die skade sou deur die loop van die dag bepaal word.<\/p>\n<p>Amptenare van die stad, swart gemeenskapsleiers en die familie van die 25-jarige Freddie Gray wat in polisieaanhouding dood is, het hul afkeur te kenne gegee oor die omvang van die betogings wat n\u00e1 Gray se begrafnis begin het.<\/p>\n<p>\u201cTe veel mense het vir geslagte hierdie stad gebou, net om te sien hoe boewe dit op \u2019n sinnelose manier verwoes en alles afbreek wat ons opgebou en voor geveg het,\u201d het burgemeester, Stephanie Rawlings-Blake, ges\u00ea.<\/p>\n<p>\u201cDit is idioties om te dink julle sal \u2019n beter lewe vir enige iemand verseker deur die stad te vernietig,\u201d het sy ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die swart burgemeester moes onder kwaai kritiek deurloop nadat sy langer as 5 ure gewag het om in te gryp teen die geweld wat onbeheerst voortgewoed het.<\/p>\n<p>Duisende lede van die polisie en die nasionale wag is ontplooi om be\u00adle\u00ebrde wetstoepassers by te staan. Minstens 27 mense is in hegtenis geneem en 15 polisiebeamptes is beseer nadat hulle Maandagnag deur die woedende massas met klippe bestook is.<\/p>\n<p>Volgens die Baltimore Sun is twee mense Maandagnag in afsonderlike skietvoorvalle gewond.<\/p>\n<p>Die geweld is die ergste in \u2019n reeks konfrontasies tussen Amerikaanse polisielede en hoofsaaklik Afro-Amerikaanse jeugdigdes, wat woedend is oor wat hulle as rassisme in die polisiemag beskou.<\/p>\n<p>Verlede somer se noodlottige skietery van die ongewapende tiener Michael Brown deur \u2019n wit polisiebeampte in Ferguson, Missouri, het die kus-tot-kus-protes begin.<\/p>\n<p>Die onluste in Baltimore is ontketen nadat Freddie Gray op 19 April in aanhouding gesterf het &#8211; glo weens rugbeserings wat hy tydens sy inhegtenisneming vroe\u00ebr die maand opgedoen het.<\/p>\n<p>President Barack Obama is ook van oor die verwikkelinge in Baltimore ingelig.<\/p>\n<p>Hillary Clinton, &#8216;n voornemende presidentskandidaat, het die geweld en plundery heeltemal ge\u00efgnoreer en onvanpaste twiets uitgestuur oor gratis plakkers met haar gesig op.<\/p>\n<p>Die onluste het tot uitbarsting gekom kort nadat duisende roubeklaers Maandag vir Gray se begrafnis in die New Shiloh Baptiste kerk in die stad se verarmde Sandtown-woonbuurt vergader het. Voor die diens het \u2019n kriptiese boodskap op sosiale media die rondte gedoen oor \u2019n &#8220;purge\u201d (straattaal vir dade van wetteloosheid) wat om 15:00 sou begin.<\/p>\n<p>Gray se familie, wat in rou gedompel is, het spesifiek gevra dat geen betogings gehou word nie.<\/p>\n<p>Regsverteenwoordigers van Gray se familie s\u00ea sy dood is veroorsaak deur erge rugbeserings wat opgedoen is nadat hy in hegtenis geneem is. Hy was vir \u2019n week in \u2019n koma.<\/p>\n<p>Ses polisiebeamptes is geskors hangende die bevindinge van \u2019n ondersoek wat Vrydag aan staatsaanklaers oorhandig moet word.<\/p>\n<p>Die polisie het bevestig dat Gray mediese hulp versoek het nadat hy in hegtenis geneem is, en het toegegee dat hy vroe\u00ebr mediese behandeling moes gekry het.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Brande het gister steeds in die noordoostelike Amerikaanse stad Baltimore gewoed, waar \u2019n aan\u00addklokre\u00ebl gisteraand ingestel sou word nadat onluste Maandag tot diep in die nag voortgeduur het. Die deelstaat Maryland het \u2019n noodtoestand afgekondig nadat betogers winkels geplunder en met armsvol buit ontsnap het. Skole is gister as \u2019n veiligheidsmaatre\u00ebl gesluit. Die volle omvang &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=31453\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Brande woed steeds in Baltimore&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[20245,5531,20255,1665,218,5488,5808,14393,266],"class_list":["post-31453","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-baltimore","tag-brandstigting","tag-etniese-spanning","tag-geweld","tag-misdaad","tag-oproer","tag-opstand","tag-polisie-aanhouding","tag-rassisme"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/31453","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=31453"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/31453\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=31453"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=31453"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=31453"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}