{"id":31349,"date":"2015-04-23T06:44:03","date_gmt":"2015-04-23T04:44:03","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=31349"},"modified":"2015-04-23T09:09:56","modified_gmt":"2015-04-23T07:09:56","slug":"da-veroordeel-bewaringsgesinde-en-wetsgehoorsame-afrikaners","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=31349","title":{"rendered":"DA veroordeel bewaringsgesinde en wetsgehoorsame Afrikaners"},"content":{"rendered":"<p>In &#8216;n mediaverklaring wat slegs in Engels uitgereik is, het die DA die protes veroordeel wat op Kerkplein gehou is teen die onwettige skendings van standbeelde.<\/p>\n<p>Die party het Steve Hofmeyr, Sunette Bridges en ander Afrikaners se oproep om wetsgehoorsaam te wees en kultuurgoedere te bewaar, veroordeel. Hulle het &#8216;n bewaringsgesindheid as \u201cracially divisive\u201d beskryf.<\/p>\n<p>Klaarblyklik is die party van mening dat alles in Suid-Afrika maar afgebreek mag word om swart rasse-eenheid te bewaar.<\/p>\n<p>Die DA bestempel &#8216;n bewaringsgesindheid as in dieselfde kategorie van onaanvaarbare optrede as di\u00e9 van die EFF met die skending van &#8216;n kultuurerfenis. <\/p>\n<p>Hulle het die teenwoordigheid van die vierkleur en sing van Die Stem ook veroordeel. <\/p>\n<p>In die DA se mediaverklaring word Afrikaners as &#8216;n &#8220;minderheid van randfigure&#8221; afgemaak wat oral &#8220;verdeling, haat en vrees saai&#8221;.<\/p>\n<p>Hulle verklaar voorts dat die land ons nie nodig het nie.<\/p>\n<p>\u201cThe reactionary and racially divisive defence of these aspects of our collective national history makes today&#8217;s protest from the far-right no better than the actions of those defacing and destroying monuments and statues across the country,\u201d aldus die DA.<\/p>\n<p>In weerwil van die DA se kwaadwillige uitlatings oor Afrikaners wat soortgelyk is aan die EFF, is &#8216;n dringende interdik bekom t\u00e9\u00e9n die EFF en sy leierskap vir hul voortgesette vandalisme.<\/p>\n<p>In &#8216;n uitspraak in die Pretoria Hooggeregshof di\u00e9 week, het regter Eben Jordaan ges\u00ea dat dit steeds onwettig is om standbeelde te beskadig.<\/p>\n<p>Jordaan het hofbevel toegestaan wat die EFF-leier Julius Malema, die party se nasionale woordvoerder Mbuyiseni Ndlozi en die adjunk-voorsitter van Tshwane Moafrika Mabongwana verbied om enige van die party se lede en ondersteuners aan te hits om enige nasionale monument of standbeeld in SA te ontsier, beskadig of te verwyder. <\/p>\n<p>Dit sluit spesifiek monumente en standbeelde in wat die Afrikanergeskiedenis en -kultuur verteenwoordig.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In &#8216;n mediaverklaring wat slegs in Engels uitgereik is, het die DA die protes veroordeel wat op Kerkplein gehou is teen die onwettige skendings van standbeelde. Die party het Steve Hofmeyr, Sunette Bridges en ander Afrikaners se oproep om wetsgehoorsaam te wees en kultuurgoedere te bewaar, veroordeel. Hulle het &#8216;n bewaringsgesindheid as \u201cracially divisive\u201d beskryf. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5],"tags":[15073,7599,5921,4980,4907],"class_list":["post-31349","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus","tag-bewaring","tag-da","tag-die-stem","tag-kerkplein","tag-paul-kruger"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/31349","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=31349"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/31349\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=31349"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=31349"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=31349"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}