{"id":31327,"date":"2015-04-22T09:33:50","date_gmt":"2015-04-22T07:33:50","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=31327"},"modified":"2015-04-22T09:33:50","modified_gmt":"2015-04-22T07:33:50","slug":"zuma-voer-hoevlaksamesprekings-oor-oop-grense","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=31327","title":{"rendered":"Zuma voer ho\u00ebvlaksamesprekings oor oop grense"},"content":{"rendered":"<p>Ho\u00ebvlaksamesprekings oor Suid-Afrika se migrasiebeleid sal Woensdag in Pretoria gevoer word weens druk op die land om oop grense te bevorder.<\/p>\n<p>Suid-Afrika verduur kritiek uit veral ander Afrikalande weens xenofobiese geweld nadat &#8216;n mesaanval op &#8216;n Mosambiekse burger, Emmanuel Sithole, w\u00eareldkundig geraak het.<\/p>\n<p>President Jacob Zuma sal vandag en m\u00f4re met sakeleiers, arbeid en gemeenskapsorganisasies vergader.<\/p>\n<p>Dit volg &#8216;n dag nadat die weermag in Alexandra, noord van Johannesburg ontplooi is om die polisie te ondersteun.<\/p>\n<p>Voortslepende, lae-intensiteit geweld teen buitelanders het drie weke gelede in die Durban-omgewing verhewig en na Gauteng oorgespoel.<\/p>\n<p>Die Suid-Afrikaanse Ho\u00eb Kommissaris in Ghana, Lulama Xingawa, s\u00ea sy het dreigemente van vier mense van Ghana ontvang dat die Kommissariaat in Accra aangeval gaan word uit vergelding. <\/p>\n<p>Sy het ontken dat Ghanese in die jongste geweld omgekom het en ges\u00ea die Suid-Afrikaanse minister van polisie het bevestig dat geen burgers van Ghana in Suid-Afrika geteiken word nie. <\/p>\n<p>&#8216;n Ghanese burger is onlangs in Durban dood gevind, maar volgens die polisie was dit aan misdaad te wyte.<\/p>\n<p>Xingwana s\u00ea veiligheid by die gebou is intussen opgeskerp. <\/p>\n<p>Suid-Afrika moes egter sy konsulaat in Lagos in Nigeri\u00eb sluit weens betogings oor die xenofobiese voorvalle. <\/p>\n<p>Die Suid-Afrikaanse konsul-generaal in Nigeri\u00eb, Sam Monaisa, s\u00ea Nigeri\u00ebrs gebruik sosiale media om &#8216;n reeds-gespanne situasie in Suid-Afrika uit verband te ruk. <\/p>\n<p>Hy het Suid-Afrikaners in di\u00e9 land gewaarsku om besonder waaksaam te wees en nie onnodig die aandag op hulself te vestig nie.<\/p>\n<p>Protesoptredes is gehou by die konsulaat en die Suid-Afrikaanse Ho\u00eb Kommissariaat in Abuja. Die konsulaat sal vir twee dae gesluit wees.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ho\u00ebvlaksamesprekings oor Suid-Afrika se migrasiebeleid sal Woensdag in Pretoria gevoer word weens druk op die land om oop grense te bevorder. Suid-Afrika verduur kritiek uit veral ander Afrikalande weens xenofobiese geweld nadat &#8216;n mesaanval op &#8216;n Mosambiekse burger, Emmanuel Sithole, w\u00eareldkundig geraak het. President Jacob Zuma sal vandag en m\u00f4re met sakeleiers, arbeid en gemeenskapsorganisasies &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=31327\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Zuma voer ho\u00ebvlaksamesprekings oor oop grense&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[11201,7588,5328,12614,6109,9397,20190],"class_list":["post-31327","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-asielsoekers","tag-buitelanders","tag-ghana","tag-immigrante","tag-multikulti","tag-nigerie","tag-oop-grense"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/31327","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=31327"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/31327\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=31327"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=31327"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=31327"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}