{"id":31287,"date":"2015-04-20T08:14:43","date_gmt":"2015-04-20T06:14:43","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=31287"},"modified":"2015-04-20T08:14:43","modified_gmt":"2015-04-20T06:14:43","slug":"honderde-asielsoekers-verdrink-na-boot-omslaan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=31287","title":{"rendered":"Honderde asielsoekers verdrink na boot omslaan"},"content":{"rendered":"<p>Daar word gevrees dat 700 mense verdrink het toe \u2019n visserboot wat immigrante na Europa gesmokkel het, Saterdagnag naby die Libiese kus in die Middellandse See omgeslaan het, het AFP berig.<\/p>\n<p>Die Verenigde Nasies se agentskap vir vlugtelinge (UNHCR), het gister ges\u00ea dit kan die dodelikste Mediterreense immigranteramp ooit wees.<\/p>\n<p>Net 28 mense het oorleef toe die visserboot omgeslaan het, het die UNHCR se woordvoerder, Carlotta Sami, gister in \u2019n onderhoud met die Sky TG24-nuusdiens in Itali\u00eb ges\u00ea.<\/p>\n<p>Volgens haar was daar meer as 700 mense aan boord toe dit omgeslaan het.<\/p>\n<p>Die vloot van Malta skat die getal mense wat op die visserboot was op 650 en s\u00ea \u2019n noodsein is omstreeks middernag Saterdag ontvang.<\/p>\n<p>\u201cOns het saam met Itali\u00eb vaartuie in die gebied ontplooi om met die reddingsoperasie te help,\u201d het \u2019n woordvoerder van die Maltese vloot gister aan AFP ges\u00ea.<\/p>\n<p>Sou die getal sterftes bevestig word, kan hierdie by verre die grootste massaverdrinking wees in \u2019n groeiende reeks soortgelyke voorvalle waarin immigrante uit Afrika op oorlaaide, onseevaardige skepe na lande in die Europese Unie probeer vlug.<\/p>\n<p>Die visserboot het sowat 96 km van die kus van Libi\u00eb en 193 km suid van die Italiaanse eiland Lampedusa omgeslaan.<br \/>\nHierdie ramp volg n\u00e1 \u2019n week waarin nagenoeg 450 ander mense in soortgelyke vlugtelingsrampe in die \u00adMediterreense gebied verdrink het. Meer as 11 000 skipbreukelinge is deur lede van die Italiaanse kuswag en ander bote gered.<\/p>\n<p>Sowat 1 500 immigrante het reeds sedert die begin van die jaar verdrink toe hulle die see tussen Libi\u00eb en Itali\u00eb probeer oorsteek het.<\/p>\n<p>Hulporganisasies het \u2019n beroep gedoen op die internasionale gemeenskap om beter soek-en-reddingstelsels te vestig en ook vir \u2019n veldtog om \u2019n oplossing te vind vir die onge\u00ebwenaarde getal asielsoekers uit Asi\u00eb, die Midde-Ooste en Afrika.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar word gevrees dat 700 mense verdrink het toe \u2019n visserboot wat immigrante na Europa gesmokkel het, Saterdagnag naby die Libiese kus in die Middellandse See omgeslaan het, het AFP berig. Die Verenigde Nasies se agentskap vir vlugtelinge (UNHCR), het gister ges\u00ea dit kan die dodelikste Mediterreense immigranteramp ooit wees. Net 28 mense het oorleef &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=31287\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Honderde asielsoekers verdrink na boot omslaan&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[11201,12614,7546,10964,20180,20181,14787],"class_list":["post-31287","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-asielsoekers","tag-immigrante","tag-italie","tag-libie","tag-malta","tag-noodsein","tag-verdrink"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/31287","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=31287"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/31287\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=31287"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=31287"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=31287"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}