{"id":31219,"date":"2015-04-15T10:23:49","date_gmt":"2015-04-15T08:23:49","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=31219"},"modified":"2015-04-15T10:26:13","modified_gmt":"2015-04-15T08:26:13","slug":"isis-neem-olieraffinadery-in-irak-oor","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=31219","title":{"rendered":"ISIS neem olieraffinadery in Irak oor"},"content":{"rendered":"<p>Militante van die Islamitiese Staat (ISIS) het &#8216;n deel van &#8216;n raffinadery in Irak oorgeneem, het Xinhua berig.<\/p>\n<p>Die bevelvoerder van \u2019n federale polisiemag wat getaak is om Irak se grootste olieraffinadery te beskerm, is Woensdag in hewige gevegte gedood.<\/p>\n<p>Die ISIS-militante het teen dagbreek \u2019n aanval op die raffinadery naby die stad Baiji in die Salahudin-provinsie van stapel gestuur en majoor-generaal Dhaif Khalaf en nege van sy lyfwagte gedood.<\/p>\n<p>Die ekstremiste het \u2019n deel van die raffinadery aan die brand gesteek met swart wolke wat bo die gebied gehang het en waarskynlik lugondersteuning aan die troepe voorkom het, het \u2019n bron ges\u00ea.<\/p>\n<p>Ondanks die groot voordeel wat die ISIS-militante\u00ad binne die raffinadery gehad het, kon hulle nie beheer oor groot dele van die oliefasiliteit neem nie weens die hewige teenstand van die veiligheidsmagte\u00ad.<\/p>\n<p>Abdul-Wahab al-Saedi, bevelvoerder van die Salahudin-operasie, het aan media in Irak ges\u00ea dat versterkingsmagte\u00ad van Baiji, sowat 200 km noord van Bagdad, gearriveer het en in drie rigtings\u00ad na die raffinadery beweeg om steun aan die troepe te gee wat in die raffinadery veg.<\/p>\n<p>Di\u00e9 aanval is deel van \u2019n reeks aanvalle\u00ad wat die olieraffinadery sedert Saterdag\u00ad teiken, maar veiligheidsmagte\u00ad kon die aanvalle met die hulp van die internasionale\u00ad koalisie en die lugmag van Irak afweer.<\/p>\n<p>In \u2019n afsonderlike geval is vier polisiemanne\u00ad dood toe hulle \u2019n bom wou ontlont in \u2019n huis in die Al-Qadsiyah-distrik\u00ad in die noordelike deel van die provinsie se hoofstad, Tikrit, sowat 170 km noord van Bagdad.<\/p>\n<p>Intussen is vier Soenni-mans dood en twee ander beseer in \u2019n geveg met ISIS-militante\u00ad in die nedersetting Al-Mazraa\u00ad in die suide van Baiji.<\/p>\n<p>Gevegte in die Soenni-gedomineerde\u00ad provinsie Salahudin volg twee weke nadat Irak se veiligheidsmagte weer beheer oor Tikrit geneem het toe 30 000 veiligheidslede\u00ad, gesteun deur Sjiiete- en\u00ad Soenni-militante en die koalisie van Irak en Amerika se lugmag die grootste offensief\u00ad teen die ISIS-militante groep van stapel gestuur het.<\/p>\n<p>Die Irakse premier, Haider al-Abadi het intussen met President Barack Obama samesprekings gevoer tydens sy eerste staatsbesoek aan die VSA. <\/p>\n<p>Abadi sou na verwagting bykomende milit\u00eare hulp versoek om militante van die Islamitiese Staat-groep te\u00eb te staan, maar die Wit Huis s\u00ea die Eerste Minister het geen spesifieke versoek gerig nie. <\/p>\n<p>Obama het dit duidelik gestel dat die VSA geen begeerte het vir &#8216;n nuwe regstreekse betrokkenheid in Irak nie selfs wanneer &#8216;n &#8220;gemeenskaplike vyand&#8221; soos ISIS ter sprake is.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Militante van die Islamitiese Staat (ISIS) het &#8216;n deel van &#8216;n raffinadery in Irak oorgeneem, het Xinhua berig. Die bevelvoerder van \u2019n federale polisiemag wat getaak is om Irak se grootste olieraffinadery te beskerm, is Woensdag in hewige gevegte gedood. Die ISIS-militante het teen dagbreek \u2019n aanval op die raffinadery naby die stad Baiji in &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=31219\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;ISIS neem olieraffinadery in Irak oor&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[5122,7402,17039,5035,5049],"class_list":["post-31219","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-energie","tag-irak","tag-isis","tag-midde-ooste","tag-olie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/31219","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=31219"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/31219\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=31219"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=31219"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=31219"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}