{"id":31182,"date":"2015-04-14T08:55:09","date_gmt":"2015-04-14T06:55:09","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=31182"},"modified":"2015-04-14T08:55:09","modified_gmt":"2015-04-14T06:55:09","slug":"amerikaner-in-namibie-doodgeskiet","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=31182","title":{"rendered":"Amerikaner in Namibi\u00eb doodgeskiet"},"content":{"rendered":"<p>\u2019n Amerikaner is gister in die vroe\u00eb oggendure by sy huis op Otjiwarongo doodgeskiet, het die Republikein berig.<\/p>\n<p>Volgens die polisie se woordvoerder\u00ad in die Otjozon\u00addjupa\u00adstreek, ao. Maureen Mbeha, het die voorval tussen Sondagaand\u00ad en die vroe\u00eb oggendure\u00ad gister plaasgevind toe die 56-jarige Amerikane\u00adr ondersoek\u00ad gaan instel het nadat daar by sy bakkie ingebreek\u00ad is.<\/p>\n<p>\u201cHy is op \u2019n kort afstand in sy voorkop en onder sy ken deur \u2019n onbekende\u00ad aanvaller doodgeskiet\u00ad,\u201d het Mbeha ges\u00ea en bygevoeg dat die oorledene\u00ad se identiteit nie bekend gemaak kan word voordat sy naasbestaandes\u00ad is nie van sy dood ingelig nie. Volgens Mbeha het die verdagte\u00ad die Amerikaner\u00ad se Ford Ranger-\u00adbakkie\u00ad\u00ad, wat buite sy huis geparkeer\u00ad was, se linkervoorvenster\u00ad met \u2019n baksteen\u00ad uitgeslaan. Sy s\u00ea nadat die voertuig\u00ad se venster uitgeslaan\u00ad is, het die verdagte\u00ad die linkervoordeur\u00ad oopgemaak\u00ad en die alarm het afgegaan\u00ad.<\/p>\n<p>\u201cDit word vermoed dat die Amerikaner\u00ad deur die bakkie se alarm wakker gemaak is en twee skote deur sy kamervenster geskiet het om die verdagte op die vlug te laat slaan,\u201d het Mbeha verduidelik.<\/p>\n<p>\u201cOmdat die deur van die voertuig steeds oop was, word vermoed dat die Amerikaner uit sy huis gegaan het om die bakkie se deur toe te maak, maar die verdagte moes iewers weggekruip\u00ad het en toe op \u2019n kort afstand twee skote na hom gevuur het.\u201d<\/p>\n<p>Volgens Mbeha het die Amerikaner\u00ad op sy maag geval en hy is op die toneel oorlede. Sy pistool het langs hom gel\u00ea, met sy bakkiesleutels in sy regterhand.<\/p>\n<p>Niemand is nog in di\u00e9 verband in hegtenis geneem nie en die polisieondersoek\u00ad duur voort.<\/p>\n<p>Die Amerikaner, \u2019n meganiese\u00ad ingenieur\u00ad, het sy eie onderneming\u00ad op die Noordedorp besit en het regeringsvoertuie herstel. <\/p>\n<p>Volgens inwoners het die oorledene meer as agt jaar op Otjiwarongo\u00ad gewoon.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Amerikaner is gister in die vroe\u00eb oggendure by sy huis op Otjiwarongo doodgeskiet, het die Republikein berig. Volgens die polisie se woordvoerder\u00ad in die Otjozon\u00addjupa\u00adstreek, ao. Maureen Mbeha, het die voorval tussen Sondagaand\u00ad en die vroe\u00eb oggendure\u00ad gister plaasgevind toe die 56-jarige Amerikane\u00adr ondersoek\u00ad gaan instel het nadat daar by sy bakkie ingebreek\u00ad is. &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=31182\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Amerikaner in Namibi\u00eb doodgeskiet&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[11744,20153,218,6831,2848],"class_list":["post-31182","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-aanval","tag-meganiese-ingenieur","tag-misdaad","tag-namibie","tag-vsa"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/31182","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=31182"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/31182\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=31182"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=31182"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=31182"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}