{"id":31176,"date":"2015-04-14T07:57:00","date_gmt":"2015-04-14T05:57:00","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=31176"},"modified":"2015-04-14T15:42:12","modified_gmt":"2015-04-14T13:42:12","slug":"taalraad-vier-basters-se-bloedrivier","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=31176","title":{"rendered":"Taalraad vier Basters se &#8216;Bloedrivier&#8217;"},"content":{"rendered":"<p>\u2019n Afvaardiging van die Afrikaans\u00ade Taalraad (ATR) in Suid-Afrika het Namibi\u00eb verlede week besoek om bande met die Afrikaanssprekende\u00ad gemeenskappe\u00ad in die land te verstewig, het die Republikein berig.<\/p>\n<p>Dr. Hendrik Theys, onder\u00advoor\u00adsitter\u00ad van die ATR, s\u00ea die ATR is \u2019n burgerlike sambreelorganisasie in die buurland.<\/p>\n<p>Theys, wat Namibi\u00eb saam met twee van die ATR se direksielede\u00ad, mnre. Danie van Wyk en Waldy Kastoor, besoek het, s\u00ea die raad sou graag wou sien dat \u2019n taalvereniging\u00ad vir alle Afrikaans\u00adsprekendes in Namibi\u00eb gestig word om saam met di\u00e9 moederorganisasi\u00ade in Suid-Afrika, op inklusiewe wyse na die belange om te sien van die onderskeie\u00ad Namibiese\u00ad gemeenskappe\u00ad wat Afrikaans in die huis praat.<\/p>\n<p>Hulle het daarom besoek gebring aan die Afrikaanse departement van die Universiteit van Namibi\u00eb, Afrikaanse media-instellings, skole, die Bastergemeenskap van Rehoboth, die organiseerders van die Windhoek Woordfees en ander kultuurorganisasies.<\/p>\n<p>\u201cOns hoop verteenwoordiger\u00ads van hierdie groepe sal nou \u2019n verkennend\u00ade vergadering re\u00ebl met die oog daarop om so \u2019n taalverenigin\u00adg te stig,\u201d s\u00ea Van Wyk.<\/p>\n<p>Die afvaardiging is veral opgewonde\u00ad oor die honderdjarige\u00ad herdenking van die Slag van Sam \/\/Kubis op 8 Mei vanjaar en beplan om dit by te woon. Dit is \u2019n belangrike\u00ad geleentheid vir die Bastergemeenskap, wat die eerste mense was wat Afrikaans na hierdie land gebring het, s\u00ea Theys.<\/p>\n<p>Sam \/\/Kubis is \u2019n sirkelvorminge\u00ad bergreeks sowat 60 km vanaf Rehoboth\u00ad.<\/p>\n<p>Die Basters is op 8 Mei 1915 deur die Duitsers daar aangeval met twee kanonne en drie Maxim-masjien\u00adgewere in \u2019n geveg wat heeldag geduur het. N\u00e1 \u2019n gebed en gelofte wat glo ooreenkomste\u00ad toon met di\u00e9 van die Boere tydens die Slag van Bloedrivier, het die Duitse troepe glo teruggeval. Die Basters herdenk jaarliks di\u00e9 dag.<\/p>\n<p>Theys s\u00ea die ATR verstaan dat Afrikaans \u201cin verskillende kleure en geure\u201d kom.<\/p>\n<p>\u201cAlle vari\u00ebteite van Afrikaans het sy unieke plek en moet gekoester\u00ad word. Ons moet dit gebruik, opteken, erken, waardeer en in woordeboeke opneem. Maar ons moet terselfdertyd ander taalsprekers\u00ad se tale en kultuur erken en respekteer,\u201d s\u00ea hy.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Afvaardiging van die Afrikaans\u00ade Taalraad (ATR) in Suid-Afrika het Namibi\u00eb verlede week besoek om bande met die Afrikaanssprekende\u00ad gemeenskappe\u00ad in die land te verstewig, het die Republikein berig. Dr. Hendrik Theys, onder\u00advoor\u00adsitter\u00ad van die ATR, s\u00ea die ATR is \u2019n burgerlike sambreelorganisasie in die buurland. Theys, wat Namibi\u00eb saam met twee van die ATR &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=31176\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Taalraad vier Basters se &#8216;Bloedrivier&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[3768,10676,18126,5717,5227,6831],"class_list":["post-31176","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-matriek-en-universiteitsdruipelinge-kos-sa-miljarde","tag-atr","tag-basters","tag-bloedrivier","tag-duitsland","tag-namibie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/31176","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=31176"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/31176\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=31176"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=31176"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=31176"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}