{"id":31170,"date":"2015-04-14T07:35:29","date_gmt":"2015-04-14T05:35:29","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=31170"},"modified":"2015-04-14T08:06:22","modified_gmt":"2015-04-14T06:06:22","slug":"wereld-se-grootste-skrywer-gunter-grass-oorlede","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=31170","title":{"rendered":"W\u00eareld se grootste skrywer G\u00fcnter Grass oorlede"},"content":{"rendered":"<p>Die grootste Duitse skrywer van ons tyd, G\u00fcnter Grass, wat die stiltes van die verlede vir &#8216;n generasie Duitsers verbreek het, is in die hospitaal in L\u00fcbeck op die ouderdom van 87 oorlede.<\/p>\n<p>Die Duitse president Joachim Gauck het die huldeblyke vir een van die w\u00eareld se letterkundige reuse, gelei. &#8220;G\u00fcnter Grass het ontroer, en hy het die mense van ons land in vervoering gehad, laat dink met sy literatuur en sy kuns,&#8221; het hy in &#8216;n verklaring ges\u00ea. &#8220;Sy liter\u00eare werk het aan hom vroe\u00eb erkenning regoor die w\u00eareld besorg, soos sy Nobelprys tot &#8216;n groot mate daarvan getuig het.&#8221;<\/p>\n<p>&#8220;Sy romans, kortverhale, en sy gedigte weerspie\u00ebl die groot hoop en verdraaiings, die vrese en begeertes van &#8216;n hele geslag,&#8221; het die verklaring voorts gelui.<\/p>\n<p>Huldeblyke het binne minute na die aankondiging van Grass se dood op Twitter deur sy uitgewer, Steidl begin verskyn.<\/p>\n<p>Sy laaste roman in 2002, <em><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?wpsc-product=kreeftegang-deur-gunter-grass\">Kreeftegang<\/a><\/em>, is in Afrikaans uitgegee deur PRAAG. Dit handel oor die Duitse skeepstragedie, die Wilhelm Gustloff wat in 1945 gesink het. Grass het sy laaste boek &#8216;n &#8220;liefdesverklaring aan die Duitse taal&#8221; genoem. Die boek bevat dele van die Duitse dialek, baie naby aan Afrikaans, wat Paul Kruger en Otto von Bismarck met mekaar gepraat het toe hulle ontmoet het.<\/p>\n<p>Dit is meesterlik in Afrikaans oorgedra deur die akademikus, teaterkenner en vertaler <a href=\"http:\/\/152.111.1.88\/argief\/berigte\/beeld\/2004\/07\/22\/KA\/08\/01.html\">Arnold Blumer<\/a>.<\/p>\n<p>Grass is opgekommandeer om in Hitler se weermag te dien in 1944 op die ouderdom van 16, as &#8216;n tenkkanonnier in die <em>Waffen SS<\/em>.<\/p>\n<p>Di\u00e9 onthulling het gesorg vir beskuldigings van verraad, skynheiligheid en opportunisme toe hy daaroor geskryf het in sy 2006-outobiografie, <em>Skil die ui<\/em>.<\/p>\n<p>Die skrywer was verras deur die negatiewe reaksie. Grass het ges\u00ea die SS was bloot &#8216;n &#8220;elite-eenheid&#8221;, en dat hy openlik en eerlik was oor sy oorlogsrekord.<\/p>\n<p>Hy is later in Cottbus gewond en gevange geneem, sonder dat hy &#8216;n skoot geskiet het en is in &#8216;n milit\u00eare hospitaal van die Amerikaanse weermag opgeneem.<\/p>\n<p>Maar Grass het nogtans met sy kenmerkende eerlikheid verklaar: &#8220;As ek drie of vier jaar vroe\u00ebr gebore was, sou ek, sekerlik, oorlogsmisdade gepleeg het.&#8221;<\/p>\n<p>Hy het in 2012 vir groot omstredenheid gesorg nadat hy &#8216;n gedig <em>Wat ges\u00ea moet word<\/em>, gelyktydig in die S\u00fcddeutsche Zeitung, die Italiaanse La Repubblica en Spaanse El Pa\u00eds, gepubliseer het.<\/p>\n<p>Die gedig het Israel se beleid teenoor die Palestyne gekritiseer. Dit het &#8216;n woedende reaksie van die Israeliese ambassadeur in Duitsland, Shimon Stein, ontlok wat uitgevaar het teen Grass se &#8220;versteurde verhouding tot sy eie verlede, die Jode, en Israel&#8221;.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die grootste Duitse skrywer van ons tyd, G\u00fcnter Grass, wat die stiltes van die verlede vir &#8216;n generasie Duitsers verbreek het, is in die hospitaal in L\u00fcbeck op die ouderdom van 87 oorlede. Die Duitse president Joachim Gauck het die huldeblyke vir een van die w\u00eareld se letterkundige reuse, gelei. &#8220;G\u00fcnter Grass het ontroer, en [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[13066,5227,19507,8438,19508,4736,7002,6804,20149],"class_list":["post-31170","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-duits","tag-duitsland","tag-gunter-grass","tag-hitler","tag-kreeftegang","tag-letterkunde","tag-nobelprys","tag-skrywer","tag-waffen-ss"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/31170","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=31170"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/31170\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=31170"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=31170"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=31170"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}