{"id":31081,"date":"2015-04-10T20:52:47","date_gmt":"2015-04-10T18:52:47","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=31081"},"modified":"2015-04-11T09:17:37","modified_gmt":"2015-04-11T07:17:37","slug":"geskiedenis-verwoerd-en-die-onreg-van-die-21ste-eeuse-narratief","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=31081","title":{"rendered":"Geskiedenis: Verwoerd en die onreg van die 21ste-eeuse narratief"},"content":{"rendered":"<p>Wie bepaal die 21ste eeu narratief en w\u00eareldbeskouingsvereistes? Daardie narratief wat beweer\u00a0dat die Suid-Afrikaanse geskiedenis eers aanvaarbaar geword geraak het\u00a0die dag toe Nelson Rolihlala\u00a0Mandela sy voete by Victor Verster uitgesteek het. Die narratief wat beslissend bepaal dat oranje,\u00a0wit en blou, sowel as CJ Langenhoven outomaties met rassisme geassosieer word. En no\u00fa,\u00a0ongelukkig, die narratief wat bepaal dat Oom Paul sy vervaldatum bereik het omdat hy \u2019n doring in\u00a0die vlees is vir die \u201cstryd teen rassisme en onreg\u201d.<\/p>\n<p>Om hierdie dominante narratief te begryp, sal ons by Amerika se selfvernietigende politieke\u00a0korrektheid moet begin en eindig by die Beeld se publikasies, maar daarmee wil ek niemand lastig\u00a0val nie. Dit is nie die moeite werd om di\u00e9 narratief te probeer ontleed nie, want hy steek deesdae kop uit by omtrent elke instansie en omgewing. Al wat ons daarvan hoef te verstaan, is dat hy\u00a0bestaan, dat hy besig is om ons te demoraliseer, en dat hy ons breinspoel. Daagliks. Daar is\u00a0soveel te debatteer oor die pre-1994-geskiedenis, soveel om oor te gesels en te oordeel, maar die\u00a0dominante 21ste-eeuse narratief het hom ongelukkig reeds die reg toege\u00ebien om die septer met minagting te swaai &#8211; wat \u2019n oorwo\u00eb en stadige swaai van die septer moes wees, het ontaard in\u00a0\u2019n impulsiewe en onmiddellike swaai &#8211; alles voor 1994 was rassisties, onmenslik, onanvaarbaar en\u00a0skandalig. Diegene wat hierdie siening verwerp, is ook inherente rassiste, &#8220;ontkenners&#8221; en &#8220;Apartheidsapologete&#8221;. En dit is hoe dit is.<\/p>\n<p>Met die oog op die onlangse verwydering en vernietiging van standbeelde het dit my skielik\u00a0bygeval dat ek te jonk was om die verwydering van \u2019n Malan- of Verwoerdstandbeeld te beleef. Vir\u00a0die lot van hierdie veroordeelde figure is\u00a0daar geen tyd vir debat of bespreking toegeken nie &#8211; die\u00a0septer het op hul koppe geval, en hy het hard geval. &#8216;n Onlangse verwydering van \u2019n\u00a0Verwoerdstandbeelde was toe Terror Lekota, destydse Vrystaatse premier, een oggend in 2009 by\u00a0die administrasiegebou in Bloemfontein stilgehou\u00a0het en besluit het dat die armsalige Verwoerdbeeld\u00a0hom \u201cbeledig\u201d. Waarom sou dit wees? Ken hy die naam Verwoerd? Die antwoord is dat die huidige dominante narratief die naam Verwoerd uitgespel het soos wat hy hom wou h\u00ea, en in menige kele\u00a0afgedruk\u00a0het. Nog meer onlangs het die DA-munisipaliteit by <a title=\"DA verwyder Verwoerd-standbeeld\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=10330\">Midvaal in Mei 2011<\/a> summier beveel dat Verwoerd se standbeeld verwyder moes word.<\/p>\n<p>Dit val my elke dag by dat mense darem nog die moed bymekaar skraap om \u2019n D.F Malan- of P.W\u00a0Botha-aanhaling in toesprake te uiter, maar dit nooit goed dink om die naam Verwoerd te noem\u00a0nie. Die rede hiervoor is dat die huidige narratief apartheid oombliklik opgefrommel het, P.W Botha\u00a0verniel het, selfs nou vir Paul Kruger bykom, maar \u2019n spesiale plekkie in die kollig gehou het vir dr.\u00a0H.F Verwoerd. Hy is die sondebok wat verantwoordelik is vir al die probleme van ons land &#8211; die\u00a0swak swart slaagsyfer, die swak rasseverhoudings, die ho\u00eb aantal plakkers, werkloosheid,\u00a0ensovoorts. Want hy het met die idee van apartheid vorendag gekom. En d\u00edt is die storie wat ons<br \/>\nm\u00f3\u00e9t glo. Dit is wat Beeld vir ons vertel, dit is wat Pierre de Vos en Piet Croucamp vir ons\u00a0uitbasuin, dit is wat die DA vir ons skryf, en dit is wat die geskiedenisboeke van vandag voorskryf.\u00a0Ek kan die statistieke en feite aanhaal om herhaaldelik die valsheid van hierdie siening te bewys,\u00a0<span style=\"line-height: 1.6;\">maar met statistieke wil ek ook niemand lastig val nie. Ek kan bewys dat daar onder die\u00a0<\/span><span style=\"line-height: 1.6;\">Verwoerdadministrasie in verhouding\u00a0tot die destydse bevolking meer huise vir swartemense\u00a0<\/span><span style=\"line-height: 1.6;\">gebou is as onder 20 jaar van ANC-bewind, dat daar meer swart skole en universiteite gebou is as\u00a0<\/span><span style=\"line-height: 1.6;\">ooit, dat swart lewensverwagting en -standaarde die hoogtes ingeskiet het (ten spyte daarvan dat\u00a0<\/span><span style=\"line-height: 1.6;\">die swart bevolking verdubbel het onder dr. Verwoerd se bewind), maar ek kan ongelukkig nie die\u00a0<\/span><span style=\"line-height: 1.6;\">narratief en vertolking van\u00a0dr. Verwoerd se optrede\u00a0en ingesteldheid hierdeur verander nie. Ek kan\u00a0<\/span><span style=\"line-height: 1.6;\">mense w\u00e9l aanspoor om \u2019n gebalanseerde beeld van die geskiedenis voor 1994 te vind en\u00a0hul uitsprake daarop te grond.<\/span><\/p>\n<p>As \u2019n student moet ek dikwels die lofsange vir oudpresident Nelson Mandela aanhoor. Ek moet\u00a0dikwels myself stuit om te vra waarom hy so opgehemel word, maar sy etlike terreurdade en\u00a0toewyding aan\u00a0die kommunistiese oorname in Afrika mag nooit bevraagteken word nie. Is dit ook die toedoen van die huidige narratief? As ons Mandela se terreurdade, geweldsaanhitsing envernietiging van duisende lewens mag ignoreer, mag ons nie dan ook dr. Verwoerd se soms\u00a0belemmerde vooruitskattings en projeksies ignoreer nie? Of ons daaraan herinner dat di\u00e9 man\u00a0met \u2019n buitengewone verstand in die meeste gevalle heeltemal korrek was met sy vooruitskattings?<\/p>\n<p>Sy vooruitskatting dat swartmense na die tuislande sou stroom was miskien onakkuraat, maar wat\u00a0van sy akkurate projeksie dat die swartmense van Suid-Afrika binne 10 jaar die mees welgestelde\u00a0swartmense ter w\u00eareld sou word? Hetsy akkurate of onakkurate voorspellings, kon ek een\u00a0korrelasie tref &#8211; en hieroor sal die huidige narratief reglynig met my verskil &#8211; dr. Verwoerd het edele, goeie bedoelings\u00a0gehad.<\/p>\n<figure id=\"attachment_31086\" aria-describedby=\"caption-attachment-31086\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/verwoerd_sophiatown.jpeg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-31086\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/verwoerd_sophiatown-300x186.jpeg\" alt=\"Dr. Verwoerd loop in Sophiatown. Hy wou die plakkershutte vervang met baksteenhuisies.\" width=\"300\" height=\"186\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/verwoerd_sophiatown-300x186.jpeg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/verwoerd_sophiatown-148x92.jpeg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/verwoerd_sophiatown-31x19.jpeg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/verwoerd_sophiatown-38x24.jpeg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/verwoerd_sophiatown-347x215.jpeg 347w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/verwoerd_sophiatown-535x331.jpeg 535w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/verwoerd_sophiatown.jpeg 594w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-31086\" class=\"wp-caption-text\">Dr. Verwoerd loop in Sophiatown. Hy wou die<br \/>plakkershutte vervang met baksteenhuisies.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Teenstrydig met die mening van die huidige narratief, wou dr. Verwoerd nooit enige mens of groep\u00a0doelbewus benadeel of onderdruk nie. Inteendeel, hy het hom beywer vir die ontwikkeling van\u00a0swartmense. Hy het eerstens geweet dat die swart bevolking onlosmaaklik deel was van die land,\u00a0en dat elke land slegs so doeltreffend funksioneer soos die sterkte van sy swakste skakel. Die\u00a0swartmense van dr. Verwoerd se tyd was, ontwikkelingsgewys, die swak skakel wat dr. Verwoerd\u00a0wou versterk tot \u2019n glorieryke Afrikanasie. In\u00a0\u2019n mate is\u00a0hierdie ideaal verwesenlik\u00a0&#8211; swart lewenstandaarde vermeerder in dr. Verwoerd se termyn teen 5,4% per jaar teenoor die\u00a0vermeerdering van die blanke lewenstandaard van 3,9% per jaar.<\/p>\n<p>Tweedens het dr. Verwoerd al te goed besef dat daar nooit vrede in Suid-Afrika sou heers indien\u00a0so \u2019n groot deel van die bevolking nie tevrede en gelukkig was nie. Hy het meermale beaam dat\u00a0die tuislande die ware tuiste van die swartman moes word, waar hy sou gelukkig wees en homself ontwikkel soos wat hy nooit sou kon doen onder blanke oorheersing in die Republiek nie. Ongeag\u00a0of hierdie ideaal na dr. Verwoerd se dood deur sy opvolgers verwesenlik sou word, w\u00e1s dit\u00a0die edele bedoeling.<\/p>\n<p>Daar bestaan geen twyfel dat die belange en behoeftes van die Afrikanervolk vir die eerste keer in\u00a0dekades (sedert Britse kolonialisme) topprioriteit geniet het tydens dr. Verwoerd se premierskap\u00a0nie. Die algemene volksgevoel en vyandigheid teenoor die Engelse blankes kon dr. Verwoerd\u00a0aangevuur en ge\u00efnspireer het om juis d\u00edt aan hulle te doen wat tans met die blanke onder ANC\u00a0bewind gedoen word &#8211; marginalisering. Hy doen egter die onverwagse en teenoorgestelde &#8211; in \u2019n\u00a0poging om onafhanklikheid van Brittanje los te slaan maak hy werk daarvan om die Afrikaner en\u00a0Engelse blanke sover moontlik te versoen en om die Engelse se veiligheid in die toekomstige Republiek te verseker. Om daad by die woord te voeg, stel hy in die binnekring van die Nasionale\u00a0Party, asook in sy kabinet menige Engelse aan om die Engelse verteenwoordiging op\u00a0regeringsvlak te versterk.<\/p>\n<p>Verwoerd roep laat in 1960 \u2019n referendum uit oor die vraag of Suid-Afrika \u2019n republiek moet word.\u00a0Op 31 Mei 1961, 59 jaar na die einde van die Boere-republieke, ontstaan die Republiek van Suid-Afrika, los van Britse heerskappy. \u2019n Goue tydvak\u00a0l\u00ea voor.<\/p>\n<figure id=\"attachment_31089\" aria-describedby=\"caption-attachment-31089\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/verwoerd_swartkinders.jpeg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-31089\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/verwoerd_swartkinders-300x230.jpeg\" alt=\"Dr. Verwoerd spreek \u2019n skare jong swart kinders toe.\" width=\"300\" height=\"230\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/verwoerd_swartkinders-300x230.jpeg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/verwoerd_swartkinders-148x114.jpeg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/verwoerd_swartkinders-31x24.jpeg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/verwoerd_swartkinders-38x29.jpeg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/verwoerd_swartkinders-280x215.jpeg 280w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/verwoerd_swartkinders.jpeg 494w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-31089\" class=\"wp-caption-text\">Dr. Verwoerd spreek \u2019n skare jong swart kinders toe.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Afgesien van die suksesse van die Republiek, is\u00a0dr. Verwoerd toegegooi onder die eise van\u00a0swart ontwikkeling. In \u2019n radioprogram na sy dood het een van sy kollegas opgemerk: \u201cthere was\u00a0no single Bantu area he did not visit, no single Bantu leader he did not meet\u201d. Iets waarvan die\u00a0huidige narratief nooit melding gemaak het nie, is dat baie swartmense aan sy lippe gehang het en ver gereis het om na hom te luister. In die tuislande waar die grootste deel van hul bevolkings vir\u00a0leiers ten gunste van aparte ontwikkeling gestem het, soos Boputhastshwana, Transkei, Ciskei en\u00a0Venda, het dr. Verwoerd altyd \u2019n staande applous ontvang na afhandeling van \u2019n toespraak. K.D Matanzima, hoofman van Transkei vir 12 jaar, het dr. Verwoerd as sy persoonlike rolmodel beskou.\u00a0Dan kan ons die vraag vra: as 700 000 Xhosa\u2019s by die 1963-verkiesing van Transkei vir \u2019n swart\u00a0leier gestem het (hy het die daaropvolgende 2 verkiesings ook ver gewen) wat openlik vir dr. Verwoerd as sy rolmodel beskou het, waarom is die huidige narratief t.o.v. dr. Verwoerd een van\u00a0minagting en demonisering? Moet ons dan nie elke dag die waarde van demokrasie aanhoor nie?<\/p>\n<figure id=\"attachment_31085\" aria-describedby=\"caption-attachment-31085\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/Verwoerd_swart_leiers.jpeg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-31085\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/Verwoerd_swart_leiers-300x219.jpeg\" alt=\"Regs. Hoofman K.D. Matanzima (Transkei) en ander swart leiers by dr. Verwoerd se staatsbegrafnis.\" width=\"300\" height=\"219\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/Verwoerd_swart_leiers-300x219.jpeg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/Verwoerd_swart_leiers-148x108.jpeg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/Verwoerd_swart_leiers-31x23.jpeg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/Verwoerd_swart_leiers-38x28.jpeg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/Verwoerd_swart_leiers-295x215.jpeg 295w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/Verwoerd_swart_leiers.jpeg 511w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-31085\" class=\"wp-caption-text\">Hoofman K.D. Matanzima (Transkei) en ander swart leiers by dr. Verwoerd se<br \/>staatsbegrafnis.<\/figcaption><\/figure>\n<p>As die meerderheidkiesers in tuislande demokraties vir die Verwoerdiaanse ideaal gestem het,\u00a0waarom sou Verwoerd dan afwyk van aparte ontwikkeling? Die ANC en PAC het miskien bomme\u00a0gestel, maar hoeveel persent van die swart bevolking het hulle nou eintlik verteenwoordig? Hulle\u00a0het nie eers \u2019n duit verteenwoordig, teenoor die hoeveelheid wat leiers soos K.D. Matanzima\u00a0(Nelson Mandela se neef) verteenwoordig het nie. Die huidige narratief slaag daarin om ons\u00a0telkens te oorreed dat die ANC, met hul kommunistiese onderrok, die meerderheid swartmense\u00a0verteenwoordig het. In die destydse woorde van Mangosuthu Buthelezi:<\/p>\n<blockquote><p>\u201cThey do not represent the\u00a0majority of blacks in this country and they are not about bringing peaceful change in this country,\u00a0but to create a socialist or even a Marxist state\u201d.<\/p><\/blockquote>\n<p>Om hierdie Marxistiese ambisie van die ANC te bevestig, kan ek aanhaal uit \u2019n dokument wat in\u00a0Nelson Mandela se besit gevind is. Dit lui soos volg in sy eie handskrif:<\/p>\n<blockquote><p>\u201cThe people of South\u00a0Africa, led by the South African Comunist Party, will destroy capitalist society and build in its place\u00a0socialism&#8230; The transition form capitalism to socialism and the liberation of the working class cannot be effected by slow changes or reforms as reactionaries and liberals often advise, but by\u00a0revolution. One must therefore be a revolutionary and not a reformist.\u201d<\/p><\/blockquote>\n<p>\u2019n Politieke ontleder sou s\u00ea dat dit gevaarlik baie soos Julius Malema se woorde in 2015 klink.\u00a0Malema probeer tans die Marxistiese revolusie dryf waarin Nelson Mandela en sy kamerade\u00a0destyds gestuit is deur manne soos Verwoerd. Daarom is dr. Verwoerd steeds \u2019n gehate man in\u00a0tradisionele ANC-kringe, tot vandag toe. En nodeloos om te s\u00ea, het die ANC ongetwyfeld die grootste\u00a0invloed op die huidige narratief in Suid-Afrika.Hulle beheer tog die media, inhoud van geskiedenisboeke, en reguleer die algemene houding en gevoel van die swart massas. Juis hierom sou geen Verwoerdstandbeeld oorleef het in die nuwe Suid-Afrika nie.<\/p>\n<p>Noudat ons bepaal het dat dr. Verwoerd geen \u201cAfrikaanse Hitler\u201d was, soos die huidige narratief\u00a0hom dikwels beskryf nie, kan ons nog \u2019n vraag opper: Was hy \u2019n held, en vir wie?<\/p>\n<p>As 20-jarige student aan Stellenbosch bewys Verwoerd hom reeds as buitengewoon begaaf en \u2019n\u00a0volksliefhebber. As leier van die studenteraad in 1921, stig hy \u2019n fonds vir armblankes in Suid-Afrika, asoook in dele van Europa. Nie net samel hy geld hiervoor in nie, maar spoor\u00a0medestudente aan om saam met hom hul sakgeld aan te wend hiervoor, en om meer spaarsamig te leef om sodoende di\u00e9 fonds \u2019n hupstoot te gee. Reeds op \u2019n jong ouderdom straal Verwoerd dus\u00a0sy ywerigheid uit om volksdiens te lewer. Hierdie selfde ywerigheid kom na vore wanneer hy in\u00a01958 die sewende premier van Suid-Afrika word. Op 6 September 1966 word hierdie ywerigheid\u00a0gesmoor\u00a0deur die steek van \u2019n dolk &#8211; \u2019n gebeurtenis wat te danke aan ons huidige skewe narratief\u00a0nie betreur word nie, maar eerder gevier word. Twee weke voor sy dood is vergaderings met talle\u00a0swart leiers gere\u00ebl. Die toespraak wat hy op die 6de in die volksraad moes lewer, waarvoor hy\u00a0nooit die kans gegun is nie, sou die begin van \u2019n nuwe tydvak\u00a0inlui vir verhoudings tussen wit en swart.\u00a0Wysigings sou gemaak word t.o.v. apartheidswetgewing en die algemene behoeftes van die bre\u00eb\u00a0swart bevolking sou geopper word om vredevolle naasbestaan te kon verseker.<\/p>\n<p>Verwoerd se opvolgers het dus heel waarskynlik voortgegaan met die implementering van \u2019n beleid\u00a0waarin hyself nie meer geglo het nie. Hierom word Verwoerd vandag nog blameer vir die latere\u00a0mislukking van Apartheid, waaroor hy geen beheer gehad het nie.<\/p>\n<figure id=\"attachment_31087\" aria-describedby=\"caption-attachment-31087\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/verwoerd_mimicoertse.jpeg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-31087\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/verwoerd_mimicoertse-300x227.jpeg\" alt=\"\u2019n Jong Mimi Coertse steek \u2019n blom in dr. HF Verwoerd se baadjie.\" width=\"300\" height=\"227\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/verwoerd_mimicoertse-300x227.jpeg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/verwoerd_mimicoertse-148x112.jpeg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/verwoerd_mimicoertse-31x23.jpeg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/verwoerd_mimicoertse-38x29.jpeg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/verwoerd_mimicoertse-284x215.jpeg 284w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/verwoerd_mimicoertse-535x405.jpeg 535w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/verwoerd_mimicoertse-160x120.jpeg 160w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/verwoerd_mimicoertse.jpeg 569w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-31087\" class=\"wp-caption-text\">\u2019n Jong Mimi Coertse steek \u2019n blom in dr. HF<br \/>Verwoerd se baadjie.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Jare na dr. Verwoerd se dood het een van sy grootste bewonderaars, Mimi Coertse, oor dr.\u00a0Verwoerd, wat op sy beurt een van haar grootste bewonderaars was, ges\u00ea:<\/p>\n<blockquote><p>\u201cMense kan van Dok s\u00ea wat hulle wil, maar\u00a0ek het hom as \u2019n baie sjarmante en bedagsame mens beleef. Hy was bepaald g\u00e9\u00e9n rassis nie. Toe\u00a0ek eenkeer op pad was na hulle huis, bel hy my. \u2018Mimi\u2019 vra hy, \u2018kan jy vir my \u2019n Brandwag\u00a0saambring?\u2019. Hy het sy tuinman elke week daaruit in Afrikaans opgelei; di\u00e9 keer het hy vergeet om\u00a0die tydskrif te koop\u201d.<\/p><\/blockquote>\n<p>Verder skryf Hermann Giliomee in sy boek, <em>Laaste Afrikaanse Leiers<\/em>, op bladsy 69, dat Verwoerd\u00a0nooit in die meerderwaardigheid van die blanke ras geglo het nie, maar dat hy slegs die\u00a0ontwikkelingsgaping tussen die rasse wou vernou.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/verwoerd_omringdeurvroue.jpeg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignright size-medium wp-image-31088\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/verwoerd_omringdeurvroue-300x212.jpeg\" alt=\"verwoerd_omringdeurvroue\" width=\"300\" height=\"212\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/verwoerd_omringdeurvroue-300x212.jpeg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/verwoerd_omringdeurvroue-148x105.jpeg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/verwoerd_omringdeurvroue-31x22.jpeg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/verwoerd_omringdeurvroue-38x27.jpeg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/verwoerd_omringdeurvroue-304x215.jpeg 304w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/verwoerd_omringdeurvroue-535x379.jpeg 535w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/04\/verwoerd_omringdeurvroue.jpeg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a>Ek, en baie ander, sal nooit kan aanvaar dat dr. Verwoerd se standbeeld nie \u2019n plek in die son\u00a0gegun word nie. Trouens, as \u2019n progressiewe jeugdige, glo ek dat Suid-Afrika n\u00f3\u00fa\u00a0Verwoerds benodig om leiding te neem. Hoegenaamd nie om apartheid of rasseskeiding te\u00a0inspireer nie, maar om vertroue te skep in \u2019n nasie wat dekades laas die moontlikheid van \u2019n\u00a0eerlike, opregte en toegewyde leier ervaar het. Sy ideaal hoef ons nie in 2015 te inspireer nie,\u00a0maar sy skaars en uitmuntende karakter, w\u00e9l.<\/p>\n<p>&#8211; John White<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wie bepaal die 21ste eeu narratief en w\u00eareldbeskouingsvereistes? Daardie narratief wat beweer\u00a0dat die Suid-Afrikaanse geskiedenis eers aanvaarbaar geword geraak het\u00a0die dag toe Nelson Rolihlala\u00a0Mandela sy voete by Victor Verster uitgesteek het. Die narratief wat beslissend bepaal dat oranje,\u00a0wit en blou, sowel as CJ Langenhoven outomaties met rassisme geassosieer word. En no\u00fa,\u00a0ongelukkig, die narratief wat bepaal [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[29,124],"tags":[20133,20132,20134,16394],"class_list":["post-31081","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-s32-feuilleton","category-c116-geskiedenis","tag-aparte-ontwikkeling","tag-dr-hf-verwoerd","tag-kaizer-matanzima","tag-republiek"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/31081","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=31081"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/31081\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=31081"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=31081"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=31081"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}