{"id":31080,"date":"2015-04-10T09:51:27","date_gmt":"2015-04-10T07:51:27","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=31080"},"modified":"2015-04-10T16:02:25","modified_gmt":"2015-04-10T14:02:25","slug":"vsa-prys-swapo-se-onderhandelaar","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=31080","title":{"rendered":"VSA prys Swapo se onderhandelaar"},"content":{"rendered":"<p>Martti Athisaari het mbv die VN se Resolusie 435 in die laat sewentiger- en tagtigerjare gesorg dat die mag aan die verloorder Swapo in Suidwes-Afrika, vandag Namibi\u00eb, oorhandig word.<\/p>\n<p>Hy was eweseer by die konflikte in Noord-Ierland, Kosovo en Indonesi\u00eb betrokke waar die VSA kon voordeel trek uit vredesonderhandelinge. Die VSA het hul grootste basis, <em>Camp Bondstee<\/em>l, in Kosovo opgerig danksy die Fin.<\/p>\n<p><em>Camp Bondsteel<\/em> is nooit afgebreek na die vrede in Kosovo gesluit is nie, en huisves selfs &#8216;n Thaise masseersalon.<\/p>\n<p>Athisaari, wie se familie eers Adolfsen uit Noorwe\u00eb geheet het, het in 1929 Finse burgerskap gekry en in 1937 hul van van Adolfsen na Athisaari verander. Sy jakkalsstreke om die &#8220;vrede&#8221; dmv geweld in Suidwes-Afrika af te dwing, is alombekend.<\/p>\n<p>Hy het Brent Carlsson, &#8216;n Sweed, vervang as die VN se gesant. Carlsson is op 21 Desember 1988 in die Pan Am-vliegtuigongeluk dood, vermoedelik deur die Britse geheimediens neergeskiet, omdat hy &#8216;n ondersoek wou loods na uraan- en diamanthandel in die streek.<\/p>\n<p>Athisaari was vanaf 1977 tot 1981 die VN se kommissaris van Suidwes-Afrika. Sy taak was om Swapo aan bewind te bring nadat dit duidelik geraak het dat die terroriste nie die mas gaan opkom nie.<\/p>\n<p>Resolusie 435 van die Veiligheidsraad van die VN is in 1978 aanvaar, maar die implementering daarvan is meer as tien jaar later eers finaal voltrek.<\/p>\n<p>Die Fin is in April 1989 as die VN se spesiale verteenwoordiger en hoof van die UNTAG-vredesmag na Namibi\u00eb gestuur.<\/p>\n<p>Hy het Swapo in staat gestel om die land vanuit Angola binne te val terwyl hy gesorg het dat Suid-Afrikaanse soldate &#8220;ter wille van vrede&#8221; moet terugtrek, maar die destydse administrateur-generaal, adv. Louis Pienaar, was glo ingelig oor sy plan.<\/p>\n<p>Pienaar het Athisaari versoek om Suid-Arika toe te laat om troepe in die gebied te ontplooi en die situasie te stabiliseer. Suid-Afrikaanse troepe het Swapo-insypelaars teruggedryf.<\/p>\n<p>In getuienis wat in September 2000 voor die Waarheids- en Versoeningskommissie in Suid-Afrika gelewer is, het dit aan die lig gekom twee lede van die destydse Burgerlike Beskermingsburo (BSB), Kobus le Roux en Ferdi Barnard, opdrag gekry het om Athisaari &#8216;n &#8220;goeie pak slae&#8221; te gaan gee. <\/p>\n<p>Barnard het glo beplan om Athisaari in sy hotel op Keetmanshoop met &#8216;n vuisyster te gaan oorreed om aan Suid-Afrikaanse troepe toestemming te gee om Swapo te keer, maar Athisaari is gewaarsku om nie die vergadering by te woon nie.<\/p>\n<p>Hy het nogtans daarna ingestem dat troepe teen die Swapo-inval ontplooi word.<\/p>\n<p>N\u00e1 die Namibiese verkiesing in 1989 het Athisaari ereburgerskap verkry, terwyl Suid-Afrika aan hom die O.R. Tambo-toekenning gegee het vir \u201csy buitengewone prestasie as diplomaat en sy toewyding tot die vryheidsproses in Afrika en vrede in die w\u00eareld\u201d.<\/p>\n<p>Di\u00e9 toekenning moes waarskynlik eerder aan Le Roux en Barnard gegaan het vir hul moeite om die vredesproses nie te laat ontspoor nie. In plaas daarvan is die twee verguis.<\/p>\n<p>&#8216;n Duidelike aanduiding van die Fin se gewildheid by die Amerikaanse magskliek, is sy hagiografie in die New York Times.<\/p>\n<p>Kort n\u00e1 die Nobelprys vir Vrede in 2008 aan hom toegeken is, het di\u00e9 koerant Athisaari se &#8220;warmte, patos, humorsin en oorredingsvermo\u00eb&#8221; geprys, waarskynlik weens sy onderdanigheid en kruiperigheid aan Washington.<\/p>\n<p>In 1973 is Athisaari as Finland se ambassadeur in Tanzani\u00eb aangestel, met akkreditasie tot Zambi\u00eb, Somali\u00eb en Mosambiek. In di\u00e9 tyd het hy kontak gemaak met die Swapo-verteenwoordigers in Dar-es-Salaam en oudpres. Hifikepunye Pohamba, ontmoet.<\/p>\n<p>Die Finse Sendinggenootskap is destyds deur die Rynse Sending uit Duitsland, genooi om in Suidwes-Afrika te werk. <\/p>\n<p>Die eerste groep Finse sendelinge het in 1869 in Hereroland aangekom. Finland, soos Duitsland, het daarmee hul netwerk in ontwikkelende lande uitgebrei. Swapo se Nickey Iyambo, uiteindelik die land se vise-president, is op di\u00e9 wyse deur Finland geborg.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Martti Athisaari het mbv die VN se Resolusie 435 in die laat sewentiger- en tagtigerjare gesorg dat die mag aan die verloorder Swapo in Suidwes-Afrika, vandag Namibi\u00eb, oorhandig word. Hy was eweseer by die konflikte in Noord-Ierland, Kosovo en Indonesi\u00eb betrokke waar die VSA kon voordeel trek uit vredesonderhandelinge. Die VSA het hul grootste basis, &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=31080\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;VSA prys Swapo se onderhandelaar&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[6831,20126,20124,6827,20125,5505],"class_list":["post-31080","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized","tag-namibie","tag-resolusie-435","tag-suidwes-afrika","tag-swapo","tag-untag","tag-vn"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/31080","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=31080"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/31080\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=31080"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=31080"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=31080"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}