{"id":31069,"date":"2015-04-09T08:46:42","date_gmt":"2015-04-09T06:46:42","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=31069"},"modified":"2015-04-09T08:46:43","modified_gmt":"2015-04-09T06:46:43","slug":"swart-aanvallers-hou-gesin-op-uis-aan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=31069","title":{"rendered":"Swart aanvallers hou gesin op Uis aan"},"content":{"rendered":"<p>Die knal van \u2019n enkele geweerskoot\u00ad was vroeg Dinsdagaan\u00add \u00adop Uis die aankondiging van die einde van die eerste episode van \u2019n aanddrama\u00ad waarin \u2019n gesin van vier deur \u2019n boewebende van vyf gewapende swartmans aangehou is, het die Republikein berig.<\/p>\n<p>Dit was ook die voorspel tot \u2019n tweede aflewering waarin die ganse Erongostreek in Namibi\u00eb tot selfs buite sy grense in beweging gebring is.<\/p>\n<p>Die woestyndorp se bekende winkelier\u00ad en sakeman, mnr. De Wet Prinsloo, sy vrou, Christine, en die kinders, Juan (6) en Jana (3), het \u2019n geskatte veertig minute aan hul hande en voete geboei toegekyk hoe die bende soos \u2019n stropende tornado deur hul ruim huis naby hul winkelsentrum\u00ad storm. De Wet het al vegtend oorgegee toe hy in die koue loop van \u2019n handwapen van een van die aanvallers vasgekyk het.<\/p>\n<p>Die sesjarige seuntjie, Juan, was \u2019n held in die kleine. Dit was hy wat sy hande uit die kleeflint en toue losgewikkel\u00ad het en tot by sy pa aangesukkel\u00ad \u00adhet. De Wet het beduie daar is \u2019n knipmes in sy broeksak. Daarmee het Juan sy pa se hande agter sy rug losgesny. Die einste messie is toe gebruik om al vier se hande en voete los te sny. Die aanvallers\u00ad het met twee van die drie vuurwapens in die huis weggekom. Die derde is deur De Wet self gebruik vir die boodskap\u00ad in die nag dat die Prinsloo-gesin bystand nodig het.<\/p>\n<p>Uiteindelik het die slotepisode vroeg gisteroggend onder \u2019n brug by Okahandja\u00ad aangebreek toe \u2019n kleinboer\u00ad van die oewerlandskap op die duur dubbelkajuit Cruiser van De Wet Prinsloo afgekom het. Die sleutel was nog in die aansitter, los goed is uit die kajuit geslinger en op die bak het die 7 mm-jaggeweer van die sakeman gel\u00ea. Dit is naby die Vyfrandkamp\u00ad gevind, met die padblokkade naby Brakwater \u2019n ent daarvandaan een van die vele versperrings wat in die nag op die moontlike uitwykroetes van die skelms opgestel was.<\/p>\n<p>Behalwe vir \u2019n krapmerk voor, was die duur tuig, \u2019n 2014-model, ongeskonde\u00ad. Die krapmerk het egter getuig van die geweld waarmee die aanval begin en ge\u00ebindig het. Om in die huis van die Prinsloos te kom, het die mans, die meeste van hulle met klapmusse aan, \u2019n buiteband gebruik om op te staan sodat hulle oor \u2019n muur van sowat 2,2 meter kon klouter om langs \u2019n kruis op die werf te staan. Hoop, genade en liefde verkondig die bewoording op die kruis. Daarna is geweld gebruik om \u2019n sifwering\u00ad voor die Prinsloo huis af te ruk en geweld was weer ter sprake toe die duur voertuig\u00ad met die wegtrek teen \u2019n muur gestamp het.<\/p>\n<p>Die ganse kabaal het in die voorhuis voor \u2019n biddende Christine met klein Jana op haar skoot afgespeel. Teenoor die seuntjie en die dogtertjie was haar moederlike smeking: \u201cMaak net die ogies toe! S\u00ea of doen net niks nie.\u201d<\/p>\n<p>De Wet Prinsloo het self aan Republikein\u00ad vertel wat gebeur het terwyl hy, Christine en Jana in die voorhuis na &#8216;n sepie op TV gekyk het. Die bende het omstreeks\u00ad \u00ad19:20 by die huis ingestorm\u00ad. In \u2019n nabygele\u00eb\u00ad ontspanningsvertrek\u00ad het klein Juan sy eie TV-storie gevolg.<\/p>\n<p><em>Vasgebind<\/em><\/p>\n<p>\u201cNee! Nee! Nee!\u201d So het De Wet geskreeu\u00ad toe die mans by die huis ingestorm\u00ad het. Hy het een met \u2019n panga in sy linkerhand voor die bors gegryp en was besig om hom te oorweldig toe \u2019n harde hou met die kapmes se plat kant hom teen sy regterskouer\u00ad getref het. <\/p>\n<p>Steeds het hy selfs vir die een met \u2019n bandligter in sy hande kans gesien. Die volgende oomblik het hy vasgekyk in die loop van \u2019n pistool van \u2019n derde aanvaller.\u00ad<\/p>\n<p>\u201cLos net my vrou en my kinders en vat wat julle wil h\u00ea,\u201d het De Wet by aanskou\u00ade van die vuurwapen\u00ad ges\u00ea.<\/p>\n<p>\u201cGaan l\u00ea,\u201d was die opdrag van die aanvallers\u00ad. Op die vloer is hy aan sy hande en voete met kleeflint gebind. Ook sy elmbo\u00eb is na binne gedwing en vasgemaak. \u2019n Lap is in sy mond gedruk en ook dit is met kleeflint vasgetrek\u00ad wat om sy kop gebind was. Een van die aanvallers het met klein Juan aan die hand uit die buitevertrek gekom. Die ander drie lede van die Prinsloo-gesin is net soos hy vasgebind. Selfs die veters van die Prinsloos\u00ad se eie skoene is uitgeryg en gebruik.<\/p>\n<p>Die aanvallers het deurlopend\u00ad met mekaar en met die Prinsloos\u00ad gekom\u00admunikeer. Met mekaar het hulle Oshiwambo\u00ad gepraat en met die Prinsloos \u2019n mengelmoe\u00ads van Afrikaans\u00ad en Engels. Toe is die bevele op hulle geskreeu\u00ad: \u201cGeld! Geld! Geld!\u201d Die Prinsloos het net \u2019n bietjie sakgeld by hulle gehad. Daarna is het die strooptog deur die huis begin en beslag is op feitlik elke item van waarde gel\u00ea \u2013 van juwele tot \u2019n duur sonbril. \u2019n Deel van die buit was die spaarsleutelsel\u00ad van die Cruiser wat in die motorhuis\u00ad gestaan het.<\/p>\n<p>In die stadium het dit gelyk of die aanvallers\u00ad in totale beheer van die situasi\u00ade was en hulle het gemaklik met mekaar gesels. Met \u2019n gewikkel van die prop in sy mond kon De Wet Prinsloo uiteindelik\u00ad \u2019n paar woorde uitkry. \u201cOns verwag mense,\u201d het hy van onder die lint ges\u00ea. Toe raak die bendelede\u00ad haastig. Drie of vier minute later het die Cruiser se masjien gedreun en \u2019n harde slag is gehoor toe die bende iets tref. Hulle het daarna weggery.<\/p>\n<p>Losgesny het De Wet Prinsloo op die oorblywende\u00ad vuurwapen\u00ad afgekom en die skoot gevuur. Flip Laynes, \u2019n jong en sterk man, was die eerste om te reageer. Flip Els het ook bygekom. Die polisie is geskakel en was relatief gou op die toneel. Die pad van Uis na Hentiesbaai is deur \u2019n groep mans van die dorp as moontlike\u00ad ontsnappingsroete\u00ad gekies. Waar die pad na Khorixas wegswaai, het twee rylopers gestaan.<\/p>\n<p>Hulle het bevestig\u00ad \u2019n Cruiser met di\u00e9 beskrywing\u00ad is op die pad na Khorixas verby. In die nag is ander polisiekantore\u00ad ook geskakel\u00ad \u00aden het twee polisiemanne\u00ad in uniform van Hentiesbaai\u00ad opgedaag\u00ad. Hulle het die afstand van sowat 130 km op die grondpad binne 1 uur 10 minute afgejaag. Vroeg gisteroggend het polisieversterkings\u00ad in vyf voertuie van Walvisbaa\u00adi opgedaag.<\/p>\n<p>Teen druktyd was niemand nog in hegtenis\u00ad geneem nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die knal van \u2019n enkele geweerskoot\u00ad was vroeg Dinsdagaan\u00add \u00adop Uis die aankondiging van die einde van die eerste episode van \u2019n aanddrama\u00ad waarin \u2019n gesin van vier deur \u2019n boewebende van vyf gewapende swartmans aangehou is, het die Republikein berig. Dit was ook die voorspel tot \u2019n tweede aflewering waarin die ganse Erongostreek in &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=31069\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Swart aanvallers hou gesin op Uis aan&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[20082,6831,20119,11786,20118],"class_list":["post-31069","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-gewapende-aanval","tag-namibie","tag-oshiwambo","tag-swart-aanvaller","tag-uis"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/31069","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=31069"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/31069\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=31069"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=31069"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=31069"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}