{"id":31015,"date":"2015-04-07T07:25:22","date_gmt":"2015-04-07T05:25:22","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=31015"},"modified":"2015-04-07T07:25:22","modified_gmt":"2015-04-07T05:25:22","slug":"wit-egpaar-by-namibiese-oord-aangeval","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=31015","title":{"rendered":"Wit egpaar by Namibiese oord aangeval"},"content":{"rendered":"<p>\u201cDis die mees vreesaanjaende geluid om te hoor hoe \u2019n deur afgebreek word en jy is binne vasgekeer.\u201d<\/p>\n<p>Ida Ryan (66) en haar man, Larry (67), het albei ernstige be\u00adserings opgedoen toe hulle Woensdag in die middernagtelike ure deur drie swart mans in hul kamer oorval is. <\/p>\n<p>Die egpaar van Bethal, Mpumulanga, het saam met nog vriende uit Suid-Afrika by \u2019n lodge buite Windhoek oornag, voordat hulle die volgende dag vir \u2019n kort wegbreek na die Etosha Nasionale Park sou vertrek, het die Republikein berig.<\/p>\n<p>Ida het met \u2019n diep snywond en erge kneuswonde aan die struweling ontkom, terwyl Larry, wat herhaaldelik met \u2019n knopkierie op sy kop geslaan is, bloeding op die brein opgedoen het. Hy is gister suksesvol vir die bloeding geopereer en moet ten minste twee dae in die ho\u00ebsorgeenheid deurbring.<\/p>\n<p>Ida het tydens \u2019n onderhoud vertel sy en haar man het Woensdagoggend omstreeks een-uur van \u2019n hou teen die kamer se deur wakkergeskrik. Dit was egter doodstil daarna, tot sowat \u2019n uur later, toe die egpaar deur die \u201cvreesaanjaende geluid van \u2019n deur wat oopgebreek word\u201d en met \u2019n pistool se loop wat in die deur verskyn, begroet is.<\/p>\n<p>Ida en Larry het opgespring en die deur teen die oormag aan die anderkant probeer toedruk en toehou.<\/p>\n<p>\u201cEk het op my knie\u00eb gestaan en van onder teen die deur gedruk, terwyl Larry die deur met sy skouer probeer toedruk het.\u201d<\/p>\n<p>Die egpaar is egter oorval deur drie swartes, met een wat Larry met \u2019n knopkierie oor die kop geslaan het. Nog een het vir Ida in haar arm met \u2019n \u201cmes met \u2019n baie lang lem\u201d gesteek. Een van die aanvallers het sakke gegryp wat op \u2019n stoel by die venster gel\u00ea het en waarin Ida se beursie met identiteitsdokument en kaarte, juwele, skoene en reis\u00addokumente was.<\/p>\n<p>\u201cDie swartes het nie \u2019n woord ges\u00ea nie. Ek kon in die lig van die buitelig sien die een met die knopkierie was lank en skraal en het \u2019n hoed op gehad; \u2019n ander een was fris en groot.\u201d<\/p>\n<p>Die drie swartes het uit die kamer gestorm en in die bosse in verdwyn.<\/p>\n<p>\u201cToe ek buite toe storm, het drie swartes met groen uniforms buite gestaan. Larry het egter geskree ek moet inkom en die deur toemaak.\u201d Volgens Ida het die lodge nie sekuriteitspersoneel nie en weet hulle nie wie di\u00e9 swartes was nie.<\/p>\n<p>So hard het sy tydens die aanval geskree dat Ida se stem tydens die onderhoud \u2019n dag later steeds hees was.<\/p>\n<p>\u201cDie eienaars se kind het van my geskree wakker geword en hulle wakker gemaak.\u201d Di\u00e9 het met flitse en honde hul na die Ryan\u2019s gehaas.<\/p>\n<p>\u201cEers toe ons die lig aansit en tot verhaal kom, het ons al die bloed gesien soos wat die wond aan my arm gebloei het.\u201d<br \/>\nDie polisie is ontbied, terwyl die lodge-eienaar Ida se wond verbind het om die ergste bloeding te stop.<\/p>\n<p>Die egpaar is in die Mediclinic-hospitaal in die hoofstad opgeneem, waar Ida nege steke vir die wond in haar arm gekry het. Larry het \u2019n breinskandering ondergaan en is stil gehou tot sy operasie Maandag om die bloeding op sy brein te verlig.<\/p>\n<p>Hy het Vrydag uit sy hospitaalbed ges\u00ea die egpaar sal weer Namibi\u00eb besoek, waar hulle in die sewentigerjare gebly het.<\/p>\n<p>\u201cOns het ses jaar in Namibi\u00eb gebly, Sodom en Gomorra toe getrek, net om terug te kom en hier \u2019n pak slae te kry!\u201d<br \/>\nDie polisie het teen druktyd nog geen verdagtes in hegtenis geneem nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cDis die mees vreesaanjaende geluid om te hoor hoe \u2019n deur afgebreek word en jy is binne vasgekeer.\u201d Ida Ryan (66) en haar man, Larry (67), het albei ernstige be\u00adserings opgedoen toe hulle Woensdag in die middernagtelike ure deur drie swart mans in hul kamer oorval is. Die egpaar van Bethal, Mpumulanga, het saam met &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=31015\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Wit egpaar by Namibiese oord aangeval&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[20082,218,6831,7298,266,17637],"class_list":["post-31015","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-gewapende-aanval","tag-misdaad","tag-namibie","tag-plaasaanval","tag-rassisme","tag-windhoek"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/31015","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=31015"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/31015\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=31015"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=31015"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=31015"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}