{"id":30995,"date":"2015-04-02T09:32:49","date_gmt":"2015-04-02T07:32:49","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=30995"},"modified":"2015-04-02T09:32:49","modified_gmt":"2015-04-02T07:32:49","slug":"gyselnemers-skiet-turkse-aanklaer-dood","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=30995","title":{"rendered":"Gyselnemers skiet Turkse aanklaer dood"},"content":{"rendered":"<p>Polisiemanne van Istanboel het die sentrale hof laat Dinsdagmiddag \u00adbestorm en twee mense dood\u00adgeskiet wat nege ure vroe\u00ebr in die gebou \u00adingebreek het om \u2019n aanklaer \u00adgyselaar te neem.<\/p>\n<p>Die aanklaer het \u2019n \u00adsterfgeval verwant aan anti-regeringsoptogte in 2013 ondersoek, het DPA berig.<\/p>\n<p>Istanboel se polisiehoof, \u00adSelami \u00adAltinok, het bevestig dat twee \u00admense dood is. Hy het ges\u00ea die \u00adpolisie het ses ure met die \u00adgyselnemers \u00adonderhandel<\/p>\n<p>Hulle het die hof bestorm toe \u00adhulle geweerskote uit die aanklaer se \u00adkantoor gehoor het.<\/p>\n<p>Turkye se eerste minister, Ahmet Davutoglu, het laat Dinsdag \u00adaangekondig dat die aanklaer in die \u00adhospitaal aan sy wonde beswyk het. Davutoglu het sy simpatie met die familie uitgespreek en die \u00adgyselaardrama \u2019n aanval op Turkse reg en demokrasie genoem, het die nuusagentskap Anadolu berig.<\/p>\n<p>Die twee gyselnemers het hul verbintenis met die \u00admilitante groep DHKP-C erken, wat op sy \u00adFacebook-blad gedreig het om die aanklaer dood te maak. Op die blad is foto\u2019s geplaas van die aanklaer wat gewurg word.<\/p>\n<p>Die groep het op sy \u00adFacebook-blad ge\u00ebis die polisieman wat \u00adverantwoordelik is vir die dood van Berkin Elvans moet \u00adge\u00efdentifiseer word en dat alle ondersoeke \u00adrakende die \u00adbetogers gestaak word.<\/p>\n<p>Die 15-jarige Berkin is tydens \u00adoptogte van 2013 met \u2019n \u00adtraangaskan teen die kop raakgegooi en het nooit weer sy bewussyn herwin nie. Hy is in Maart 2014 dood. Daar was geen vordering in die ondersoeke na sy dood nie.<\/p>\n<p>Berkin se pa, Sami Elvan, het op Twitter ges\u00ea hy wou nie h\u00ea dat \u00adenigiemand moet seerkry nie. \u201cEk wil net \u2019n regverdige verhoor h\u00ea,\u201d het hy getwiet.<\/p>\n<p>Die gyselaarsdrama het begin toe twee mense hul weg na die aanklaer se kantoor op die sesde vloer van die gebou gevind het, het Altinok aan Turkse media ges\u00ea. Die voorval het tydens \u2019n kragonderbreking in \u00adIstanboel plaasgevind.<\/p>\n<p>Die optogte het in 2013 plaasgevind.<\/p>\n<p>Intussen het twee mense &#8211; gewapen met gewere en in minstens een geval, met &#8216;n bom &#8211; die stad se polisie-hoofkwartier Woensdag aangeval, het Turkye se staatsbeheerde uitsaaier berig.<\/p>\n<p>Een van die aanvallers, &#8216;n vrou met &#8216;n bom, is gedood toe die polisie op die aanvallers losgebrand het, volgens TRT.<\/p>\n<p>Die tweede persoon het aanvanklik gevlug voordat hy opgespoor is. Hy het ligte beserings opgedoen. &#8216;n Polisiebeampte is ook beseer in die voorval.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Polisiemanne van Istanboel het die sentrale hof laat Dinsdagmiddag \u00adbestorm en twee mense dood\u00adgeskiet wat nege ure vroe\u00ebr in die gebou \u00adingebreek het om \u2019n aanklaer \u00adgyselaar te neem. Die aanklaer het \u2019n \u00adsterfgeval verwant aan anti-regeringsoptogte in 2013 ondersoek, het DPA berig. Istanboel se polisiehoof, \u00adSelami \u00adAltinok, het bevestig dat twee \u00admense dood is. &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=30995\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Gyselnemers skiet Turkse aanklaer dood&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[20090,5501,6980,8793],"class_list":["post-30995","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-aanklaer","tag-gyselaars","tag-istanboel","tag-turkye"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/30995","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=30995"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/30995\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=30995"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=30995"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=30995"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}