{"id":30969,"date":"2015-04-01T07:47:13","date_gmt":"2015-04-01T05:47:13","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=30969"},"modified":"2015-04-01T07:47:13","modified_gmt":"2015-04-01T05:47:13","slug":"franse-ondersoek-germanwings-kajuit-se-sluitmeganisme","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=30969","title":{"rendered":"Franse ondersoek Germanwings-kajuit se sluitmeganisme"},"content":{"rendered":"<p>Die Franse ondersoekagentskap BEA, wat veiligheidsmaatre\u00ebls ondersoek wat tot die vliegramp kon gelei het, het die week ges\u00ea hulle fokus op die Germanwings-stuurkajuit se sluitmeganisme sowel as psigologiese evaluerings.<\/p>\n<p>BEA probeer om die geskiedenis van die vlug te herkonstruktureer van die stuurkajuit se stemopnemer, een van die twee vlugopnemers wat dusver gevind is. Die tweede vlugopnemer, die vlugdata-opnemer, word steeds vermis.<\/p>\n<p>\u201cDie veiligheidsonder\u00adsoek sal fokus op die stuurkajuitdeur se sluitmeganisme en stuur\u00adkajuittoegang- en uitgangprosedures, asook die kriteria en prosedures om spesifieke psigologiese profiele op te spoor,\u201d het die BEA in \u2019n verklaring ges\u00ea.<\/p>\n<p>Volgens Franse aanklaers het die medevlie\u00ebnier, Andreas Lubitz, met opset die vliegtuig in die berg in\u00adgevlieg nadat hy die kaptein uit die kajuit gesluit het. Lufthansa is die moedermaatskappy van Germanwings.<\/p>\n<p>Duitse aanklaers s\u00ea Lubitz was onder behandeling van sielkundiges en neurolo\u00eb. Hy het siektebriewe wat hom ongeskik verklaar het vir vlieg, glo opgeskeur.<\/p>\n<p>Internasionale lugdienste het intussen &#8216;n minimum van twee mense in die stuurkajuit as \u2019n tussentydse maat\u00adre\u00ebl ge\u00efmplementeer. Lufthansa is genoop om \u2019n nuwe pos van groepveiligheidsvlie\u00eb\u00adnier te skep.<\/p>\n<p>Die Europese versekeringsreus Allianz sal die skadevergoeding vir die ramp dek.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Franse ondersoekagentskap BEA, wat veiligheidsmaatre\u00ebls ondersoek wat tot die vliegramp kon gelei het, het die week ges\u00ea hulle fokus op die Germanwings-stuurkajuit se sluitmeganisme sowel as psigologiese evaluerings. BEA probeer om die geskiedenis van die vlug te herkonstruktureer van die stuurkajuit se stemopnemer, een van die twee vlugopnemers wat dusver gevind is. Die tweede &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=30969\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Franse ondersoek Germanwings-kajuit se sluitmeganisme&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[20075,20076,5227,20046,20018,20074],"class_list":["post-30969","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-allianz","tag-bea","tag-duitsland","tag-germanwings","tag-lufthansa","tag-stuurkajuit"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/30969","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=30969"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/30969\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=30969"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=30969"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=30969"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}