{"id":30963,"date":"2015-03-31T10:00:47","date_gmt":"2015-03-31T08:00:47","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=30963"},"modified":"2015-03-31T10:00:47","modified_gmt":"2015-03-31T08:00:47","slug":"kommer-oor-chinese-vlootbasis-in-namibie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=30963","title":{"rendered":"Kommer oor Chinese vlootbasis in Namibi\u00eb"},"content":{"rendered":"<p>\u2019n Ho\u00ebvlak milit\u00eare afvaar\u00addiging uit China onder leiding van di\u00e9 land se minister van ver\u00addediging, genl. Chang Wanquan, is in Namibi\u00eb om die twee lande se bi\u00adlaterale samewerking op milit\u00eare gebied te verstewig.<\/p>\n<p>Die besoek kom midde kommer in die internasionale gemeenskap oor hardnekkige gerugte van \u2019n Chinese vlootbasis wat by Walvisbaai opgerig gaan word, het die Republikein berig.<\/p>\n<p>\u2019n Namibiese dagblad het in Januarie berig Namibi\u00eb se ambassadeur in China, amb. Ringo Abed, het die voormalige minister van buitelandse sake, me. Netumbu Nandi-Ndaitwah, in kennis gestel \u201c\u2019n Chinese afvaardiging sal Namibi\u00eb n\u00e1 21 Maart besoek vir samesprekings oor die pad vorentoe rakende planne vir die \u00advoorgestelde vlootbasis in Walvisbaai\u201d.<\/p>\n<p>The Namibian het na aanleiding van \u2019n geheime dokument in sy besit berig die afvaardiging sal \u201ctegniese personeel en vloot-argitekte\u201d insluit.<\/p>\n<p>Intussen het die AFKInsider Sondag ook oor die voorgenome besoek berig en \u2019n Amerikaanse kenner van buitelandse beleid in nasionale veiligheid, Robert C. O\u2019Brien, aangehaal wat s\u00ea dit wil voorkom asof China se \u201cstrategie van vlootbasisse soortgelyk aan \u2019n string p\u00earels oral in die Indiese Oseaan, nou na die Suid-Atlantiese gebied wil uitbrei\u201d.<\/p>\n<p>O\u2019Brien waarsku dat indien die gerugte van \u2019n Chinese milit\u00eare basis langs die Namibiese kus waar is, dit \u201creuse- strategiese implikasies\u201d vir die Weste inhou.<\/p>\n<p>Genl. Chang het gister by Staatshuis aan pres. Hage Geingob ges\u00ea hy is vergesel van onder meer die politieke kommissaris van die Chinese vloot, Miao Hua, asook \u2019n bevelvoerder van di\u00e9 land se lugmag.<\/p>\n<p>\u201cDie doel van ons besoek is om die belangrike konsensus oor groter milit\u00eare samewerking te implementeer waarop tydens u (Geingob) besoek in April verlede aan China ooreengekom is.<\/p>\n<p>\u201cOns is nou gereed om voort te gaan met die bilaterale re\u00eblings en dit in die toekoms meer produktief te maak. <\/p>\n<p>Beide Namibi\u00eb en China wil nou hul droom van \u2019n sterker milit\u00eare mag verwesentlik,\u201d het hy ges\u00ea en aangekondig di\u00e9 land gaan wapentuig ter waarde van 30 miljoen yuan (sowat N$58,6 miljoen) aan Namibi\u00eb skenk.<\/p>\n<p>Hy het verder ges\u00ea Namibi\u00eb en China wil saam aan \u201c\u2019n beter w\u00eareld met blywende vrede\u201d bou. \u201cAs \u2019n ware vriend van Afrika, wil ons die mense van Afrika help om hul probleme op die Afrika-\u00admanier op te los.\u201d<\/p>\n<p>Geingob het in reaksie op \u2019n vraag oor beweringe in die media dat die besoek met die vlootbasis verband hou, geantwoord: \u201cOns moet nie ons bestaan op gerugte grond nie. Gerugte kan lande vernietig.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Ho\u00ebvlak milit\u00eare afvaar\u00addiging uit China onder leiding van di\u00e9 land se minister van ver\u00addediging, genl. Chang Wanquan, is in Namibi\u00eb om die twee lande se bi\u00adlaterale samewerking op milit\u00eare gebied te verstewig. Die besoek kom midde kommer in die internasionale gemeenskap oor hardnekkige gerugte van \u2019n Chinese vlootbasis wat by Walvisbaai opgerig gaan word, &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=30963\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Kommer oor Chinese vlootbasis in Namibi\u00eb&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[20072,5311,6831,19708],"class_list":["post-30963","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-atlantiese-oseaan","tag-china","tag-namibie","tag-vlootbasis"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/30963","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=30963"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/30963\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=30963"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=30963"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=30963"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}