{"id":30949,"date":"2015-03-31T09:15:57","date_gmt":"2015-03-31T07:15:57","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=30949"},"modified":"2015-03-31T09:55:36","modified_gmt":"2015-03-31T07:55:36","slug":"vavi-teen-toue","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=30949","title":{"rendered":"Vavi teen die toue"},"content":{"rendered":"<p>Zwelinzima Vavi, sekretaris-generaal van Cosatu, gaan sy skorsing uit die vakbondfederasie beveg.<\/p>\n<p>Cosatu se sentrale uitvoerende komitee het gisteraand vergader. Die komitee moes &#8216;n spesiale vergadering hou om te stem oor Vavi se toekoms.<\/p>\n<p>Die skorsing is nog nie deur Cosatu bevestig nie, maar &#8216;n mediakonferensie is vir 12uur vanmiddag geskeduleer.<\/p>\n<p>Die vakbondfederasie het &#8216;n oorweldigende ja-stem vir die afdanking van sy hoofsekretaris uitgebring.<\/p>\n<p>Drie-en-dertig lede het ja-gestem, en een daarteen. Dit volg nadat Vavi geweier het om self te bedank, en aangekondig het dat hy die komiteevergadering sal boikot. <\/p>\n<p>Die komitee het verwag dat Vavi sou kom verduidelik waarom hy die vorige vergadering geboikot het, homself gedistansieer het van &#8216;n besluit om Numsa te skors, asook interne prosesse en finansies aan die media onthul het. <\/p>\n<p>Vavi se posisie in Cosatu is sedert verlede jaar Augustus in die weegskaal nadat hy aangekla is weens &#8216;n seksskandaal en beweerde finansi\u00eble omgerymdhede met die verkryging van Cosatu se hoofkwartier. <\/p>\n<p>N\u00e1 Numsa se skorsing het betrekkinge met Vavi verder versleg. Intussen is &#8216;n vervanging vir Numsa op die been gebring by name Limusa. Dit bestaan uit lede wat weggebreek het uit die geskorsde metaalwerkersvakbond.<\/p>\n<p>Die stemming gisteraand was &#8216;n geheime stemming en die komitee het &#8216;n regsmening ingewin om te sorg dat die proses waterdig is.<\/p>\n<p>Na verwagting sal Vavi dit sterk oorweeg om &#8216;n nuwe vakbond op die been te bring en Cosatu verdeel.<\/p>\n<p>Die spanning kom al &#8216;n paar jaar weens die styging in salarisse van staatsamptenare, sogenaamde witboordjiewerkers, wat nie ontevrede met die regering is nie.<\/p>\n<p>Die blouboordjiewerkers in Cosatu, wat minder verdien, werk meestal in die privaatsektor.<\/p>\n<p>Vavi het die afgelope paar jaar lyfwagte aangehou teen wat hy beskou het as &#8216;n aanslag van Jacob Zuma en Blade Nzimande.<\/p>\n<p>Twee vakbonde wat by Cosatu geaffilieer is het Vavi vroe\u00ebr skerp gekritiseer. Die mynwerkersvakbond NUM het hom as &#8216;n desperate lafaard bestempel wat geen verantwoordelikheid vir sy optrede neem nie. <\/p>\n<p>Die polisievakbond Popcru het Vavi daarvan beskuldig dat hy die vorming van faksies aanmoedig en dat hy die drieparty-alliansie wil opbreek. <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Zwelinzima Vavi, sekretaris-generaal van Cosatu, gaan sy skorsing uit die vakbondfederasie beveg. Cosatu se sentrale uitvoerende komitee het gisteraand vergader. Die komitee moes &#8216;n spesiale vergadering hou om te stem oor Vavi se toekoms. Die skorsing is nog nie deur Cosatu bevestig nie, maar &#8216;n mediakonferensie is vir 12uur vanmiddag geskeduleer. Die vakbondfederasie het &#8216;n &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=30949\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Vavi teen die toue&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[6332,5335,20065,5255,9950],"class_list":["post-30949","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-cosatu","tag-numsa","tag-spesiale-vergadering","tag-vakbond","tag-zwelinzima-vavi"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/30949","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=30949"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/30949\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=30949"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=30949"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=30949"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}