{"id":30936,"date":"2015-03-30T09:40:41","date_gmt":"2015-03-30T07:40:41","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=30936"},"modified":"2015-03-30T09:41:00","modified_gmt":"2015-03-30T07:41:00","slug":"zuma-familie-ontken-dat-hulle-in-weermag-helikopters-reis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=30936","title":{"rendered":"Zuma-familie ontken dat hulle in weermag-helikopters reis"},"content":{"rendered":"<p>Die presidensie het Sondag ontken dat pres. Jacob Zuma se familie van weermag-helikopters gebruik maak om tussen Durban en Nkandla in KwaZulu-Natal te reis.<\/p>\n<p>\u201cDie presidensie verwerp die bewerings wat vandag in die City Press gemaak is,\u201d het Mac Maharaj, woordvoerder vir die presidensie, in \u0149 verklaring ges\u00ea. \u201cDie president se reisre\u00eblings word deur die presidensie getref en dit word duidelik gestel dat die vliegtuig of helikopter bespreek word vir sy gebruik.\u201d<\/p>\n<p>Volgens hom het die Suid-Afrikaanse Lugmag ook die presidensie in kennis gestel dat geen so misbruik van die helikopters plaasgevind het nie.<\/p>\n<p>&#8220;Die presidensie verwerp die ongegronde en kwaadwillige bewerings in City Press en die departement van verdediging het ons in kennis gestel dat daar geen waarheid in die gerug steek nie, maar die koerant het dit steeds gepubliseer,&#8221; het Maharaj ges\u00ea. <\/p>\n<p>&#8220;Die presidensie is besorg oor die blatante verslaggewing van so onwaarheid, en die doel kan slegs wees om by te dra tot die stereotipering van die president en sy familie.&#8221;<\/p>\n<p>Die City Press het Sondag berig dat die lugmag die bystandhelikopterdiens opgeskort het wat vir Zuma se familie en vriende tussen Durban en Nkandla gebruik is. <\/p>\n<p>Die Oryx-helikopter van 15 Eskader, wat gewoonlik saam met Zuma se weermagondersteuning vlieg, is opgeskort weens \u0149 gebrek aan fondse, volgens berigte. <\/p>\n<p>Die koerant het berig dat bronne ges\u00ea het die spesialeondersoekeenheid het die beweerde misbruik begin ondersoek.<\/p>\n<p>Volgens die berig is die bystand-Oryx, waarvoor die presidensie R63 000 per uur aan die weermag betaal in plaas van die gewone R70 000 kommersi\u00eble tarief, glo gebruik deur familie en vriende in plaas van veiligheidspersoneel.<\/p>\n<p>Zuma se lyfwagte is glo &#8216;n &#8220;paar keer&#8221; gedwing om die reis van drie ure te onderneem.<\/p>\n<p>Die presidensie het gister ges\u00ea Zuma se familie het nie alleen milit\u00eare helikopters gebruik om te reis tussen Durban en Nkandla nie.<\/p>\n<p>&#8216;n Eggenoot of kind mag saamvlieg indien die president self per helikopter reis, maar nie alleen nie.<br \/>\n\u00a0<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die presidensie het Sondag ontken dat pres. Jacob Zuma se familie van weermag-helikopters gebruik maak om tussen Durban en Nkandla in KwaZulu-Natal te reis. \u201cDie presidensie verwerp die bewerings wat vandag in die City Press gemaak is,\u201d het Mac Maharaj, woordvoerder vir die presidensie, in \u0149 verklaring ges\u00ea. \u201cDie president se reisre\u00eblings word deur die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=30936\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Zuma-familie ontken dat hulle in weermag-helikopters reis&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[8435,19763,6723,7129,6257,6010],"class_list":["post-30936","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-city-press","tag-helikopters","tag-jacob-zuma","tag-nkandla","tag-sandf","tag-weermag"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/30936","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=30936"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/30936\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=30936"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=30936"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=30936"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}