{"id":30858,"date":"2015-03-24T13:50:40","date_gmt":"2015-03-24T11:50:40","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=30858"},"modified":"2015-03-24T13:50:40","modified_gmt":"2015-03-24T11:50:40","slug":"die-wereld-na-rhodes-wat-ons-moet-weet","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=30858","title":{"rendered":"Die w\u00eareld na Rhodes : Wat ons moet weet"},"content":{"rendered":"<p><em>Na aanleiding van <a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=30792\">Dan Roodt se rubriek <\/a>oor Rhodes se bekladde standbeeld, bespreek Joseph Secreve oudergewoonte op sy skerp en besonderse manier, die proses wat eintlik al sedert die negentiende eeu in die w\u00eareld afspeel.<\/em><\/p>\n<p>Wat ons sien, veral die afgelope sestig jaar, is hoe die groot Engelse eugenitici ewe skielik die veld moes voorberei vir &#8216;n nuwe vorm van oorheersing. <\/p>\n<p>Hoe is dit moontlik dat die Engelse &#8211; wat vir soveel eeue oor die w\u00eareld geregeer het met &#8216;n Doctor Jekyll en Mr. Hyde persoonlikheid &#8211; met groot bewondering en gejuig in 1980 toegesien het hoe daardie ander Rhodes-standbeeld in Salisbury met die grond gelyk gemaak is? En nou na alle waarskynlikheid &#8216;n vreemde behae skep om te sien hoe hierdie aartsimperialis in Kaapstad ook nie meer veilig op sy voetstuk staan nie? <\/p>\n<p>&#8216;n Belangrike aanwysing is die maatskaplike ewolusie wat plaasgevind het sedert die Industri\u00eble Rewolusie. Die w\u00eareld was gekenmerk deur verskillende fases van kapitalisme, en die huidige marxistiese variant het blykbaar die meeste sukses behaal en word om daardie rede toegepas. <\/p>\n<p>Kortliks was die eerste fase van Industri\u00eble Rewolusiekapitalisme die begin, maar het beperkings begin toon. Baie bedrywe kon nie genoeg kapitaal genereer uit hul winste om hul bedrywe uit te brei nie. Die spoorwe\u00eb in Engeland en later die Verenigde State het &#8216;n enorme kapitaalinspuiting vereis om produktiewer en effektiewer te word, en ander moontlikhede moes gesoek word om dit te bewerkstellig. Dit het aanleiding gegee tot aandeelhouers en eienaarskap van bedrywe deur ander finansi\u00eble partye. Uiteraard was diegene met die meeste kapitaal &#8211; die banke &#8211; die nuwe nodus in hierdie spinnerak, en tegelyk het steeds meer bedrywe heil begin vind in hierdie vorm van finansiering, wat aanvanklik baie suksesvol begin word het.<\/p>\n<p>Hierdie ontwikkeling het aanleiding gegee tot &#8216;n nuwe fase van kapitalisme genaamd finansi\u00eble kapitalisme. Banke het steeds magtiger begin word, en vanuit hul aandeelhouersvergaderruimtes het hulle druk begin uitoefen op ander bedrywe om hul eie winste te verhoog. Dit het dikwels rampspoedige gevolge gehad vir die bedrywe self, aangesien bankiers &#8216;n setel gehad het in hierdie firma&#8217;s sonder dat hulle enige ervaring of idee gehad het wat goed is vir daardie maatskappye, maar perfek geweet het wat goed is vir die banke. Uiteindelik het hulle dermate uitgegroei dat hulle selfs regeringsbeleid begin be\u00efnvloed het, en die periode 1850 &#8211; 1930 was gekenmerk deur regerings wat swak beleid begin voer het, aangevoer deur die gierigheid van die banke. In hierdie verband het die sekretaris van die Britse tessorier, Wiliam E Gladstone opgemerk dat regerings geen noemenswaardige spelers op finansi\u00eble gebied was nie, en dat hulle die geldmagte moes uitlos en geen vrae aan hulle stel nie.<\/p>\n<p>Na die Eerste W\u00eareldoorlog, die beursval in 1929, die afskaffing van die goudstandaard, die ontnugtering oor die bankwese en bedreigings wat die bankiers in die o\u00eb gestaar het, het die w\u00eareld se grootste banke in Londen, Parys en New York besef dat hulle saam moes begin werk as hulle wou oorleef, en het op daardie stadium die Bank of International Settlements in Basel, Switserland opgerig. Hierdie nuwe bank het as &#8216;n kartel gefunksioneer om enige vorm van bedreiging af te weer, met Londen as sentrum en New York en Parys as tentakels van dieselfde bankgroep, en het sodoende stadigaan bedrywe verder verswelg met hul mag. Aangesien die goudstandaard afgeskaf is, kon hulle geld uit niks produseer en teen rente terugeis. Hierdie fase staan bekend as monopoliekapitalisme. <\/p>\n<p>Onder monopoliekapitalisme het die groot banke eksterne aandeelhouersmaatskappye moontlik gemaak wat van buite-af bepaal watter bedryf die moeite werd is om geld in te bel\u00ea en watter nie, en op hierdie wyse met sentimente die beursgang be\u00efnvloed, wat verder tot voordeel van die banke gestrek het. <\/p>\n<p>Hierdie gebeurtenisse het veroorsaak dat banke magtiger as hul eie regerings begin word het, en bied &#8216;n verklaring hoekom imperialisme en kolonialisme &#8220;afgeskaf&#8221; was in die sestiger jare. In feite was imperialisme nooit afgeskaf nie, maar bloot vervang met &#8216;n meer onderduimse en onsigbare variant daarvan. Daar is geen sigbare land of koning wat oor &#8216;n ander moontheid meer heers nie, maar &#8216;n skadunetwerk van bankiers wat ons nouliks in die media gewaar wat nou die nuwe heersers geword het. Hul imperialistiese arm is die IMF, wat aan lande voorskryf hoe hulle hul ekonomiese beleid moet aanpas en het gelei tot die kranksinnigheid soos wat ons nou sien dat meer geld wegstroom uit Afrika as daarheen, laat staan nog hoe hulle Rusland geplunder het na die val van kommunisme. <\/p>\n<p>In lande soos Wit-Rusland het president Loekasjenko destyds die IMF uitgeknikker en daarna bekendgestaan as die &#8220;laaste diktator van Europa&#8221;, maar dat sy land sonder te veel pyn deur die krisis in 2008 gekom het, word doodgeswyg. Interessant genoeg noem Loekasjenko sy beleid &#8220;sosiaal nasionalisme&#8221;: dit het nasionalisme as basis en ekonomie is ondergeskik hieraan, soos dit &#8216;n gesonde volk betaam. <\/p>\n<p>Dit mag verklaar waarom die EU en hul internasionale bondgenote allerlei planne bekokstoof en wette deurvoer om nasionalisme te stigmatiseer en as boosaardig in ons gedagtes te prent: Die gewone burger word ryker van &#8216;n bedeling wat op nasionalisme gebaseer is, wat iewers in die toekoms tot die nadeel van die groot geldmagte sal strek. Elke ander poging wat die grootmagte bedink, soos die massa-emigrasie van nie-Westerse volkere, die afbreek van geloof (en dus nasionale identiteit) en die vernietiging van die kerngesin vorm deel van die groter prentjie om die gewone mens te reduseer tot verweesde slawe, slegs onderdanig aan die wil van die geldmagte.<\/p>\n<p>Hierdie monopoliekapitalisme en die neomarxistiese ideologie wat daaruit voortgespruit het, gaan hierdie grypsug slegs verder bevorder. Waar Rhodes gedroom het van \u2019n w\u00eareld wat Engels praat met \u2019n Union Jack op elke kontinent, gaan die neomarxiste \u2019n stappie verder en droom van Marx se werkers van die w\u00eareld wat verenig sal word. Dit is in feite twee kante van dieselfde muntstuk, met die verskil dat die skaduregering weet dat \u2019n mens moet versigtig wees met simbole en standbeelde, wat die volk kan in opstand kom hierteen as hulle besef dat hulle bedrieg word. Vandaar dat hulle \u2019n nuwe taktiek het soos gayregte, radikale feminisme, minderheidsaansprake vir sommiges, voortdurende konflik in die w\u00eareld as pogings om dit moeilik te maak om een komponent te isoleer waarop mense die skuld kan pak. \u201cDit is nou eenmaal die tydsgees\u201d, hoor ons dan van die burgers, wat nie meer weet wat aangaan nie. <\/p>\n<p>Gegewe die toestand in die w\u00eareld, die globale skuif in rykdom en armoede, die stigmatisering van geloof (Jode is Sioniste, Moslems is barbare, Katolieke is pedofiele, Protestante is rassiste ens.), eindelose oorlo\u00eb sonder \u2019n werklike vyand, die klem op brood en spele, kan ons net wonder wat ons te wagte staan in hierdie eerste helfte van die een en twintigste eeu.<\/p>\n<p>Al wat ek weet is dat Sipho en Jonas mag gerus Rhodes se standbeeld besmeer, maar hul nageslagte sal seker eendag terugkyk na hierdie onskuldige vermaak en wens dat hulle weer na daardie tye kon terugkeer. <\/p>\n<p>Ten minste het hulle toe geweet wie hul vyand was.     <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Na aanleiding van Dan Roodt se rubriek oor Rhodes se bekladde standbeeld, bespreek Joseph Secreve oudergewoonte op sy skerp en besonderse manier, die proses wat eintlik al sedert die negentiende eeu in die w\u00eareld afspeel. Wat ons sien, veral die afgelope sestig jaar, is hoe die groot Engelse eugenitici ewe skielik die veld moes voorberei [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[43,10],"tags":[16787,20009,4708,20008,20007],"class_list":["post-30858","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c24-joseph-secreve","category-rubrieke","tag-bankiers","tag-geldmagte","tag-kommunisme","tag-monopoliekapitaal","tag-neomarxiste"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/30858","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=30858"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/30858\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=30858"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=30858"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=30858"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}