{"id":30827,"date":"2015-03-24T07:44:27","date_gmt":"2015-03-24T05:44:27","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=30827"},"modified":"2015-03-24T07:44:27","modified_gmt":"2015-03-24T05:44:27","slug":"nog-n-renoster-val-in-etosja","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=30827","title":{"rendered":"Nog &#8216;n renoster val in Etosja"},"content":{"rendered":"<p>Die eerste renosterkarkas wat vanjaar in die Etosja Nasionale Park gestroop is, is Vrydag gevind. Dit is die vierde karkas wat in vyf maande in di\u00e9 spogpark gevind is, het die Republikein berig.<\/p>\n<p>\u2019n Karkas van \u2019n jong renoster met drie koe\u00eblwonde is Vrydag deur toeriste by \u2019n watergat by Dolomite Camp aan die westekant van die park gevind.<\/p>\n<p>Die hoof van die polisie se eenheid vir beskermde spesies (PRU), hoof\u00adinspekteur Barry de Klerk, het gister die voorval aan Republikein bevestig.<\/p>\n<p>\u201cDit is bevestig dat \u2019n renosterbul geskiet is. Hy het sowat ses kilometer ver gehardloop nadat hy gekwes is en by die watergat geval en gevrek,\u201d het De Klerk ges\u00ea. \u201cDie horings is nie verwyder nie. Volgens parkbeamptes is die bul sowat vyf jaar oud.\u201d<\/p>\n<p>\u2019n Windhoekse egpaar wat die naweek by Dolomite Camp was, s\u00ea hulle is belet om by die watergat in te gaan, want parkbeamptes was glo besig met \u2019n operasie.<\/p>\n<p>\u201cLater het hulle weer verby ons gery en dit het gelyk of daar iets agterop die lorrie gel\u00ea het. Daar was \u2019n klomp regeringsvoertuie,\u201d het die man ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die eerste renosterkarkas wat in Etosja gevind is, was einde Oktober verlede jaar in die suidwestelike gedeelte van die park gekry. Die horings van die swartrenosterbul\u00ad was verwyder.<\/p>\n<p>Die renoster was met \u2019n naspoortoeste\u00adl toegerus en toe die sein skielik verdwyn, het natuurbewaarders\u00ad na die renoster\u00ad gaan soek en die karkas in die omgewing\u00ad van Otjovasandu gekry. Dit word vermoed dat die renoster\u00ad twee of drie dae voor die karkas gevind is, gestroop is.<\/p>\n<p>In November is n\u00f3g twee renosterkarkasse met hul horings verwyder in Etosja gevind.<\/p>\n<p>Die twee karkasse is sowat drie tot vier kilometer van mekaar in die omgewing van Ombika gevind.<\/p>\n<p>Volgens die ministerie van die omgewing en toerisme is die een moontlik in Februarie 2014 gestroop en die ander karkas was sowat twee tot drie maande oud.<\/p>\n<p>Een van die verdagtes van renosterstropery in Etosha, dr. Gerson Kandjii, die voormalige spandokter van die Brave Warriors, is tans in aanhouding saam met vier ander be\u00adskuldigdes, nadat hy van die onlangse moord op mnr. Reinhard Schmidt, die Duitse eienaar van die Namibi\u00eb Hoodia Jagplaas naby Kalkrand, aangekla is.<\/p>\n<p>Minstens 34 renosterkarkasse is verlede jaar in Namibi\u00eb gevind.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die eerste renosterkarkas wat vanjaar in die Etosja Nasionale Park gestroop is, is Vrydag gevind. Dit is die vierde karkas wat in vyf maande in di\u00e9 spogpark gevind is, het die Republikein berig. \u2019n Karkas van \u2019n jong renoster met drie koe\u00eblwonde is Vrydag deur toeriste by \u2019n watergat by Dolomite Camp aan die westekant &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=30827\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Nog &#8216;n renoster val in Etosja&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[19985,19987,19988,6831,11432,11609,19986],"class_list":["post-30827","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-etosja","tag-horings","tag-karkas","tag-namibie","tag-renosters","tag-stropers","tag-wildbewaring"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/30827","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=30827"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/30827\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=30827"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=30827"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=30827"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}