{"id":30757,"date":"2015-03-19T09:24:38","date_gmt":"2015-03-19T07:24:38","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=30757"},"modified":"2015-03-19T09:27:43","modified_gmt":"2015-03-19T07:27:43","slug":"3-kuns-vir-porsche-met-macan-s-diesel-wat-motor-van-die-jaar-inpalm","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=30757","title":{"rendered":"3-kuns vir Porsche met Macan S Diesel wat Motor van die Jaar inpalm"},"content":{"rendered":"<p>Gallagher Estate, Johannesburg: Uitnemendheid gevier! Dit is &#8216;n driekunswen vir Porsche wat die titel van die 2015-WesBank \/ SAGMJ-Motor van die jaar verower. Die vervaardiger se Macan S Diesel-model is aangekondig as die wenner op &#8216;n gala-dinee wat deur WesBank, die kompetisie se hoofborg, by Gallagher Estate in Johannesburg aangebied is.<\/p>\n<p>Die Porsche Macan S Diesel het strawwe mededinging onder die elf finaliste gehad. Die veskillende motors het alle segmente verteenwoordig, die beste van die beste in &#8216;n deursnit van segmente en pryse. Hierdie was seker een van die mees vurig betwiste wenne in die kompetisie se dertigjarige geskiedenis.<\/p>\n<figure id=\"attachment_30758\" aria-describedby=\"caption-attachment-30758\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/03\/Porsche-Macan-S-Diesel.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-30758\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/03\/Porsche-Macan-S-Diesel-300x199.jpg\" alt=\"Die Porsche Macan S Diesel\" width=\"300\" height=\"199\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/03\/Porsche-Macan-S-Diesel-300x199.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/03\/Porsche-Macan-S-Diesel-148x98.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/03\/Porsche-Macan-S-Diesel-31x21.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/03\/Porsche-Macan-S-Diesel-38x25.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/03\/Porsche-Macan-S-Diesel-324x215.jpg 324w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/03\/Porsche-Macan-S-Diesel-535x355.jpg 535w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/03\/Porsche-Macan-S-Diesel-120x80.jpg 120w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2015\/03\/Porsche-Macan-S-Diesel.jpg 577w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-30758\" class=\"wp-caption-text\">Die Porsche Macan S Diesel<\/figcaption><\/figure>\n<p>Op sy pad na &#8216;n oorwinning in die 2015 WesBank \/ SAGMJ-Motor van die Jaar-titel het die Porsche Macan ook verskeie internasionale toekennings versamel, waaronder SNV-kategoriewenner by die AJAC se 2015 Kanadese Motor van die Jaar-toekennings; die AutoExpress Beste kompakte SNV; en die Motor &amp; Driver Editor&#8217;s Choice-toekennings in beide die kompakte luukse SNV- en kompakte verrigtings-SNV-kategorie\u00eb.<\/p>\n<p>Die Porsche Macan S Diesel word deur motorjoernaliste beskou as een van die beste SNV&#8217;s wat daar ooit gebou is. Dis &#8216;n kompakte dog gespierde voertuig wat die hoogste gemiddelde telling ontvang het van die 28 SA Gilde van Motorjoernaliste-jurielede wie se opdrag dit was om vanjaar se wenner aan te wys.<\/p>\n<p>Die Suid-Afrikaanse Gilde van Motorjoernaliste se SA Motor van die Jaar-kompetisie loop sedert 1986, met WesBank &#8211; een van Suid-Afrika se grootste voertuigfinansieringsinstellings &#8211; as sy hoofborg sedert die ontstaan daarvan. Hollard Insurance en Motul bied ondersteuningsborgskappe.<\/p>\n<p>Die Suid-Afrikaanse kompetisie is gegrond op die Europese Motor van die Jaar se punte-gebaseerde stelsel, maar is uniek in die motorw\u00eareld deurdat, voordat die finale stemme uitgebring word, elk van die finaliste ook aan &#8216;n streng toetsprosedure deur die verkose COTY-jurie by die w\u00eareldbekende Gerotek-voertuigtoetsfasiliteit buite Pretoria onderwerp word.<\/p>\n<p>Die jurie word toegelaat om 50 stemme aan al 11 finaliste toe te ken, maar aan ten minste sewe voertuie, en mag nie meer as 10 punte teenoor enige enkele voertuig uitbring nie. Alle stemme word gemotiveer en is oop om ondersoek te word.<\/p>\n<p>Die bekroonde voertuig word ge\u00ebvalueer en aangeteken in verhouding tot sy segmentmededingers. Terwyl elke voertuig se finale telling bepaal word deur die estetika, dinamika, prestasie, brandstofdoeltreffendheid, veiligheid, tegnologie, onderdelepryse en koste van eienaarskap, om slegs \u2018n paar faktore op te noem, is die oorheersende maatstaf waaraan elke voertuig gemeet word algehele uitnemendheid.<\/p>\n<p>&#8220;Die SNV-mark groei steeds regoor die w\u00eareld en Suid-Afrika is geen uitsondering nie,&#8221; s\u00ea Bernard Hellberg Jr, COTY-voorsitter en visevoorsitter van die SA Gilde van Motorjoernaliste. &#8220;Die Macan bewys sy oorheersing van die luuksedeel van hierdie segment deur die konsekwente ho\u00eb vlakke van motoruitnemendheid wat die Motor van die Jaar-kompetisie ten doel het om te beloon.&#8221;<\/p>\n<p>In onlangse jare het die kompetisie baie historiese oomblikke beleef, soos in 2012 toe Hyundai Automotive SA die titel vir die eerste keer in sy geskiedenis verower het en ook die eerste Koreaanse vervaardiger was wat die titel kon wen. In 2011 het die kompetisie &#8216;n n\u00f3g groter opskudding veroorsaak toe die kroon vir die eerste keer in die geskiedenis gedeel is, tussen die BMW 530d en Volkswagen Polo 1.6 TDI. Vanjaar het die SA Gilde van Motorjoernaliste 30 jaar van uitnemendheid gevier. Maar weereens is die bekroning &#8216;n groot twispunt aangesien dit die derde agtereenvolgende jaar is wat Porsche die titel verower. Baie mense beskou dit as \u2018n klug. Maar dit is juis die uitnemende voertuie wat Porsche bou wat hierdie titel vir die derde keer aan hulle besorg!<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Gallagher Estate, Johannesburg: Uitnemendheid gevier! Dit is &#8216;n driekunswen vir Porsche wat die titel van die 2015-WesBank \/ SAGMJ-Motor van die jaar verower. Die vervaardiger se Macan S Diesel-model is aangekondig as die wenner op &#8216;n gala-dinee wat deur WesBank, die kompetisie se hoofborg, by Gallagher Estate in Johannesburg aangebied is. Die Porsche Macan S [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[101,25],"tags":[13683,19950],"class_list":["post-30757","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c92-motornuus","category-s28-motors","tag-motor-van-die-jaar","tag-porsche-macan-s-diesel"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/30757","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=30757"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/30757\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=30757"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=30757"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=30757"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}