{"id":30734,"date":"2015-03-19T07:15:11","date_gmt":"2015-03-19T05:15:11","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=30734"},"modified":"2015-03-19T07:19:59","modified_gmt":"2015-03-19T05:19:59","slug":"hoerskoolseun-deur-weerlig-doodgeslaan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=30734","title":{"rendered":"Ho\u00ebrskoolseun deur weerlig doodgeslaan"},"content":{"rendered":"<p><em>Witbank Nuus<\/em> het berig dat &#8216;n wit ho\u00ebrskoolseun, Francois Clarence, Dinsdag deur die weerlig doodgeslaan is.<\/p>\n<p>Die seun het Dinsdagmiddag n\u00e1 skool na die hokkieveld gestap waar HTS Witbank se eerste span teen Potchefstroom sou speel, toe hy deur weerlig getref is.<\/p>\n<p>Hy is daarna deur paramedici op die veld behandel, maar is later dieselfde aand oorlede in die hospitaal waar hy opgeneem is.<\/p>\n<p>Sy skoolmaats het Dinsdagaand by die hospitaal byeengekom en tevergeefs vir Clarence se herstel gebid. Hy word oorleef deur sy ouers en broer.<\/p>\n<p>Nog ses mense, vermoedelik swart, is Woensdag dood en vyf is beseer toe hulle op die N8, sowat 20 km buite Botshabelo in die rigting van Bloemfontein, deur weerlig getref is.<\/p>\n<p>\u201cDie mans, almal tussen 20 en 40 jaar oud, was konstruksiewerkers. Hulle het in \u0149 struktuur skuiling gesoek toe dit begin re\u00ebn het,\u201d het Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, in \u0149 verklaring ges\u00ea. \u201cSes persone is op die toneel dood verklaar en vyf persone het geringe beserings opgedoen.\u201d<\/p>\n<p>Die pasi\u00ebnte is na \u0149 plaaslike hospitaal geneem.<\/p>\n<p>Nagenoeg tagtig mense word jaarliks deur weerlig doodgeslaan en ongeveer driehonderd beseer.<\/p>\n<p>Die meeste sterftes en beserings kom smiddags en saans in die somermaande voor wanneer mense buitenhuis deur donderweer oorval word.<\/p>\n<p>Mense is al in die afgelope jare deur weerlig gedood terwyl hulle op \u2019n boot rondgevaar, onder \u2019n boom gestaan, gholf gespeel, oor die telefoon gepraat, perd gery en berg geklim het, om maar \u2019n paar bedrywighede te noem.<\/p>\n<p>Selfs as dit nie re\u00ebn is, bly weerlig steeds gevaarlik. Weerlig slaan dikwels waar dit nie kwaai re\u00ebn nie en kan tot 15 kilometers of meer van enige re\u00ebn voorkom.<\/p>\n<p>Skoene met rubbersole en rubberbande bied absoluut geen beskerming teen weerlig nie. Die staalraam van \u2019n voertuig bied wel groter beskerming mits jy nie aan enige metaal raak nie. Hoewel jy beseer kan word as weerlig jou motor tref, is jy baie veiliger binne-in \u2019n voertuig as daarbuite.<\/p>\n<p>Ondanks hul beperkte duur en grootte &#8211; \u2019n tipiese donderstorm duur gemiddeld 30 minute en is nagenoeg 25 kilometer in deursnee &#8211; is alle donderstorms gevaarlik.&#8217;n Paar goeie veiligheidswenke om in gedagte te hou:<\/p>\n<p>&#8211; Stel buitelugbedrywighede uit wanneer die weer opsteek vir \u2019n donderstorm. Dit is die beste manier om te voorkom dat jy in \u2019n gevaarlike situasie beland.<\/p>\n<p>&#8211; Sorg dat jy dadelik in \u2019n stewige gebou of \u2019n motor kom. Moenie onder afdakke, onder ge\u00efsoleerde bome of in \u2019n voertuig met \u2019n verstelbare kap gaan skuil nie. Bly weg van ho\u00eb voorwerpe soos torings, heinings, telefoonpale en kragdrade.<\/p>\n<p>&#8211; As dit blits en daar geen stewige skuiling is nie, klim in \u2019n toe-motor met \u2019n harde bak en hou die vensters toe. Moenie aan enige metaal raak nie.<\/p>\n<p>&#8211; Moet nie oor die telefoon gesels nie, tensy daar nood is, en vermy enige elektriese apparate. As die modem van rekenaar met jou telefoon gekoppel is, ontkoppel dit betyds.<\/p>\n<p>As jy jouself buite bevind en geen skuiling is naby nie:<\/p>\n<p>&#8211; Vind \u2019n laaggele\u00eb plek weg van bome, heinings en pale. Maak egter seker dat dit nie \u2019n leegte is waar vloedwater jou kan oorval nie.<\/p>\n<p>&#8211; Indien jy in die bos tussen baie bome is, gaan skuil onder die korter bome.<\/p>\n<p>&#8211; As jy \u2019n prikkeling op jou vel voel of jou hare regop staan, hurk laag op die grond op die balle van jou voete. Plaas jou hand oor jou ore en druk jou kop tussen jou bene in. Maak jouself die kleinste teiken moontlik en maak die kontak wat jy met die grond maak so min as moontlik. Moet nooit op die grond gaan l\u00ea nie.<\/p>\n<p>&#8211; As jy \u00earens op \u2019n dam of rivier in \u2019n boot vaar, sorg dat jy so gou moontlik by dro\u00eb grond kom en \u2019n skuiling vind.<\/p>\n<p>&#8211; Onthou, as jy die donderslae kan hoor, is jy naby genoeg om deur weerlig getref te word! En bly binnenshuis vir dertig minute nadat jy die laaste donderknal gehoor het.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Witbank Nuus het berig dat &#8216;n wit ho\u00ebrskoolseun, Francois Clarence, Dinsdag deur die weerlig doodgeslaan is. Die seun het Dinsdagmiddag n\u00e1 skool na die hokkieveld gestap waar HTS Witbank se eerste span teen Potchefstroom sou speel, toe hy deur weerlig getref is. Hy is daarna deur paramedici op die veld behandel, maar is later dieselfde &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=30734\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Ho\u00ebrskoolseun deur weerlig doodgeslaan&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[19939,19937,19940,5412,19406,14355,19938],"class_list":["post-30734","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-binnenshuis","tag-blits","tag-donderstorm","tag-gevaar","tag-swaar-weer","tag-weerlig","tag-wenke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/30734","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=30734"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/30734\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=30734"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=30734"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=30734"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}