{"id":3073,"date":"2008-10-09T12:50:56","date_gmt":"2008-10-09T12:50:56","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=3073"},"modified":"2008-10-09T12:50:56","modified_gmt":"2008-10-09T12:50:56","slug":"zim-skole-stort-in-duie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=3073","title":{"rendered":"Zim-skole stort in duie"},"content":{"rendered":"\n<p align=\"justify\"><span>President Mugabe het &#39;n Afrikaheld geword met die uitbreiding van die skoolstelsel in die land tydens die vroe&euml; jare van sy bewind, maar die stelsel verkeer nou in &#39;n proses van totale verval.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>In die middel-negentigerjare was die matriekslaagsyfer sowat 72%, maar dit het verlede jaar tot 11% getuimel. Heelwat skole het &#39;n 0%-slaagsyfer gehad. <\/span><\/p>\n<p align=\"justify\"><span>Om die vernedering van totale mislukking in 2008 te vermy, het die<span>&nbsp; <\/span>regering die akademiese jaar gekanselleer. Dit sou onbillik gewees het as die regering toegelaat het dat eksamens voortgaan, het Raymond Majongwe, die sekretaris-generaal van &#39;n onderwys-unie, ges&ecirc;.<\/span><\/p>\n<p align=\"justify\"><span>In Januarie het onderwysers &#39;n uitgerekte staking oor salarisse gevoer. In April het Zanu-PF hulle daarvan beskuldig dat hulle die MDC geondersteun het gedurende die Maart-verkiesings en hulle geblameer vir Mugabe se eersterondtenederlaag by die stembus. <\/span><\/p>\n<p align=\"justify\"><span>Ses onderwysers is vermoor en duisende aangerand deur Zanu-PF-milisie in die geweld wat die tweederondteverkiesing in Junie voorafgegaan het. Skole is gestroop en in martelsentrums omskep. Onderwysers het verdwyn en baie is steeds bang om terug te keer uit vrees vir dissiplinering en geweld. <\/span><\/p>\n<p align=\"justify\"><span>Die finale doodskoot vir die onderwysstelsel het nou gekom met hiperinflasie. Onderwysers se salarisse is verlede week verdubbel tot die ekwivalent van R90, beswaarlik genoeg om busfooie en brood vir 4 dae te kan bekostig.<\/span><\/p>\n<p align=\"justify\"><span>Die handjie vol privaat- en staatskole waar ouers bydraes tot die onderwyser se salarisse kan betaal, is die enigste skole wat nog funksioneer. By die skole waar die onderwysers nog opdaag, daal die leerling getalle weer erg. <\/span><\/p>\n<p align=\"justify\"><span>Amos Musoni, &#39;n onderwyser by de Sengwe-laerskool in die weste van die land vertel dat die kinders skool toe kom waar die onderwysers hulle tot 10 uur toe vermaak en daarna huis toe stuur. <\/span><\/p>\n<p align=\"justify\"><span>Verlede week was daar tien onderwysers uit die 32 wat daar moes wees. Hulle bly daar omdat hulle nie geld het om weg te gaan nie. Hy s&ecirc; verder dat daar geen penne en kryt is nie, en nog minder boeke. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>By een van Harare se regeringseunsskole is hulle besig om skoolbanke op te saag vir hout vir die matriekhoutwerkeksamens &#8211; nie dat enigiemand seker is of dit gaan plaasvind nie.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>O- en A-vlak-leerlinge gaan volgende week huis toe om te studeer vir die finale eksamens het die skoolhoof ges&ecirc;, maar ook bygevoeg dat daar geen eksamenrooster is nie. Die skool het ook nie die Junie-eksamenuitslae ontvang nie. <\/span><\/p>\n<p><span>Stedelike skole is oorweldig deur water- en kragonderbrekings. Een laerskool in Mabvuku-township, Harare het vir die laaste 5 jaar nie watervoorsiening gehad nie. &#39;n Meisieskool het weer &#39;n byl benodig om hout te kap sodat hulle kon kosmaak. <\/span><\/p>\n<p align=\"justify\"><span>Kosvoorsiening in skooltyd in &#39;n tyd van ineenstorting van die landbou is &#39;n groot probleem. Mnr. Majongwe s&ecirc; dat honderde landelike skole hulle koshuisleerlinge huis toe gestuur het omdat hulle nie meer die leerlinge kon voed nie.<\/span><\/p>\n<p align=\"justify\"><span>Mnr. Musoni van Sengwe is baie dun. &quot;Daar is geen kos nie en mense ly honger&quot;, het hy ges&ecirc;. Studente by Harare Polytechnic het verlede week &#39;n oproer begin nadat daar vir hulle stywe mieliepap, die stapelvoedsel, bedien is sonder sout of kool. <\/span><\/p>\n<p align=\"justify\"><span>Die land se vier voorste universiteite het nie oopgemaak sedert die begin van die derde termyn in middel-Augustus nie. By die Universiteit van Zimbabwe, die land se voorste instelling, is verlede Vrydag &#39;n kennisgewing opgesit wat studente in kennis stel dat klasse weer sal begin op &#39;n datum wat later afgekondig sal word.<\/span><\/p>\n<p><span>Levy Nyagura, die visekanselier, s&ecirc; dat die universiteit geen water, elektrisiteit of fondse het nie.<\/span><\/p>\n<p align=\"justify\"><span>Ellen Murogodo, &#39;n voornemende eerstejaarmaatskaplikewerkstudent hou aan om terug te kom na die kampus om te registreer, net om elke keer meegedeel te word dat sy volgende week weer moet probeer. Om vir haar vervoer te betaal sit sy &#39;n stalletjie op voor die grootsaal van die Universiteit waar sy sigarette en springmielies verkoop. <\/span><\/p>\n<p align=\"justify\"><span>Mugabe was self &#39;n onderwyser in die vyftigerjare, het mnr. Majongwe ges&ecirc;. Mugabe weet wat die potensiaal is vir onderwysers om verandering te bewerkstellig. Dit is hoekom hy opsetlik die onderwys stelsel vernietig het.<\/span><\/p>\n<p><span>Nuwe samesprekinge rondom die magsdeling in Zimbabwe het weer gister op &#39;n skaakmat uitgeloop, het die MDC ges&ecirc;.<\/span><\/p>\n<p><span><span> <\/span><\/span><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/tekhno_vektor_6_3d_free_motion\/\">\u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c \u0432\u043e\u0440\u043e\u043d\u0435\u0436 \u0442\u0435\u0445\u043d\u043e \u0432\u0435\u043a\u0442\u043e\u0440 6 3d free motion<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/06\/13\/179611.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p><a href=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2008\/10\/zimbabweskool.jpg\"><\/a>19:27:28 Die klas van 2008 het in Zimbabwe geen opvoeding ontvang nie. Sedert die begin van die skooljaar het Zim se 4,5 miljoen kinders net 23 <a href=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2008\/10\/zimbabweskool.jpg\"><span class=\"small\"><\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: left; margin: 5px; padding: 1px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/zimbabweskool_240.jpg\" width=\"240\" height=\"180\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">Skool in Zimbabwe<\/div>\n<\/div>\n<p><\/span><\/a> skooldae gehad wat nie onderbreek was nie, het &#39;n onderwys-unie ges&ecirc;. D&iacute;t teenoor &#39;n land wat voorheen een van die hoogste skoolstandaarde in Afrika gehandhaaf het.<\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":3072,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[21089,21108,2948],"class_list":["post-3073","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-suider-afrika","tag-nuus","tag-suider-afrika","tag-zim-skole-stort-in-duie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/3073","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=3073"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/3073\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/3072"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=3073"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=3073"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=3073"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}