{"id":30699,"date":"2015-03-17T10:02:44","date_gmt":"2015-03-17T08:02:44","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=30699"},"modified":"2015-03-17T10:03:51","modified_gmt":"2015-03-17T08:03:51","slug":"steve-weer-by-aig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=30699","title":{"rendered":"Steve weer by AIG"},"content":{"rendered":"<p>Suid-Afrika se gewildste sanger sal weer by een van die gewildste Afrikaanse musiekkonserte optree. AIG het verlede week op Facebook aangekondig dat Steve Hofmeyr weer sal deelneem.<\/p>\n<p>\u201cAIG het gedoen wat geen ander instelling wat boikot, gedoen het nie. Hulle was eerbaar. Hulle het my gevra of ek rassisties is en ek het geantwoord,\u201d het Hofmeyr aan Beeld ges\u00ea.<\/p>\n<p>\u201cHulle aanvaar nie \u2019n verhoor-deur-die-media nie en ook nie die woord van elke agterbakse komediant as evangelie nie. Uit die reaksie van my eie konserte sou ek raai dat AIG groter as ooit gaan wees,\u201d het Hofmeyr ges\u00ea.<\/p>\n<p>Jaguar Land Rover Suid-Afrika en Pick n Pay het intussen aangedui dat hulle nie hul borgskappe gaan hernieu nie.<\/p>\n<p>Albei maatskappye het verlede jaar ges\u00ea hulle gaan die AIG-borgskap hersien na aanleiding van die sanger Steve Hofmeyr se \u201comstrede menings\u201d. Dit sluit klaarblyklik in dat die sing van Die Stem, wat amptelik deel van die nuwe volkslied is, ook verbode is.<\/p>\n<p>Lesley Sutton, bestuurder van mediabetrekkinge van Jaguar Land Rover Suid-Afrika, s\u00ea hulle \u201cinternasionale vennootskap\u201d met die W\u00eareldbeker-rugbytoernooi en &#8216;n vennootskap met die Bloodhound SSC-w\u00eareldlandspoedrekordpoging gebeur op dieselfde tyd as die AIG-konserte.<\/p>\n<p>Land Rover het glo Bobby van Jaarsveld van &#8216;n ryding voorsien.<\/p>\n<p>Verlede jaar het Land Rover in \u2019n verklaring ges\u00ea: \u201cDie goed gepubliseerde persoonlike menings van die gewilde Suid-Afrikaanse kunstenaar (Hofmeyr) het die Afrikaanse musiekbedryf en die reputasie van sy kollegas in die gedrang geplaas en so ook di\u00e9 van die borge wat die konsert moontlik maak.\u201d<\/p>\n<p>Hofmeyr het in Oktober verlede jaar swart rassisme aan apartheid verbind in &#8216;n twiet. Di\u00e9 opmerking was waarskynlik vir sommiges te na aan die waarheid.<\/p>\n<p>&#8216;n Mislukte buikspreker het daarna die borge van die AIG-konserte genader in die hoop om swart punte aan te teken vir sy kwynende gewildheid met beskuldigings van &#8220;rassisme&#8221;, maar dit vinnig uitgebrei na alles wat met Afrikaners en Afrikaans verband hou.<\/p>\n<p>Die sukkelende wit komediant wou die borge dwing om hul \u201cassosiasie\u201d met \u2019n \u201capartheid-ontkenner\u201d en \u201cwit heerssugtige\u201d  te be\u00ebindig. Die sensuuroefening het tot &#8216;n onbedekte uitbarsting van Boerehaat op sosiale media en in die dooieboommedia gelei.<\/p>\n<p>Dr Dan Roodt het namens Hofmeyr, onsuksesvol probeer om &#8216;n tweede permanente beskermingsbevel teen die buikspreker Conrad Koch te kry om sy volgehoue haatveldtog te staak. <\/p>\n<p>Roodt het twee maande gelede reeds die redes skriftelik van die Indi\u00ebr-landdros aangevra, maar sonder sukses.<\/p>\n<p>Die eerste aansoek om die buikspreker se anti-Afrikaanse en lasterlike veldtog teen Hofmeyr te keer, was egter suksesvol en het meegebring dat die AIG-konsert kon voortgaan.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Suid-Afrika se gewildste sanger sal weer by een van die gewildste Afrikaanse musiekkonserte optree. AIG het verlede week op Facebook aangekondig dat Steve Hofmeyr weer sal deelneem. \u201cAIG het gedoen wat geen ander instelling wat boikot, gedoen het nie. Hulle was eerbaar. Hulle het my gevra of ek rassisties is en ek het geantwoord,\u201d het &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=30699\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Steve weer by AIG&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5],"tags":[18758,19909,19911,5921,19912,19910,8050,11079],"class_list":["post-30699","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus","tag-aig","tag-borge","tag-buikspreker","tag-die-stem","tag-konsert","tag-landrover","tag-pick-n-pay","tag-rassime"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/30699","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=30699"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/30699\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=30699"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=30699"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=30699"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}