{"id":30689,"date":"2015-03-17T09:08:30","date_gmt":"2015-03-17T07:08:30","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=30689"},"modified":"2015-03-17T09:08:30","modified_gmt":"2015-03-17T07:08:30","slug":"zille-gekap-oor-gebrek-aan-mediavryheid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=30689","title":{"rendered":"Zille gekap oor gebrek aan mediavryheid"},"content":{"rendered":"<p>Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) het Maandag ges\u00ea die Wes-Kaapse regering se beroep op alle provinsiale departemente om nie hul subskripsie vir die Cape Times te hernu nie, is afstootlik.<\/p>\n<p>\u201cSanef vind dit afstootlik dat die uitvoerende komitee van die Wes-Kaapse regering, onder leiding van &#8216;n voormalige joernalis, Helen Zille, op di\u00e9 vlak by provinsiale departementshoofde se sake inmeng,\u201d het Mpumelelo Mkhabela, voorsitter van Sanef, ges\u00ea.<\/p>\n<p>Bert Gerber, direkteur-generaal, het glo die onderskeie departemente opdrag gegee om nie hul subskripsies te hernu nie. \u201cDie kabinet het met kommer die toenemende afname in die gehalte van verslaggewing in die Cape Times bespreek,\u201d het Gerber geskryf.<\/p>\n<p>Mkhabela het ges\u00ea die provinsiale regering kon die kwessie anders hanteer. \u201cIndien die Wes-Kaapse regering &#8216;n probleem het met die gehalte van die Cape Times se inhoud, kon hulle dit met die redakteur van die koerant opneem of deur middel van die persombudsman oplos en nie deur &#8216;n boikot van die Cape Times te versoek nie.\u201d<\/p>\n<p>Sanef se bestuurskomitee het intussen ges\u00ea hy sal &#8216;n protesbrief aan die Wes-Kaapse regering stuur en versoek dat die besluit herroep word.<\/p>\n<p>Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, meen egter hulle het niks verkeerd gedoen nie. \u201cGeen koerant het die reg om te eis dat enigiemand by hulle moet inteken nie. Almal, insluitend regerings, het die reg om ingeligte verbruiksbesluite te maak.\u201d <\/p>\n<p>Zille het ges\u00ea die provinsiale kabinet het &#8216;n eenparige besluit geneem om nie hul subskripsie te hernu nie en dat dit geen bedreiging vir mediavryheid inhou nie.<\/p>\n<p>Di\u00e9 stap is geneem nadat die Cape Times nie aan die DA besonderhede wou gee oor &#8216;n baba wat aan fetale alkoholsindroom ly nie. Zille het daarna ges\u00ea die nuusberig oor die baba is geplagiariseer. Dit het glo eers op &#8216;n sosialitiese webwerf verskyn, die World Socialist Website in Augustus 2012.<\/p>\n<p>Zille wou glo die besonderhede oor die baba h\u00ea om die kind te red, aangesien die ouers glo deur die apartheid-dopstelsel daartoe gedwing is om alkohol te misbruik.<\/p>\n<p>Maar ten spyte van haar kruistog om &#8216;n voorkombare plaag van breinskade onder die bruin bevolking hok te slaan, het Zille op net een enkele geval gefokus en vreemd genoeg nie op 6% &#8211; &#8216;n w\u00eareldrekord &#8211; van die bevolking in haar provinsie wat daaronder ly nie.<\/p>\n<p>Zille beweer di\u00e9 een geval van <a href=\"http:\/\/www.politicsweb.co.za\/politicsweb\/view\/politicsweb\/en\/page71619?oid=1012321&#038;sn=Marketingweb+detail\">Thomas<\/a>, die baba, is al toegang wat die provinsie het tot die probleem.<\/p>\n<p>Kennelik is sy met een of ander agenda doenig, want sulke uitlatings, ontdaan van enige logika, spreek van ongekunsteldheid.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) het Maandag ges\u00ea die Wes-Kaapse regering se beroep op alle provinsiale departemente om nie hul subskripsie vir die Cape Times te hernu nie, is afstootlik. \u201cSanef vind dit afstootlik dat die uitvoerende komitee van die Wes-Kaapse regering, onder leiding van &#8216;n voormalige joernalis, Helen Zille, op di\u00e9 vlak by provinsiale &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=30689\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Zille gekap oor gebrek aan mediavryheid&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[19904,7599,8858,5798,6823,19905,8492,7533,8727],"class_list":["post-30689","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-cape-times","tag-da","tag-joernaliste","tag-mediavryheid","tag-protes","tag-redakteursforum","tag-sanef","tag-sensuur","tag-wes-kaap"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/30689","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=30689"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/30689\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=30689"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=30689"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=30689"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}