{"id":30563,"date":"2015-03-11T07:50:41","date_gmt":"2015-03-11T05:50:41","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=30563"},"modified":"2015-03-11T07:50:41","modified_gmt":"2015-03-11T05:50:41","slug":"vrou-by-myn-verkrag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=30563","title":{"rendered":"Vrou by myn verkrag"},"content":{"rendered":"<p>&#8216;n Vrou is glo by &#8216;n myn van Anglo American Platinum (Amplats) in Rustenburg verkrag, het die vakbond NUM Dinsdag ges\u00ea.<\/p>\n<p>\u201cDaar word beweer dat die vrou in &#8216;n aantrekkamer by die myn verkrag is,\u201d het Sydwell Dokolwana, NUM se streeksekretaris in Rustenburg, ges\u00ea. Volgens Dokolwana is die vrou Sondag by die Thembelani-myn verkrag.<\/p>\n<p>\u201c&#8217;n Verdagte het glo die aantrekkamer met &#8216;n skroewedraaier binnegekom. Hy het die vrou beveel om haar klere uit te trek en gedreig om haar dood te maak indien sy nie gehoor gee nie.\u201d<\/p>\n<p>Die polisie in Noordwes het volgens Sapa bevestig dat &#8216;n klag van verkragting ondersoek word en dat &#8216;n 28-jarige man in hegtenis geneem is.<\/p>\n<p>\u201cVeiligheidsbeamptes kon daarin slaag om die verdagte voor te keer en het die polisie ontbied.\u201d Hy sal na verwagting Dinsdag in die Rustenburg-landdroshof verskyn.<\/p>\n<p>Volgens Dokolwana is daar aan hulle ges\u00ea dat die man nie &#8216;n werknemer van Amplats is nie, en wil hulle weet hoe die man toegang tot die myn se perseel verkry het.<\/p>\n<p>Mpumi Sithole, woordvoerder van Amplats, het ges\u00ea die verdagte het glo ook nog &#8216;n vrou probeer leed aandoen. Volgens Sithole ontvang die vrou wat glo verkrag is sowel as die ander vrou albei traumaberading.<\/p>\n<p>Chris Griffiths, uitvoerende hoof van Amplats, het ges\u00ea die maatskappy veroordeel enige vorm van geweld teen vroue. \u201cOns is baie hartseer oor die gewelddadige kriminele daad en veroordeel dit ten sterkste. Die veiligheid van ons werknemers is ons nommer een prioriteit.\u201d <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Vrou is glo by &#8216;n myn van Anglo American Platinum (Amplats) in Rustenburg verkrag, het die vakbond NUM Dinsdag ges\u00ea. \u201cDaar word beweer dat die vrou in &#8216;n aantrekkamer by die myn verkrag is,\u201d het Sydwell Dokolwana, NUM se streeksekretaris in Rustenburg, ges\u00ea. Volgens Dokolwana is die vrou Sondag by die Thembelani-myn verkrag. \u201c&#8217;n &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=30563\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Vrou by myn verkrag&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[11991,1665,218,11414,4489],"class_list":["post-30563","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-amplats","tag-geweld","tag-misdaad","tag-rustenburg","tag-verkragting"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/30563","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=30563"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/30563\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=30563"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=30563"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=30563"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}