{"id":30523,"date":"2015-03-09T08:44:06","date_gmt":"2015-03-09T06:44:06","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=30523"},"modified":"2015-03-09T08:44:06","modified_gmt":"2015-03-09T06:44:06","slug":"twee-moslemverdagtes-vas-vir-nemtsof-sluipmoord","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=30523","title":{"rendered":"Twee Moslemverdagtes vas vir Nemtsof-sluipmoord"},"content":{"rendered":"<p>Twee Moslemverdagtes is die naweek in hegtenis geneem in verband met die moord op die Russiese opposisie-figuur Boris Nemtsof (55) \u2019n week gelede.<\/p>\n<p>Aleksander Bortnikof, hoof van Rusland se federale veiligheidsdienste, het in \u2019n verklaring op staatstelevisie bekend gemaak dat die twee verdagtes uit die Noord-Kaukasus \u00adkom.<\/p>\n<p>Hy wou geen ander besonderhede bekend maak nie.<\/p>\n<p>Nemtsof is doodgeskiet toe hy laat verlede Saterdagaand saam met sy jong Oekra\u00efense metgesel oor \u2019n brug naby die Kremlin gestap het. Sy is ongedeerd maar beweer sy het nie die aanvallers gesien nie.<\/p>\n<p>Tatjana Wolkowa, &#8216;n Russiese blogger, s\u00ea haar inligting het tot die arrestasies gelei.<\/p>\n<p>Haar blog is verbode in die Oekra\u00efne en sy beweer die moordenaars is aangekeer te danke aan haar wenk oor Aslan Alkhanof.<\/p>\n<p>Uit die inligting tot dusver is dit bekend dat die ketting van tussengangers en organiseerders reeds geneutraliseer is: Aslan Alkhanof het selfmoord gepleeg en Beslan Sjawanof is dood tydens &#8216;n poging om hom in hegtenis te neem.<\/p>\n<p>Die vermeende bestuurder van die voertuig, en die passasier wat Nemtsof glo geskiet het, en reeds hul betrokkenheid in die hof erken.<\/p>\n<p>Dit blyk dat die moord ten nouste met die Oekra\u00efne verbind kan word, wat deesdae deur Amerikaanse regeringsagentskappe en die Amerikaanse private milit\u00eare maatskappye beheer word, veral die batebestuurmaatskappy, Vanguard. <\/p>\n<p>Toe dit duidelik raak dat die spore van die moordenaars &#8220;te vroeg&#8221; deur die blogger ontbloot is, het Vanguard op hul eie inisiatief in aanraking gekom met die ondersoek in Rusland en glo met die name vorendag gekom, iets wat duidelik die vinger na hul eie betrokkenheid wys.<\/p>\n<p>Die ondersoekspan wat aangestel is om die moord te ondersoek, het laat blyk dat verskeie moontlike motiewe vir sy moord oorweeg word.<\/p>\n<p>Russe glo Nemtsof is vermoor in \u2019n poging om Poetin se beeld skade te doen. <\/p>\n<p>Dat die moord verband hou met Nemtsof se \u00adpersoonlike lewe, asook die \u00adbetrokkenheid van Islamitiese ekstremiste, kan nie uitgesluit word nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Twee Moslemverdagtes is die naweek in hegtenis geneem in verband met die moord op die Russiese opposisie-figuur Boris Nemtsof (55) \u2019n week gelede. Aleksander Bortnikof, hoof van Rusland se federale veiligheidsdienste, het in \u2019n verklaring op staatstelevisie bekend gemaak dat die twee verdagtes uit die Noord-Kaukasus \u00adkom. Hy wou geen ander besonderhede bekend maak nie. &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=30523\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Twee Moslemverdagtes vas vir Nemtsof-sluipmoord&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[13401,19806,19805,14647,2078,4954,19807],"class_list":["post-30523","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-batebestuur","tag-blogger","tag-nemtsof","tag-oekraiene","tag-rusland","tag-sluipmoord","tag-vanguard"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/30523","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=30523"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/30523\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=30523"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=30523"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=30523"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}