{"id":30487,"date":"2015-03-08T06:41:53","date_gmt":"2015-03-08T04:41:53","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=30487"},"modified":"2015-03-08T06:41:53","modified_gmt":"2015-03-08T04:41:53","slug":"moenie-afrikaans-die-skuld-gee","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=30487","title":{"rendered":"Moenie Afrikaans die skuld gee"},"content":{"rendered":"<p>Op bladsy 6 van \u200b<a title=\"\u2018S\u00f3 sal Afrikaans as leertaal oorleef\u2019\" href=\"http:\/\/www.netwerk24.com\/nuus\/2015-03-03-s-sal-afrikaans-as-leertaal-oorleef\" target=\"_blank\">Die Burger van 3\u2009Maart<\/a> word prof. Wannie Carstens aangehaal as sou hy ges\u00ea het: \u201cOns moenie vergeet dat Afrikaans baie foute in die verlede gemaak het nie.\u201d<\/p>\n<p>Ek hoop van ganser harte dat hy verkeerd aangehaal is of dat dit nie is wat hy eintlik wou s\u00ea nie. As dit egter korrek is dat hy dit ges\u00ea het, moet ek, met alle respek aan my vriend en oud-Taalkommissie-kollega, s\u00ea dat dit die louterste onsin is. Die taal Afrikaans kan nie \u201cfoute maak\u201d nie.<\/p>\n<p>Dit is juis sulke stellings \u2013 veral komende van iemand wat vanwe\u00eb sy (in die berig genoemde) verbintenis met die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, wat reeds meer as \u2019n eeu lank Afrikaans bevorder en help standaardiseer, en vanwe\u00eb sy publikasies, hoogleraarskap en gereelde radio-onderhoude deur \u2019n groot deel van die Afrikaanssprekende gemeenskap waarskynlik as \u2019n gesaghebbende beskou word \u2013 wat meehelp dat die \u201cgemeenskap\u2009.\u2009.\u2009. sy vertroue in die taal verloor het\u201d.<\/p>\n<p>As \u2019n mens so \u2019n beskuldiging wil maak, moet jy die baba op sy naam noem. S\u00ea dan dat dit die SA Akademie deur sy optrede of sy Taalkommissie deur sy wyse van standaardisering van die ortografie van Afrikaans in die 10 verskene uitgawes van die Afrikaanse Woordelys en Spelre\u00ebls was. Of dalk was dit die taalstryders van ouds, of die eertydse NP, of die destydse Afrikaner-Broederbond of al die wit Afrikaanssprekendes wat al die vermeende foute gemaak het. Of die FAK of die ATKV of woordeboekmakers of terminologieskeppers. Wie ook al die foute sou gemaak het waarna die polities korrekte vingers deesdae so dikwels gewys word, noem hulle, maar moenie die taal die sondaar maak nie. Of was dit altemit Engels wat die vroue en kinders en bejaardes (van watter ras ook al) tydens die ABO in die konsentrasiekampe laat sterf het? Of Duits wat die Sjoa gepleeg het? Of Frans wat in die Napoleontiese oorlo\u00eb Rusland binnegeval het? Of Arabies wat gyselaars onthoof?<\/p>\n<p>Dit is tog onsin. Dit is mense wat \u2019n bepaalde lewensbeskouing het of \u2019n bepaalde beleid aanhang of bepaalde doelstellings het en toevallig \u2019n taal soos Afrikaans, Engels, Duits, Frans of wat ook al praat wat die \u201cfoute maak\u201d. En dalk maak hulle foute in of met of ten opsigte van die taal, maar dit is gewis nie die taal se foute nie.<\/p>\n<p>Gelukkig weet ek dat Carstens waarskynlik nie bedoel het wat hy glo ges\u00ea het nie; maar mense met sy agtergrond moet hul woorde dalk \u2019n bie\u00adtjie beter tel. Afrikaans as volwaardige kultuurtaal is onder genoeg druk om nog die skuld gegee te word vir foute wat mense wie se (moeder)taal dit is, dalk gemaak het.<\/p>\n<p>Tom McLachlan, Onrusrivier<\/p>\n<p><em>McLachlan is &#8216;n vorige ondervoorsitter van die Akademie se Taalkommissie<\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Op bladsy 6 van \u200bDie Burger van 3\u2009Maart word prof. Wannie Carstens aangehaal as sou hy ges\u00ea het: \u201cOns moenie vergeet dat Afrikaans baie foute in die verlede gemaak het nie.\u201d Ek hoop van ganser harte dat hy verkeerd aangehaal is of dat dit nie is wat hy eintlik wou s\u00ea nie. As dit egter &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=30487\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Moenie Afrikaans die skuld gee&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86,11],"tags":[167,9970,8330,11705,19783,11528],"class_list":["post-30487","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c77-briewe","category-s7-menings","tag-afrikaans","tag-atkv","tag-fak","tag-sa-akademie","tag-taalkommissie","tag-wannie-carstens"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/30487","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=30487"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/30487\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=30487"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=30487"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=30487"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}