{"id":30478,"date":"2015-03-06T07:59:13","date_gmt":"2015-03-06T05:59:13","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=30478"},"modified":"2015-03-06T07:59:13","modified_gmt":"2015-03-06T05:59:13","slug":"namibiese-plaasmoord-verdagtes-vas","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=30478","title":{"rendered":"Namibiese plaasmoord: Verdagtes vas"},"content":{"rendered":"<p>Vyf swart mans wat van die moord op mnr. Reinhard Schmidt op die Namibi\u00eb Hoodia Jagplaas verdink word, is Dinsdagaand in Windhoek in hegtenis geneem, het die Republikein berig.<\/p>\n<p>Hoofinspekteur Samuel Gariseb van die Mariental-polisie het gister ges\u00ea die vermeende misdadigers sal vandag na Kalkrand vervoer word waar die ondersoek na die moord voortduur.<\/p>\n<p>Gariseb kon egter nie gister die name van die verdagtes verstrek nie, maar het ges\u00ea drie van die swartes het vermoedelik by Schmidt se huis ingebreek, terwyl die ander twee in \u2019n motor vir hulle gewag het.<\/p>\n<p>Van die items wat hulle uit Schmidt se huis gesteel het, is intussen gevind en die ander items is vermoedelik reeds verkoop.<\/p>\n<p>Schmidt, \u2019n Duitse burger en eienaar van die jagplaas buite Kalkrand, is verlede Vrydag\u00adoggend dood in sy huis aangetref met sy hande agter sy rug vasgemaak en sy mond en neus met kleefband toegeplak. Die nadoodse ondersoek is nog nie voltooi nie, maar Schmidt het vermoedelik versmoor.<\/p>\n<p>Die mans is vyf dae n\u00e1 die moord in hegtenis geneem, nadat die polisie en bestuur van die jagplaas met \u2019n onverpoosde ondersoek die Vrydag begin het.<\/p>\n<p>\u201cOns is baie dankbaar vir al die hulp en ondersteuning wat ons van die Kalkrand-polisie, plaasbure en die gemeenskap van \u00adKalkrand en Schlip gekry het,\u201d het Schmidt se dogter, dr. Anja Huppertz, Donderdag ges\u00ea.<\/p>\n<p>\u201cDie een positiewe ding uit hierdie tragedie is die besef dat daar werklik \u2019n gemeenskap van wit en swart bestaan wat saamstaan om die land te ontwikkel en sy wettigheid te verseker.\u201d<\/p>\n<p>Huppertz en haar ma, me. Gudrun Schmidt, het van Duitsland na Namibi\u00eb gevlieg n\u00e1 die nuus van die moord. Huppertz s\u00ea haar ouers het 40 jaar gelede Namibi\u00eb besoek en omdat hulle lief vir die land geword het, wou hulle nog altyd \u2019n plaas hier koop. Schmidt was die eienaar van die Reinhard Schmidt Lennestadt RSL GmbH maatskappy in Duitsland wat die hoofverskaffer van plastiese en metaalinspuiters vir General Motors, Volkswagen, Ford en tot \u2019n minder mate BMW was. Die maatskappy het ook produksieaanlegte in Spanje, Portugal en Kanada gehad.<\/p>\n<p>Schmidt word Maandag op die plaas begrawe.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vyf swart mans wat van die moord op mnr. Reinhard Schmidt op die Namibi\u00eb Hoodia Jagplaas verdink word, is Dinsdagaand in Windhoek in hegtenis geneem, het die Republikein berig. Hoofinspekteur Samuel Gariseb van die Mariental-polisie het gister ges\u00ea die vermeende misdadigers sal vandag na Kalkrand vervoer word waar die ondersoek na die moord voortduur. Gariseb &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=30478\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Namibiese plaasmoord: Verdagtes vas&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[19774,5227,19699,6831,7298,9086],"class_list":["post-30478","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-duitser","tag-duitsland","tag-jagplaas","tag-namibie","tag-plaasaanval","tag-plaasmoord"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/30478","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=30478"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/30478\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=30478"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=30478"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=30478"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}