{"id":30305,"date":"2015-02-24T07:44:49","date_gmt":"2015-02-24T05:44:49","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=30305"},"modified":"2015-02-24T07:44:49","modified_gmt":"2015-02-24T05:44:49","slug":"namibiese-ng-sinode-se-nee-vir-belhar","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=30305","title":{"rendered":"Namibiese NG sinode s\u00ea nee vir Belhar"},"content":{"rendered":"<p>Die sinode van die NG Kerk in Namibi\u00eb het Saterdag \u2019n buitengewone\u00ad vergadering gere\u00ebl om die wysiging van artikel 1 van die Kerkorde te bespreek \u00e9n om daaroor te stem.<\/p>\n<p>Di\u00e9 wysiging is egter nie deur die sinode aanvaar nie, het die Republikein berig.<\/p>\n<p>Die voorgestelde wysiging van artikel 1 is daarop gemik om die belydenisgrondslag\u00ad van die NG Kerk te verbreed. Di\u00e9 wysiging sal dus gemeentes\u00ad die ruimte gun om die Belydenis\u00ad van Belhar as \u2019n opsionele\u00ad vierde belydenisskrif in hul eie gemeentes\u00ad te aanvaar of nie.<\/p>\n<p>Die Belydenis van Belhar is \u2019n belydenisskrif\u00ad met eenheid, versoening\u00ad en geregtigheid as kerntemas\u00ad, om die destydse\u00ad Nederduits-\u00adGereformeerde Sending\u00adkerk\u00ad in Suid-Afrika se protes teen apartheid te verwoord. <\/p>\n<p>Die voorgestelde\u00ad wysiging\u00ad van artikel 1 \u00ad beteken ni\u00e9 dat alle gemeentes\u00ad Belhar onvoorwaardelik\u00ad moet aanvaar nie. Die besluit wat die lede van die Namibiese\u00ad sinode dus Saterdag\u00ad in die gesig gestaar het, is of hulle die ruimte vir ander gemeentes\u00ad gun om die Belydenis\u00ad van Belhar te aanvaar.<\/p>\n<p>Die voorgestelde wysiging van artikel 1 lees as volg:\u201cDie Belydenis\u00ad van Belhar is deel van die belydenis\u00adgrondslag van die Kerk, op so \u2019n wyse dat daar ruimte is vir lidmate, ampsdraers\u00ad en vergaderinge\u00ad wat dit as in ooreenstemming\u00ad met die Woord van God bely, sowel as vir lidmate, ampsdraers\u00ad en vergaderinge\u00ad wat dit nie as \u2019n belydenisskrif onderskryf\u00ad nie.\u201d<\/p>\n<p>Volgens \u2019n verklaring van die moderamen\u00ad (bestuur van die sinode) van die NG Kerk in Namibi\u00eb het die sinode reeds in 2006 tot die ooreenkoms\u00ad gekom dat die inhoud van Belhar \u201cin ooreenstemming\u00ad is met die Skrif\u201d en dat dit ook ooreenstem\u00ad met die \u201croepingverklaring\u00ad van die NG Kerk in Namibi\u00eb\u201d.<\/p>\n<p>Die uitslag van die stemproses\u00ad was egter vir sommige lede \u2019n bitter pil om te sluk. Alhoewel 58% van die lede van die sinode ten gunste van die wysiging\u00ad gestem het, het die Algemene\u00ad Sinode, \u2019n tweederdemeerderheid\u00ad\u00ad nodig om voort te gaan met die stemproses\u00ad.<\/p>\n<p>Die Algemene Sinode word gevorm deur 10 sinodes, waarvan Namibi\u00eb een is; die ander nege sinodes is in Suid-Afrika. Om artikel 1 te wysig, moet elke sinode met \u2019n tweederdemeerderheid\u00ad ten gunste daarvan stem. Dus, as daar slegs een sinode is wat nie \u2019n tweederde\u00admeerderheid \u201cja-stem\u201d verkry nie, kan die wysiging nie gedoen word nie. Twee-derdes\u00ad\u00ad van alle gemeentes\u00ad moet ook ten gunste van die wysinging\u00ad stem vir die wysiging\u00ad \u00adom goedgekeur te word. Op sinodale\u00ad vlak stem elke afgevaardigde\u00ad as individu\u00ad, onafhanklik van sy of haar gemeente\u00ad se besluit.<\/p>\n<p>Volgens dr. Kobus Gerber, die hoofsekretaris van die NG Kerk, sal die stemproses in ander nege sinodes w\u00e9l voortgaan, aangesien dit belangrik\u00ad is dat die \u201ckerk hom in die geheel kan uitdruk\u201d.<\/p>\n<p>Prof. Nelus Niemandt, moderator\u00ad van die NG Kerk, het ook die buitengewone\u00ad vergadering bygewoon\u00ad. <\/p>\n<p>Volgens hom het dit al voorheen by ander stemprossese\u00ad gebeur dat daar nie \u2019n tweederdemeerderheid behaal is nie, maar daar later weer gestem word.<\/p>\n<p>Die moderator van die Namibiese\u00ad sinode, ds. Pine Pienaar, het nadat die uitslag van die stemproses bekend gemaak is, dit sterk benadruk dat daar verdere gesprekke op \u2019n strukturele\u00ad \u00e9n persoonlike vlak moet plaasvind vir die sinode om saam \u2019n werkbare voorstel\u00ad te vind.<\/p>\n<p>Volgens Pienaar is die kwessie van Belhar nie nou \u201cvan die tafel af\u201d net omdat die sinode \u201cnee\u201d gestem het nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die sinode van die NG Kerk in Namibi\u00eb het Saterdag \u2019n buitengewone\u00ad vergadering gere\u00ebl om die wysiging van artikel 1 van die Kerkorde te bespreek \u00e9n om daaroor te stem. Di\u00e9 wysiging is egter nie deur die sinode aanvaar nie, het die Republikein berig. Die voorgestelde wysiging van artikel 1 is daarop gemik om die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=30305\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Namibiese NG sinode s\u00ea nee vir Belhar&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5],"tags":[10663,6831,19654,9539,19653],"class_list":["post-30305","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus","tag-belhar","tag-namibie","tag-nederduits-gereformeerde-sendingkerk","tag-ng-kerk","tag-sinode"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/30305","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=30305"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/30305\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=30305"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=30305"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=30305"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}