{"id":3028,"date":"2008-10-07T04:02:52","date_gmt":"2008-10-07T04:02:52","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=3028"},"modified":"2008-10-07T04:02:52","modified_gmt":"2008-10-07T04:02:52","slug":"beheptheid-met-ras-raak-absurd","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=3028","title":{"rendered":"Beheptheid met ras raak absurd"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p>Dreigemente van die Noordwes-universiteit dat hy die betrokke student of studente dissiplin&ecirc;r gaan verhoor, dra by tot die Middeleeuse atmosfeer wat reeds in die land heers rondom enigiets wat met ras of rassisme te make het. Herhaalde heksejagte op kampusse ten einde studente polities korrek en onderdanig te maak, onderdruk vrye debat en meningsvorming. <\/p>\n<p>Trouens, daar was by verre meer akademiese vryheid onder apartheid toe die linkse Engelstalige universiteite vry was om te s&ecirc; wat hulle wil, Marx en Lenin te behandel, revolusie te predik en oor die algemeen die Afrikanerhaat wat tot onlangs endemies onder lede van Suid-Afrika se Engelse elite teenwoordig was, te laat botvier.<\/p>\n<p>Spraakvryheid in die land en op kampusse word toenemend bedreig deur kleinlike, histrioniese reaksies op soms moedswillige, meer dikwels skadelose of satiriese uitlatings deur jong blanke studente wat uiting aan hul frustrasies gee oor rassevoorkeure in die werkplek en kwotastelsels vir studie.<\/p>\n<p>Terwyl die Suid-Afrikaanse media &#39;n skuim-om-die-mond-drif vertoon telkens wanneer daar &#39;n sweem van anti-swart rassisme op die horison verskyn, is dit veelseggend dat die veel groter en langduriger groepe op Facebook ge&iuml;gnoreer word waarin daar etniese haat teen Afrikaans en Afrikaners uitgespuug word.<\/p>\n<p>Suid-Afrika het &#39;n land geword wat sinoniem is met geweld, waar moord, roof en verkragting alledaags is. In die huidige bestel word taalregte en die kulturele identiteit van miljoene burgers daagliks vertrap.<\/p>\n<p>Hierdie rampokkerrepubliek baai in sy wetteloosheid en immoraliteit soos die spreekwoordelike vark in modder! Is dit daarom nie ironies dat &#39;n land wat so gevoelloos staan teenoor die mees basiese regte van sy burgers &#8211; soos die reg op lewe of op eiendom &#8211; so &#39;n oordrewe gevoeligheid vir woorde met &#39;n rassekonnotasie openbaar nie?<\/p>\n<p>Terwyl die euwel van onkiese of politiek onkorrekte taalgebruik met fanatiese ywer deur ons moderne inkwisiteurs of geloofsregters bestry word, is &#39;n hele beskawing besig om te vergaan.<\/p>\n<p>Dat die hedendaagse student homself in kru taal met spelfoute uitdruk, is tog die verlangde resultaat van Kader Asmal se uitkomsgebaseerde onderwys, nie waar nie? Ook die bier- en sekskultuur waarmee Afrikaanse universiteitshoofde vandag hul studente bedwelm sodat hulle nie vrae vra oor die groteske onreg wat daar vandag teen die Afrikaner en Afrikaans gepleeg word nie, verklaar die onvermo&euml; van baie jongmense om hulself anders as kru uit te druk.<\/p>\n<p>Hoeveel sulke onbenullige insidente waar &#39;n dronk of (minder waarskynlik) nugter student &#39;n taboewoord of -uitdrukking gebruik en agterna die seweuurnuus haal, gaan daar nog wees voordat die absurditeit daarvan tot ons deurdring?<\/p>\n<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\/creature-from-the-black-lagoon\/\">lagoon game<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blog.bnkomi.ru\/post-34799\/\">\u0434\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u044e\u0440\u0456\u0439 \u0425\u0430\u0440\u043a\u0456\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/roodt_dan4.jpg\" width=\"120\" height=\"164\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>Die jongste voorval van studentepret toe een of meer Potchefstroomse studente &#39;n Facebook-groep met die woord &quot;houtkop&quot; daarin begin het, is &#8211; soos in die Reitzvideogeval &#8211; met uitroepe van verontwaardiging en morele meerderwaardigheid begroet.<\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[2920,154,21092],"class_list":["post-3028","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt","tag-beheptheid-met-ras-raak-absurd","tag-dan-roodt","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/3028","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=3028"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/3028\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=3028"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=3028"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=3028"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}