{"id":30260,"date":"2015-02-23T07:25:33","date_gmt":"2015-02-23T05:25:33","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=30260"},"modified":"2015-02-23T08:06:45","modified_gmt":"2015-02-23T06:06:45","slug":"luderitz-ontstoke-oor-naamsvernadering","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=30260","title":{"rendered":"L\u00fcderitz ontstoke oor naamsverandering"},"content":{"rendered":"<p> \u201cHulle kan die dorp se naam verander soos hulle wil; ons sal &#8216;Buchters&#8217; bly,\u201d was die algemene gevoel oor die moontlike naamsverandering wat L\u00fcderitz mag tref.<\/p>\n<p>Wit en swart inwoners wat met Republikein gesels het, is uiters ongelukkig oor die nuwe poging vir \u2019n naamsverandering en s\u00ea hulle was nie deur die dorpsraad oor die kwessie geraadpleeg nie.<\/p>\n<p>Die Rally for Democracy and Progress (RDP) se voormalige raadslid op die dorpsraad en lid van die L\u00fcderitz Erfenisraad, mnr. Reginald Hercules, het gister ges\u00ea inwoners het reeds in 2013 met pres. Hifikepunye Pohamba se aankondigings oor verskeie naamsveranderinge, dit duidelik gemaak dat hulle nie die dorp se naam verander wil h\u00ea nie.<\/p>\n<p>\u201c\u2019n Petisie met honderde handtekeninge van beswaar was aan die burgemeester, me. Susan Ndjaleka, oorhandig. Sy is bewus van die gevoelens van die gemeenskap,\u201d het Hercules ges\u00ea.<\/p>\n<p>\u201cAs die nuwe naam op ons afgedwing gaan word, is ons volgende stap om dit in die hof te beveg,\u201d het n\u00f3g \u2019n lid van die Erfenisraad wat verkies om anoniem te bly, bygevoeg.<\/p>\n<p>Inwoners is ook ongelukkig omdat die kennisgewing van vergaderings met verskeie sektore op die dorp oor die kwessie slegs twee dae voor die tyd uitgereik is. Baie s\u00ea ook hulle is onseker oor die oorsprong van die hernude poging om die naam te verander.<\/p>\n<p>\u201cMense is bitterlik ontstoke,\u201d het \u2019n bekende sakepersoonlikheid op die dorp ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die voorsitter van die voormalige L\u00fcderitzbucht-stigting, s\u00ea hy is \u201ctotaal en al negatief\u201d oor die nuwe verwikkeling.<\/p>\n<p>\u201cEk dink dit is baie hartseer dat die kwessie s\u00f3 hanteer word. Ons weet nie wie agter hierdie veldtog is nie. Ons weet nie waar dit vandaan kom nie. Hoekom is dit nou so belangrik? Wie het hierdie gesprek begin? Ek dink buitestanders het dit begin. Ek glo nie \u2019n &#8216;Buchter&#8217; sou dit begin nie. Dit lyk asof die nuwe naam op ons afgedwing gaan word. Dit getuig van diktatorskap,\u201d het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p>Ndjaleka wou gister geen kommentaar lewer nie, omdat sy die hele dag in vergaderings was. Haar kantoor het teen druktyd ook nog nie op vrae geantwoord nie. Daar is dus geen duidelikheid oor die oorsprong van die nuwe poging nie.<\/p>\n<p>Gerugte loop egter die dorp vol dat Ndjaleka \u201cen haar raadslede\u201d die naamsveranderingsproses begin het.<\/p>\n<p>Hoofman David Fredericks van die Soromaas tradisionele owerheid op Bethanie het oorspronklik in 2010 !Nami#n\u00fbs as \u2019n naam vir L\u00fcderitz voorgestel. Die kiesafdeling is egter in 2013 so vernoem en die dorp se naam het onveranderd gebly.<\/p>\n<p>Fredericks het gister ges\u00ea sy \u201caanvanklike standpunt\u201d was egter dat die dorp se naam as sodanig moes verander het.<\/p>\n<p>Hy het ges\u00ea hy het sedertdien met die dorpsraad vergaderings oor die kwessie, ook di\u00e9 van gister, gehad.<br \/>\nVan die inwoners met wie Republikein gepraat het, het ges\u00ea Fredericks het by die eerste vergadering met skoolhoofde prontuit ges\u00ea die naam sal verander word. Ander het weer ges\u00ea hy het gepraat oor die oorsprong van die name L\u00fcderitz en !Nami#n\u00fbs. Fredericks wou gister egter nie s\u00ea wat sy bydrae op die vergaderinge was nie.<\/p>\n<p>\u201cAs daar dan geskiedkundige oorwegings vir die naamsverandering is, hoekom kan die dorp nie weer Angra Pequena genoem word nie?\u201d het een inwoner gevra.<\/p>\n<p>Angra Pequena is die naam wat die Portugese seevaarder Bartolomias Dias wat in 1487 op die suidelike kus geland het, die gebied genoem het.<\/p>\n<p>\u201cEk dink nie die oorwegings vir die nuwe naamsverandering is op feite gebaseer nie,\u201d het stigting ges\u00ea.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cHulle kan die dorp se naam verander soos hulle wil; ons sal &#8216;Buchters&#8217; bly,\u201d was die algemene gevoel oor die moontlike naamsverandering wat L\u00fcderitz mag tref. Wit en swart inwoners wat met Republikein gesels het, is uiters ongelukkig oor die nuwe poging vir \u2019n naamsverandering en s\u00ea hulle was nie deur die dorpsraad oor die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=30260\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;L\u00fcderitz ontstoke oor naamsverandering&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[19616,19615,19618,11307,5478,6831,19617],"class_list":["post-30260","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-angra-pequena","tag-diktator","tag-historiese-feite","tag-luderitz","tag-naamsverandering","tag-namibie","tag-raadpleging"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/30260","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=30260"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/30260\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=30260"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=30260"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=30260"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}