{"id":30187,"date":"2015-02-18T08:02:08","date_gmt":"2015-02-18T06:02:08","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=30187"},"modified":"2015-02-18T08:02:08","modified_gmt":"2015-02-18T06:02:08","slug":"grondkwessie-in-swakopmund-raak-warm","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=30187","title":{"rendered":"Grondkwessie in Swakopmund raak warm"},"content":{"rendered":"<p>Ontevredenheid onder inwoners\u00ad van informele nedersettings\u00ad op Swakopmund\u00ad in Namibi\u00eb het Maandag kookpun\u00adt bereik toe sowat 20 plakkershuise\u00ad plek moes maak vir die regering se massabehuisingskema\u00ad, het die Republikein berig.<\/p>\n<p>Inwoners van die DRC informele\u00ad nedersetting het selfs gedreig om weens gedwonge uitsettings die reg in eie hande te neem.<\/p>\n<p>Die probleme in Swakopmund\u00ad hou klaarblyklik nie verband met die afgelope\u00ad naweek se onwettige besetting\u00ad van munisipale\u00ad grond in \u2019n ander deel van die Mondesa-\u00adwoonbuur\u00adt nie. <\/p>\n<p>\u2019n Klein groepie grond- en huislose\u00ad inwoners het begin om \u2019n onontwikkelde\u00ad blok woonpersele\u00ad te beset, maar n\u00e1 die inhegtenisneming\u00ad van hul leiers is die onwettige strukture afgebreek en die perseel is ontruim.<\/p>\n<p>Maandag het \u2019n amptelike struktuur\u00ad van die hervestigingsprogram, die Democratic Resettlement Community\u00ad Concern Group Association\u00ad (DRCCGA), in groot getalle in verset getree teen hul verskuiwing en die afbreek van hul huise.<\/p>\n<p>Dit is nadat konstruksiewerkers van die Power Oyeno Construction\u00ad groep van maatskappye begin het om die fondasies van die nuwe huise ooreenkomstig die massabehuisingskema\u00ad te grawe.<\/p>\n<p>Power Oyeno is verantwoordelik\u00ad vir die bou van altesaam 2 034 huise teen \u2019n totale koste van N$583 miljoen op Swakopmund.<\/p>\n<p>Die projekbestuurder, mnr. Gerry Munyama, was gister duidelik\u00ad onkant betrap deur die protesoptrede\u00ad. Hy het aan verslaggewer\u00ads verduidelik dat die perseel geoogmerk is vir die behuisingskema\u00ad en dat slegs die Nasionale\u00ad Behuisingsonderneming\u00ad en die plaaslike munisipalitei\u00adt antwoorde\u00ad oor die mense se ontevredenheid\u00ad kan verstrek.<\/p>\n<p>Volgens die voorsitter van die DRCCGA, mnr. David Nghiimbwasha,\u00ad moet sy mense egter nou plek maak vir di\u00e9 huise sonder enige waarborge dat hulle vir di\u00e9 huise in aanmerking kan kom.<\/p>\n<p>Hy het verskeie briewe aan Republikein\u00ad \u00adbeskikbaar gestel waarin sy vereniging onder meer \u2019n regsmening oor die gedwonge uitsettings\u00ad ingewin het.<\/p>\n<p>Die munisipaliteit van Swakopmund\u00ad het egter reeds op 29 April 2013 \u2019n formele kennisgewing\u00ad aan inwoners van die buurt gestuur waarin hulle gewaarsku word met uitsetting indien verdere onwettige\u00ad strukture opgerig word.<\/p>\n<p>\u201cGeen verdere onwettige bouwerk sal geduld word en oortreders\u00ad sal deur wetstoepassers\u00ad van die grond verwyder\u00ad word,\u201d lui die omsendbrie\u00adf deur die hoofbestuurder\u00ad van gemeenskapsontwikkeling\u00ad.<\/p>\n<p>In antwoord daarop het die vereniging\u00ad skriftelik by die minister\u00ad van streek- en plaaslike owerhede\u00ad, behuising en landelike ontwikkeling\u00ad, genl.maj. (afgetree\u00ad) Charles Namoloh, aansoek gedoen dat hulle as inwoners van die buurt die totale woonbuurt by die munisipalitei\u00adt wil uitkoop.<\/p>\n<p>\u2019n Afskrif van die aansoek is op 15 September verlede jaar ook by die munisipaliteit ingehandig.<\/p>\n<p>\u201cHierdie grond behoort aan DRC Village 110. Ons was die eerste mense hier en nou word ons nie eens geken in die saak nie. Ons sal nie toelaat dat hulle voortgaan nie, daar moet eers \u2019n oplossing gevind word,\u201d het Nghiimbwasha ges\u00ea.<\/p>\n<p>Volgens hom het hy self die polisie in kennis gestel van die gespanne\u00ad toestand in die buurt omdat vrese bestaan het dat geweld kan uitbreek\u00ad.<\/p>\n<p>Sowat twee ure later het die burgemeester\u00ad van Swakopmund, mnr. Juuso Kambueshe, opgedaag en met die volle komitee van die vereniging vergader.<\/p>\n<p>Later het die uitvoerende hoof, mnr. Eckart Demasius, met sy eie afvaardiging\u00ad ook opgedaag.<\/p>\n<p>Wat bespreek is en besluite wat geneem is, is nie bekend nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ontevredenheid onder inwoners\u00ad van informele nedersettings\u00ad op Swakopmund\u00ad in Namibi\u00eb het Maandag kookpun\u00adt bereik toe sowat 20 plakkershuise\u00ad plek moes maak vir die regering se massabehuisingskema\u00ad, het die Republikein berig. Inwoners van die DRC informele\u00ad nedersetting het selfs gedreig om weens gedwonge uitsettings die reg in eie hande te neem. Die probleme in Swakopmund\u00ad hou &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=30187\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Grondkwessie in Swakopmund raak warm&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[5809,14222,19554,6875,6831,19555],"class_list":["post-30187","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-behuising","tag-grondbesetters","tag-grondkwessie","tag-lokasie","tag-namibie","tag-swakopmund"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/30187","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=30187"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/30187\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=30187"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=30187"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=30187"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}