{"id":30144,"date":"2015-02-16T09:16:03","date_gmt":"2015-02-16T07:16:03","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=30144"},"modified":"2015-02-17T17:27:51","modified_gmt":"2015-02-17T15:27:51","slug":"terreuraanval-ruk-deense-hoofstad","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=30144","title":{"rendered":"Terreuraanval ruk Deense hoofstad"},"content":{"rendered":"<p>In nog \u2019n beweerde terreuraanval in die Deense hoofstad Kopenhagen, is twee mense dood en vyf polisiebeamptes in twee verskillende skietvoorvalle beseer wat slegs ure namekaar plaasgevind het.<\/p>\n<p>Die eerste voorval het omstreeks 16:00 Saterdag by die Krudttoenden kultuursentrum plaasgevind en die tweede gister n\u00e1 middernag by \u2019n sinagoge .<\/p>\n<p>Dit het vrese na vore gebring van nog \u2019n terreurvlaag in \u2019n Europese hoofstad nadat 17 mense in Parys \u2019n maand gelede vermoor is.<\/p>\n<p>Die polisie kon nie s\u00ea of die skietery by die kultuursentrum en voor die sinagoge met mekaar verband hou nie, maar dat dit nie uitgesluit kan word nie.<\/p>\n<p>Twee ure later het die polisie aangekondig dat hulle \u2019n man by \u2019n trein\u00adstasie doodgeskiet het nadat die man op hulle begin skote vuur het. Hulle ondersoek of die voorval met die ander twee voorvalle verband hou.<\/p>\n<p>Volgens die polisie se verklaring het die skietery plaasgevind nadat hulle \u2019n adres naby die stasie onder observasie geplaas het. Geen polisielede is in die voorval beseer nie.<\/p>\n<p>Die polisie het &#8216;n klopjag uitgevoer op &#8216;n internetkafee naby aan waar die verdagte geskiet is. Hoewel die polisie glo dat hy alleen opgetree het, probeer hulle bepaal of hy enige medepligtiges gehad het<\/p>\n<p>Die Deense polisie het ges\u00ea in die eerste voorval het die skieter \u2019n outomatiese geweer gebruik om deur die vensters van die sentrum te skiet. Tydens die skietery was \u2019n paneelbespreking oor die vryheid van spraak aan die gang.<\/p>\n<p>\u2019n Man (55) wat die geleentheid bygewoon het, is dood en drie polisielede is beseer. Twee lede het aan die Deense sekuriteitsmaatskappy, PET, ges\u00ea die omstandighede van die voorval \u201cdui aan dat ons praat van \u2019n terreuraanval\u201d.<\/p>\n<p>Die skieter het in \u2019n gekaapte voertuig van die toneel gevlug. Die voertuig is later \u2019n paar kilometer van die toneel gevind.<\/p>\n<p>\u2019n Sweedse kunstenaar, Lars Vilks (68), wat al ver\u00adskeie doodsdreigemente in die gesig moes staar vir spotprente oor die profeet Mohammed, was een van die hoofsprekers by die geleentheid. Die naam van die geleentheid was &#8220;Kuns, laster en die vryheid van uitdrukking&#8221;. Hy is deur sy lyfwagte weggeneem en het geen beserings opgedoen nie. Vilks het later vir die nuusagentskap AP vertel hy glo hy was die teiken gewees. \u201cWatter ander motief kan daar wees? Dit is moontlik dat dit deur Charlie Hebdo ge\u00efnspireer is,&#8221; het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die polisiewoordvoerder, Joergen Skov, het ges\u00ea dit is moontlik dat die skieter beplan het om die omstandighede van Charlie Hebdo te herhaal. Nadat die polisie vir ure na die eerste skieter gesoek het, het hulle gerapporteer daar is \u2019n tweede skietery in \u2019n ander deel van die stad.<\/p>\n<p>Wadsworth-Hansen het ges\u00ea die skieter het skote op twee polisiebeamptes buite \u2019n sinagoge gevuur. Hulle is in die arms en bene gewond, maar dit is nie lewensgevaarlik nie. \u2019n Lid van die gemeenskap het wel sy lewe verloor.<\/p>\n<p>Die polisie beskryf die skieter van die eerste voorval as \u2019n man tussen 25 en 30 jaar oud, atleties gebou en hy het \u2019n swart outomatiese geweer gehad. Hulle het \u2019n dowwe foto vrygestel an die verdagte geklee in donker klere en \u2019n serp wat sy gesig bedek.<\/p>\n<p>Met besoek aan die toneel na die eerste skietery het die Deense premier, Helle Thorning-Schmidt, dit \u201cn politiese aanval en dus \u2019n terreuraanval\u201d genoem.<\/p>\n<p>Die Franse minister van binnelandse sake, Bernard Cazeneuve, het gister in Kopenhagen geland.<\/p>\n<p>Die polisie in Denemarke het intussen minstens twee verdagtes in hegtenis geneem.<\/p>\n<p>Moslemleiers in Denemarke het intussen die aanvalle veroordeel. Hulle s\u00ea die meeste Moslems respekteer die Deense samelewing.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In nog \u2019n beweerde terreuraanval in die Deense hoofstad Kopenhagen, is twee mense dood en vyf polisiebeamptes in twee verskillende skietvoorvalle beseer wat slegs ure namekaar plaasgevind het. Die eerste voorval het omstreeks 16:00 Saterdag by die Krudttoenden kultuursentrum plaasgevind en die tweede gister n\u00e1 middernag by \u2019n sinagoge . Dit het vrese na vore &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=30144\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Terreuraanval ruk Deense hoofstad&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[19152,10101,5361,7890,5090,7829],"class_list":["post-30144","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-charlie-hebdo","tag-denemarke","tag-islam","tag-kopenhagen","tag-moslem","tag-terreur"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/30144","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=30144"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/30144\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=30144"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=30144"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=30144"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}