{"id":30091,"date":"2015-02-12T10:29:46","date_gmt":"2015-02-12T08:29:46","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=30091"},"modified":"2015-02-12T10:30:33","modified_gmt":"2015-02-12T08:30:33","slug":"ambulans-weier-hulp-in-jongste-namibiese-plaasaanval","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=30091","title":{"rendered":"Ambulans weier hulp in jongste Namibiese plaasaanval"},"content":{"rendered":"<p>&#8216;n Bejaarde egpaar is Woensdagoggend op hul plaas naby Hochfeld in Namibi\u00eb deur vier gewapende swart rowers aangeval, vasgebind, aangerand en beroof, het die Republikein berig.<\/p>\n<p>Die naaste ambulansdiens het egter hulp aan die wit egpaar geweier.<\/p>\n<p>Mnr. Gernot en me. Renate Zander, albei in hul sewentigs, van die plaas Monteith sowat 50 km suid van Hochfeld, was volgens hul buurvrou, me. Heike Kash, gisteroggend tussen middernag en eenuur aangeval.<\/p>\n<p>&#8220;Hulle was nog besig om TV te kyk, toe hulle \u2019n klop aan die deur hoor en aanvaar het dat dit hul plaaswerkers is. Vier gewapende mans het hul egter verras,&#8221; het Kash ges\u00ea.<\/p>\n<p>&#8220;Mnr. Zander is wreed aangerand en met \u2019n swaar ystervoorwerp op sy kop geslaan wat erg gebloei het. Hy is ook op sy rug geslaan wat baie seer is. Me. Zander is gewurg. Hulle was albei vasgebind,&#8221; vertel Kash.<\/p>\n<p>Me. Zander het gister in die vroe\u00eb oggendure met hul bakkie hulp by hul bure gaan soek nadat hul landlyntelefoon se drade uitgetrek en hul selfone gesteel is.<\/p>\n<p>&#8220;Sy beskryf die gewapende mans as een lange en drie kortes. Sy is ook nie seker wat alles gesteel is nie, maar \u2019n vuurwapen en hul selfone is weg,&#8221; s\u00ea Kash.<\/p>\n<p>&#8220;Die mans het aangedring op geld, maar daar was nie baie geld nie, net in hul beursies. Die Zanders is gedwing om hul kluis oop te sluit en die slaapkamer is omgedolwe.&#8221;<\/p>\n<p>Die polisie van Hochfeld en Okahandja was op die toneel. Ses verdagtes, van wie vier in die huis was, is nog op vrye voet. Die kommunikasiehoof van die polisie, adj.kom. Edwin Kanguatjivi, het die voorval bevestig.<\/p>\n<p>Volgens die polisie wou geen private of staatsambulans uitkom na die plaas nie. Mnr. Zander se dogter het met hom na \u2019n hospitaal in Windhoek gejaag waar hy steke vir sy wonde gekry het en X-strale geneem is.<\/p>\n<p>\u2019n Boer in die omgewing, mnr. Marius Basson, het aan Republikein ges\u00ea dit is die tweede keer in vier maande wat mense op plase in hul omgewing aangeval is. &#8220;Die Hammans (die bekende Afrikanerbeesboer, mnr. Eddie Hamman se ma en suster), ongeveer 30 km van ons af, is so vier maande gelede aangeval en die Zanders is 20 km van ons af.&#8221;<\/p>\n<p>Skaars minder as \u2019n maand gelede is nog \u2019n bejaarde egpaar in die Ooste aangeval. Mnr. Acker en me. Dorea von Moltke is op 18 Janaurie op hul plaas, Okatjombua, sowat 90 km noordoos van Gobabis op die pad na Summerdown, deur twee mans oorval, vasgebind en beroof. Mnr. Von Moltke, \u2019n bekende oudonderwyser, was erg aangerand.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Bejaarde egpaar is Woensdagoggend op hul plaas naby Hochfeld in Namibi\u00eb deur vier gewapende swart rowers aangeval, vasgebind, aangerand en beroof, het die Republikein berig. Die naaste ambulansdiens het egter hulp aan die wit egpaar geweier. Mnr. Gernot en me. Renate Zander, albei in hul sewentigs, van die plaas Monteith sowat 50 km suid &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=30091\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Ambulans weier hulp in jongste Namibiese plaasaanval&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[9213,1665,8728,6831,7298,16346,2261,5132],"class_list":["post-30091","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-ambulans","tag-geweld","tag-kluis","tag-namibie","tag-plaasaanval","tag-selfone","tag-volksmoord","tag-wapens"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/30091","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=30091"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/30091\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=30091"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=30091"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=30091"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}