{"id":30045,"date":"2015-02-11T07:34:11","date_gmt":"2015-02-11T05:34:11","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=30045"},"modified":"2015-02-11T07:34:11","modified_gmt":"2015-02-11T05:34:11","slug":"lyke-in-windhoekse-hospitaalsaal-gelaat","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=30045","title":{"rendered":"Lyke in Windhoekse hospitaalsaal gelaat"},"content":{"rendered":"<p>Die lyke van twee pasi\u00ebnte wat tydens hul opname in Saal 4 Wes in die Windhoek Sentrale Hospitaal op dieselfde dag gesterf het, is glo vir ure daarna steeds in hul onderskeie kamers tussen ander pasi\u00ebnte gelaat, voordat die liggame verwyder is. <\/p>\n<p>Volgens \u2019n voormalige pasi\u00ebnt is gordyne glo bloot rondom die oorledenes se beddens getrek om dit af te skort, het die Republikein berig.<\/p>\n<p>Die swart personeel se verweer was dat daar eenvoudig geen ander of nog plek is waar die lyke tydelik gestoor kan word, totdat \u2019n dokter die doodsertifikate\u00ad kan uitreik en dit verwyder\u00ad kan word nie.<\/p>\n<p>Die voormalige pasi\u00ebnt moes self die eerste twee aande van haar opname in die saal saam met agt ander vroue in die gang slaap, omdat kamers tot oorlopens toe vol was. Ook hier het matrasse met pasi\u00ebnte\u00ad gel\u00ea.<\/p>\n<p>Toe sy uiteindelik na \u2019n kamer oorgeplaas\u00ad het, het sy dit gedeel met \u2019n pasi\u00ebnt wat in \u2019n koma was.<\/p>\n<p>\u201cOns was drie in die kamer, ek op die bed, nog een wat op die vloer gel\u00ea het en die pasi\u00ebnt wat in \u2019n koma was\u201d.<br \/>\nLater sou een van die personeel aan haar s\u00ea dat die pasi\u00ebnt in die koma die middag beswyk het. Haar lyk was egter nie verwyder nie.<\/p>\n<p>\u201cOns het gaan kyk en daar l\u00ea sy tussen die ander pasi\u00ebnte\u00ad, die gordyne is net om die bed toegetrek\u00ad. Toe ek vra hoekom, toe s\u00ea \u2019n verpleegster\u00ad \u2018jy kan mos sien die hospitaal is vol, daar is geen ander plek om haar te sit nie\u2019\u201d.<\/p>\n<p>Op dieselfde dag het \u2019n ander pasi\u00ebnt gesterf wat ook in \u2019n koma in Saal 4 Wes was. Ook di\u00e9 pasi\u00ebnt het glo tot omstreeks 22:00 tussen ander pasi\u00ebnte\u00ad gel\u00ea totdat \u2019n dokter die doodsertifikate kon onderteken\u00ad en die lyke verwyder kon word.<\/p>\n<p>Volgens die voormalige pasi\u00ebnt is die stank ook ondraaglik.<\/p>\n<p>\u201cTerwyl die koma-pasi\u00ebnt nog by my in die kamer was, het sy al geruik. Elke keer as jy in die kamer instap, dan ruik jy dit. Ek kon nie eet nie, ons het maar met die vensters\u00ad oop geslaap\u201d.<\/p>\n<p>Sy het gebid dat sy nooit weer hoef terug te gaan nie. Want hier, s\u00ea sy \u201cgaan jy op jou twee voete in en kom jy op jou rug uit\u201d.<\/p>\n<p>\u201cEk het vir die Here gevra ek wil nooit weer soontoe gaan nie. Ek sterf eerder by die huis as om weer in daardie hospitaal te beland. Ek kry die volgende pasi\u00ebnt wat daar moet l\u00ea, baie jammer.\u201d<\/p>\n<p>Volgens haar moes sy voor haar voorafgere\u00eblde opname in Saal vier Wes eers vir toetse en X-strale na die Katutura-staatshospitaal gaan, voordat sy uiteindelik laat die aand in die Windhoek Sentrale Hospitaal\u00ad opgeneem is. Sy sou ook eers drie dae wag om \u2019n dokter te sien, haar l\u00eaer was weg en is sy nooit amptelik\u00ad opgeneem nie. Pasi\u00ebnte\u00ad moes mekaar maar help en ondersteun\u00ad.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die lyke van twee pasi\u00ebnte wat tydens hul opname in Saal 4 Wes in die Windhoek Sentrale Hospitaal op dieselfde dag gesterf het, is glo vir ure daarna steeds in hul onderskeie kamers tussen ander pasi\u00ebnte gelaat, voordat die liggame verwyder is. Volgens \u2019n voormalige pasi\u00ebnt is gordyne glo bloot rondom die oorledenes se beddens &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=30045\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Lyke in Windhoekse hospitaalsaal gelaat&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[10710,11779,18321,6831,19500,19499,17637],"class_list":["post-30045","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-hospitaal","tag-koma","tag-lyke","tag-namibie","tag-pasient","tag-swak-gesondheidsorg","tag-windhoek"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/30045","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=30045"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/30045\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=30045"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=30045"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=30045"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}