{"id":30031,"date":"2015-02-10T10:00:36","date_gmt":"2015-02-10T08:00:36","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=30031"},"modified":"2015-02-10T10:00:36","modified_gmt":"2015-02-10T08:00:36","slug":"innibos-se-redes-waarom-hulle-steve-nie-meer-nooi-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=30031","title":{"rendered":"Innibos se redes waarom hulle Steve nie meer nooi nie"},"content":{"rendered":"<p><em>In &#8216;n epos wat onlangs op Facebook geplaas is, verduidelik die bestuur van die Inniboskunstefees waarom Steve Hofmeyr nie meer by hul fees welkom is nie. Ons plaas dit hier omdat die inhoud eintlik vanself spreek. Nie net weerspreek dit die sogenaamde &#8220;grondwetlike waardes&#8221; waaroor al die polities korrektes so hoog opgee nie (meningsvryheid, artistieke vryheid), maar dit toon ook &#8216;n wanbegrip van waaroor musiek en kultuur uiteindelik gaan: &#8216;n bepaalde greep op die w\u00eareld wat noodwendig ook iewers &#8220;polities&#8221; gaan wees. D\u00edt waarvoor die linkses juis voorspraak maak, dat kuns &#8220;polities betrokke&#8221; moet wees, word deur die bestuur van die Innibosfees verbied!<\/em><\/p>\n<p>Renske du Preez se brief aan Innibos:<\/p>\n<p>Graag wil ek my teleurstelling bekend maak met die manier waarop julle kwansuis Afrikaans en die kultuur bevorder.<br \/>\nSteve was goed genoeg toe julle \u2018n onbekende fees was. Afrikanerondersteuning het julle \u201cop die map\u201d gesit, en nou dat julle \u2018n groot fees is, maak julle soos enige tiener, pa en ma se ondersteuning is nie meer nodig nie, ons sal op ons eie regkom.<\/p>\n<p>Jammer dat julle soos die tieners, julle lesse op die harde manier sal moet leer.<\/p>\n<p>Geen Steve, geen ondersteuning.<\/p>\n<p>Trots Afrikaans.<\/p>\n<p>Antwoord deur Sandra Jacobs van Innibosbestuur:<\/p>\n<p>Liewe Renske<br \/>\nDankie vir jou e-pos<\/p>\n<p>Ek verstaan dat sy ondersteuners baie ontseld is dat ons nie vanjaar vie Steve genooi het om by innibos op te tree nie, maar laat ons asseblief toe om te verduidelik wat daartoe gelei het. Miskien sal dit jou \u2018n bietjie beter begrip van ons situasie gee:<\/p>\n<p>Ons het niks teen Steve as kunstenaar of mens nie maar ons beleid is baie eenvoudig dat ons nie gaan toelaat dat enige kunstenaar ons verho\u00eb gaan misbruik om hul eie politieke beeld te bou nie. Moenie so na\u00efef wees om te dink dat hy Die Stem gesing het bloot as \u2018n mooi Afrikaanse volksliedjie nie! Steve is \u2018n opportunis wat elke moontlike geleentheid gebruik om sy eie beeld te bou deur op die regte emosies te speel. Ons het van hierdie jaar af \u2018n klousule in ons kontrak waarin kunstenaars moet onderneem om geen Godslasterlike of polities-sensitiewe inhoud in hul optrede in te sluit nie. Dit geld ook vir lirieke van liedjies, ens. Dit is \u2018n gedragskode wat ons as billik en beskaafd beskou en Steve weier om hom daaraan te onderwerp. Hy het openlik ges\u00ea dat hy hom nie sal laat voorskryf wat hy van \u2018n verhoog af gaan doen of s\u00ea nie. In die lig daarvan het ons besluit om hom nie uit te nooi nie. Dit is Steve wat daardeur homself uit Innibos weggelaat het. Weet ook verseker dat Innibos nie \u2018n \u201cAfrikaner\u201d fees is nie maar \u2018n Afrikaanse kunstefees vir alle Afrikaans-sprekende Suid Afrikaners van alle rasse en ook vir mense van ander taal- en kultuurgroepe wat die fees saam met ons wil geniet. Ons sal geen diskriminase van enige aard hier duld nie.<\/p>\n<p>Jy moet dus vir Steve blameer as jy nie meer fees toe kan kom nie. Drie vrae aan jou: Sou jou plaaslike skool vir Steve uitnooi om Die Stem by hulle saalbyeenkoms te kom sing \u2013 nooit, want dit is nie die regte platform daarvoor nie! Dink jy dat jou kerk vir Steve sal uitnooi om Die Stem op \u2018n Sondag oggend by die kerk te kom sing \u2013 nooit nie, dis nie die regte platform daarvoor nie. Dink jy dat die rugbyraad vir Steve sal uitnooi om Die Stem by \u2018n toets te gaan sing \u2013 nooit nie want dit is nie die regte platform nie.<\/p>\n<p>Waarom moet Steve toegelaat word om dit by \u2018n kunstefees te doen wat uitsluitlik vir kulturele vermaak daargestel is.<\/p>\n<p>Ons gaan nooit toelaat dat politiekery weer op ons verho\u00eb gaan gebeur nie!<\/p>\n<p>Dit is die enigste rede hoekom Steve nie by Innibos gaan optree nie \u2013 hy weier om by ons gedragskode in te val.<\/p>\n<p>Laat ek dit asb duidelik stel; ons het niks teen Die Stem as lied nie. Baie van ons het daarmee grootgeword en dit het vir ons almal \u2018n diep gesetelde nostalgiese betekenis. Dit is egter net so verkeerd om Die Stem op \u2018n openbare verhoog te sing as om die ou landsvlag op die verhoog rond te swaai. Dit maak \u2018n politieke \u201cstatement\u201d en dit is onaanvaarbaar in die nuwe Suid Afrika en daarom sal ons dit nie op ons verho\u00eb toelaat nie.<\/p>\n<p>Dit is \u2018n hartseer dag as mense toelaat dat een persoon hulle so kan breinspoel dat hulle wonderlike geleenthede soos kunstefeeste wil boikot. Ons (en al die ander feeste) werk al vir jare daaraan om vir ons eie kultuurgroep geleenthede te skep waar hulle die taal en kultuur kan uitleef. Dis omtrent al wat ons oor het! Innibos was nog altyd goed genoeg \u2013 en vir baie jare sonder Steve. Maar noudat hy alles kom bederf het met die Stem singery verlede jaar is ons nou ewe skielik die vark in die fe\u00ebverhaal? Steve kan dit nie verdra dat Innibos die ruggraat gehad het om hom nie uit te nooi nie \u2013 die fees wat in sy eie woorde die grootste Afrikaanse gehoor in die w\u00eareld is. Omdat hy suur is daaroor en waarskynlik in sy ego gekrenk is doen hy \u2018n beroep op feesgangers om weg te bly van iets wat vir hulle belangrik geword het. Hoe kan enige iemand so verwaand wees! As jy jouself groter begin ag as die saak wat jy dien is jy op die verkeerde pad. Dit is hartseer dat Steve nie sy invloed wil gebruik om versoening te bewerkstellig in hierdie land in plaas van om verdeeldheid tuseen Afrikaanse mense en ook ander kulture te saai nie.<\/p>\n<p>Dit sal jammer wees om julle as feesgangers te verloor maar jy moet vir Steve daarvoor blameer en nie Innibos nie. Ek vra maar net dat julle dit mooi oordink en al die faktore wat ek genoem het in ag neem. As al die belangrike feeste in SA vir Steve weglaat moet daar iets fout wees, nie waar nie? Dink jy dat verantwoordelike direksielede van feeste sommer so \u2018n besluit ligtelik sal neem sonder dat daar baie goeie redes daarvoor is?<\/p>\n<p>Ons gaan nietemin voort om ons bes te doen om Afrikaanse kultuur en taal te bevorder met puik musiek, toneel en woordproduksies. Ons volledige program word op 15 Mei bekendgestel.<\/p>\n<p>Groete,<br \/>\nSandra Jacobs<br \/>\nMedia &amp; Bemarkingsbestuurder<br \/>\nInnibos Nasionale Kunstefees<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In &#8216;n epos wat onlangs op Facebook geplaas is, verduidelik die bestuur van die Inniboskunstefees waarom Steve Hofmeyr nie meer by hul fees welkom is nie. Ons plaas dit hier omdat die inhoud eintlik vanself spreek. Nie net weerspreek dit die sogenaamde &#8220;grondwetlike waardes&#8221; waaroor al die polities korrektes so hoog opgee nie (meningsvryheid, artistieke &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=30031\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Innibos se redes waarom hulle Steve nie meer nooi nie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86,11],"tags":[17221,9377],"class_list":["post-30031","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c77-briewe","category-s7-menings","tag-innibos","tag-steve-hofmeyr"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/30031","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=30031"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/30031\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=30031"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=30031"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=30031"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}