{"id":30005,"date":"2015-02-09T15:12:25","date_gmt":"2015-02-09T13:12:25","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=30005"},"modified":"2015-02-10T09:08:11","modified_gmt":"2015-02-10T07:08:11","slug":"le-pen-sien-regdeur-amerikaanse-oorlogsplanne","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=30005","title":{"rendered":"Le Pen sien regdeur Amerikaanse oorlogsplanne"},"content":{"rendered":"<p>Die leier van Frankryk se opkomende Front National (FN), Marine Le Pen, het Brussel daarvan beskuldig dat hulle &#8220;Amerikaanse lakeie&#8221; is wat die EU-beleid in die Oekra\u00efne betref. <\/p>\n<p>Sy het Washington voorts beskuldig dat hulle probeer om &#8216;n &#8220;oorlog in Europa&#8221; te ontketen en met NAVO uit te brei tot teenaan Rusland se grense.<\/p>\n<p>&#8220;Europese hoofstede het nie die wysheid om te weier om afhanklik te wees van Amerikaanse posisies oor die Oekra\u00efne nie,&#8221; het Le Pen Sondag aan Franse joernaliste ges\u00ea.<\/p>\n<p>&#8220;Wat die Oekra\u00efne aanbetref, het ons onself gedra soos Amerikaanse lakeie,&#8221; het sy ges\u00ea, voordat sy gewaarsku het dat &#8220;die doel van die Amerikaners is om &#8216;n oorlog in Europa te begin deur NAVO na die Russiese grens uit te brei.&#8221;<\/p>\n<p>Sy het die Europese leiers beskuldig dat hulle hulself blind hou vir die Oekra\u00efense regering wat burgerlikes bombardeer en bygevoeg dat beide die Krim sowel as die Oos-Oekra\u00efne onafhanklik behoort te word.<\/p>\n<p>In Junie, het sy insgelyks aan RT se Sophie Shevardnadze ges\u00ea dat daar &#8220;geen onafhanklike state in Europa is nie,&#8221; en baie van hul buitelandse beleidsfoute in die afgelope tyd is gemaak &#8220;onder Washington se invloed&#8221;.<\/p>\n<p>Haar woorde eggo verklarings deur die voormalige Franse premier Francois Fillon, wat di\u00e9 naweek aan die openbare uitsaaier <em>France 5<\/em> herhaal het dat die Verenigde State van Amerika &#8216;n poging aanwend &#8220;om &#8216;n oorlog in Europa te ontketen, wat sal eindig in ramp&#8221;. Hy het bygevoeg dat sodra &#8216;n oorlog uitgebreek het, die VSA boonop sal probeer om homself te distansieer daarvan.<\/p>\n<p>&#8220;Die Amerikaners het een fout na die ander gemaak en vandag is hulle eenvoudig gediskrediteer,&#8221; het Fillon ges\u00ea.<\/p>\n<p>&#8220;Om Rusland te verneder is eenvoudig onaanvaarbaar.&#8221;<\/p>\n<p>Saterdag, het die voormalige Franse president Nicolas Sarkozy ges\u00ea dat Europa deel is van &#8220;&#8216;n gemeenskaplike beskawing met Rusland,&#8221; en dat dit daarom nodig is om konflik op die vasteland te vermy.<\/p>\n<p>&#8220;Die belange van die Amerikaners en die Russe is nie die belange van Europa en Rusland nie,&#8221; het hy ges\u00ea, en bygevoeg dat die herlewing van &#8216;n Koue Oorlog tussen Europa en Rusland ongewens is.<\/p>\n<p>Intussen het gerugte die rondte gedoen dat &#8216;n kernontploffing Donetsk in Oos-Oekra\u00efene geruk het waar hewige gevegte steeds voortduur tussen selfverdedigingsgroepe en die junta in Ki\u00ebf wat deur die VSA bewapen word.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die leier van Frankryk se opkomende Front National (FN), Marine Le Pen, het Brussel daarvan beskuldig dat hulle &#8220;Amerikaanse lakeie&#8221; is wat die EU-beleid in die Oekra\u00efne betref. Sy het Washington voorts beskuldig dat hulle probeer om &#8216;n &#8220;oorlog in Europa&#8221; te ontketen en met NAVO uit te brei tot teenaan Rusland se grense. &#8220;Europese &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=30005\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Le Pen sien regdeur Amerikaanse oorlogsplanne&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[5227,19482,1093,13836,10639,5878,14647,9575,2078],"class_list":["post-30005","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-duitsland","tag-francois-fillon","tag-frankryk","tag-front-national","tag-marine-le-pen","tag-navo","tag-oekraiene","tag-oorlog","tag-rusland"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/30005","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=30005"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/30005\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=30005"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=30005"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=30005"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}