{"id":30,"date":"2007-01-13T17:10:27","date_gmt":"2007-01-13T17:10:27","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=30"},"modified":"2007-01-13T17:10:27","modified_gmt":"2007-01-13T17:10:27","slug":"die-groot-noordwes-transformasieskandaal","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=30","title":{"rendered":"Die groot Noordwes-transformasieskandaal"},"content":{"rendered":"<p align=\"justify\"><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Luidens berigte in die media is die opposisiepartye in die Noordwes-provinsie se provinsiale wetgewer ontsteld oor die Departement van Landbou aldaar. Die Departement van Landbou in die Noordwes-provinsiale regering is naamlik gans en al wanfunksioneel. Verskeie lede van die departement word krimineel ondersoek. Die vorige twee departementshoofde is afgedank. Die laaste een het egter &#8216;n hooggeregshofbevel gekry wat die departement gedwing het om haar weer aan te stel.<\/font><\/p>\n<p align=\"justify\"><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Jaar na jaar word die departement se begroting nie bestee nie, uitgesonderd natuurlik die gedeelte wat vir salarisse moet gaan. Nadat die departement onlangs die druk begin voel het, was daar aan die einde van elke finansi&euml;le jaar &#8216;n geskarrel om die begroting wel te spandeer, maar dit geskied sonder enige doel of beplanning. Ironies genoeg is een van die departement se pligte om die voordeeltrekkers uit grondeise by te staan, maar slegs &#8216;n onbeduidende breukdeel van die begroting hiervoor bereik ooit die grondeisers.<\/font><\/p>\n<p align=\"justify\"><font size=\"2\" face=\"Verdana\">In die provinsiale wetgewer word die departementshoof en LUR vir landbou deur alle partye, insluitend die ANC, gestriem, maar wanneer dit kom by die goedkeuring van die departementele begroting, is die ANC op hul kenmerkende tropmanier eendragtig in hul steun daarvoor.<\/font><\/p>\n<p align=\"justify\"><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Bostaande is sekerlik &#8216;n verhaal wat dwarsoor die land herhaal word, en derhalwe nie heeltemal nuuswaardig vir die meeste van ons nie. Wat dit egter nuuswaardig maak, is die rede waarom dit gebeur het. V&oacute;&oacute;r die skandaal op die lappe gekom het, het die Noordwes-regering gespog daarmee dat die Departement van Landbou hul mees getransformeerde departement was. Daar was kwalik &#8216;n blanke gesig iewers te sien, en die ANC se rasse-ideolo&euml; was in hul skik.<\/font><\/p>\n<p align=\"justify\"><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Die terme Afrikaner en Boer is nie verniet amper sinonieme nie &#8211; Afrikaners is tradisioneel bekend vir hul kennis van die landbou en bande met die grond. Mens sou dus redelikerwys kon verwag dat, toe die krisis die departement tref, daar &#8216;n ryke bron van blanke of Afrikaner-landboukundigheid in die Noordwes-provinsie beskikbaar sou wees om die departement te hulp te snel. Redelikheid is egter nie &#8216;n term wat mens sonder meer op die transformasiewaansin wat tans in Suid-Afrika heers, van toepassing kan maak nie.<\/font><\/p>\n<p align=\"justify\"><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Die rasse-ideologie van transformasie het die departement verhoed om blanke landboukundiges aan te stel. In een van die mees skandalige en verregaande vergrype waaraan die regime se getransformeerde staatsdiens homself tot nog toe skuldig gemaak het, is &quot;landboukundiges&quot; uit Afrikalande noord van ons grense aangestel, <em>wat nie eens Engels of Setswana behoorlik magtig was nie<\/em>. Laasgenoemde het uiters voorspelbare resultate gehad, en die krisis in die departement kan onder andere hieraan toegeskryf word. Hoe kan &#8216;n departement funksioneer as sy amptenare nie na behore met mekaar kan kommunikeer nie?<\/font><\/p>\n<p align=\"justify\"><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Dit word toenemend duidelik dat die etniese reiniging van blankes skrikwekkende afmetings aanneem. Soos &#8216;n geel ster in Nazi-Duitsland, verteenwoordig &#8216;n blanke vel in die getransformeerde Suid-Afrika &#8216;n professionele doodskus. Dit is skynbaar vir die huidige regime verkieslik om eerder &#8216;n persoon aan te stel wat n&oacute;g die vereiste kundigheid, n&oacute;g burgerskap, n&oacute;g die vermo&euml; het om die taal te praat, net solank daardie persoon nie &#8216;n Suid-Afrikaanse blanke is nie.<\/font><\/p>\n<p align=\"justify\">{mos_mb_discuss:13} <\/p>\n<p>  <!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mordvinov-wood.ru\/category\/oborud\/dlya-finskih-i-russkih-parnyih\/drovyanyie-pechi\/\">\u043f\u0435\u0447\u0438 \u0432<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/07\/21\/182571.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0430<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p align=\"justify\"><font size=\"2\" face=\"Verdana\"><strong>&quot;Die rasse-ideologie   van transformasie het die departement verhoed om blanke landboukundiges aan te   stel. In een van die mees skandalige en verregaande vergrype waaraan die   regime se getransformeerde staatsdiens homself tot nog toe skuldig gemaak het,   is &quot;landboukundiges&quot; uit Afrikalande noord van ons grense aangestel,   <em>wat nie eens Engels of Setswana behoorlik magtig was nie<\/em>.&quot;<\/strong><\/font><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[40],"tags":[152,164,21092],"class_list":["post-30","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c21-anton-barnard","tag-anton-barnard","tag-die-groot-noordwes-transformasieskandaal","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/30","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=30"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/30\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=30"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=30"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=30"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}