{"id":29977,"date":"2015-02-08T04:21:16","date_gmt":"2015-02-08T02:21:16","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=29977"},"modified":"2015-02-08T04:21:16","modified_gmt":"2015-02-08T02:21:16","slug":"malleus-maleficarum-herskryf-van-heksery-tot-rassisme","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=29977","title":{"rendered":"Malleus maleficarum herskryf: van heksery tot rassisme"},"content":{"rendered":"<p>Deur die eeue heen het die mensdom \u0149 geneigdheid getoon om onderworpe te wees aan massahisterie. Graag onderskei ons ons van die diereryk deur ons vermo\u00eb om logies te redeneer en dit onafhanklik van ander te kan doen. Eufemisties en arrogant eien ons ons die alleenreg op die vermo\u00eb om individueel te kan dink op. Individualisme is ons defini\u00ebrende kenmerk. Tog is die tropmentaliteit nooit ver van ons gemeenskaplike denkwyse nie en word ons maklik daardeur meegesleur.<\/p>\n<p class=\"western\" lang=\"af-ZA\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/BroadcastSiegfriedlg413.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignright\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/BroadcastSiegfriedlg413.jpg\" alt=\"\" width=\"600\" height=\"1484\" \/><\/a>Hierdie tropmentaliteit kan nie beter verwoord word as die Spaanse Inkwisisie en die Malleus Maleficarum van die Middeleeue nie. Hekse, ketters en ongelowiges (nie-Christene) is meedo\u00ebnloos gejag, gemartel, verhoor en op brandstapels verbrand. Europese volksoorleweringe is gevul met staaltjies van hekse wat allerlei soorte bose dade pleeg. Selfs die aantyging dat \u0149 persoon hom of haar skuldig maak aan heksery was om &#8211; op sy minste &#8211; \u0149 sosiale uitgeworpene te word wat verneder word op elke moontlike wyse by elke moontlike geleentheid. D\u00edt is as die arme drommel gelukkig was. Indien nie, was sy of haar voorland martelmasjinerie en die brandstapel. Die histerie rondom heksery het sover gegaan dat groepe mense vanaf die staanspoor sommer erken het dat hulle hul aan hierdie misdaad skuldig gemaak het in die hoop om vergifnis en die pyniging wat met ondervraging gepaard gegaan het, vry te spring.<\/p>\n<p class=\"western\" lang=\"af-ZA\">Gegewe dat hierdie heksejagte vir drie volle eeue geduur het vanaf die 1400\u2019s tot 1700\u2019s, is daar sekerlik min beter voorbeelde van die histeriese tropmentaliteit in die menslike geskiedenis. Die bekendste van sulke hoogs emosionele heksejagte is sekerlik die Salem-hekseverhore (Massachusetts Februarie 1692 \u2013 Mei 1693) waarby ten minste 28 mense tot die dood gevonnis is. Histories kan hierdie verhore teruggevoer word na onopgeloste konflik binne die gemeenskap, swak leierskap en individue wat politieke gewin en materi\u00eble munt daaruit geslaan het.<\/p>\n<p class=\"western\" lang=\"af-ZA\">Vandag is ons ingelig en nugter genoeg om te weet dat heksery \u0149 bogstorie is. Towerkuns is iets wat verhoogkunstenaars doen om die skare mee te amuseer. Die belaglikheid van die heksejagte kan, vir my, nie beter uitgebeeld word as in die film \u201c<i>Monty Python and the Holy Grail<\/i>\u201d nie. Hier kan die leser \u0149 gepaste gedeelte daarvan sien.<\/p>\n<p><iframe loading=\"lazy\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/yp_l5ntikaU\" width=\"420\" height=\"315\" frameborder=\"0\" allowfullscreen=\"allowfullscreen\"><\/iframe><\/p>\n<p class=\"western\" lang=\"af-ZA\">Die Malleus Maleficarum is in 1487 neergepen deur Heinrich Kramer, \u0149 Katolieke priester. Dit is vir alle praktiese doeleindes \u0149 handleiding oor hoe om op hekse jag te maak, hoe om hekse te identifiseer, hoe om hulle te ondervra, hoe om hulle te martel om bekentenisse te verkry en hoe om hulle uiteindelik die ewigheid in te stuur. Gesante van die Kerk (die Rooms Katolieke Kerk, die Protestante se hervorming het eers vanaf 1517 begin plaasvind ) was ook van die hoogs geleerde individue van hulle tyd. Die vermo\u00eb om te lees en te skryf was grootliks beperk tot hierdie gesante \u2013 dit sluit die adelstand uit &#8211; en weinig van die lyfeienes kon lees en skryf.<\/p>\n<p class=\"western\" lang=\"af-ZA\">Die mensdom verheerlik nog altyd diegene wat oor kennis beskik en ons sien hierdie individue as \u201cverlig\u201d en \u201cprogressief\u201d juis omdat hulle die w\u00eareld sien vanuit \u0149 oogpunt wat nie aan die lyfeiene beskikbaar is nie, juis omdat hulle oor kennis beskik waaroor die gewone man nie beskik nie. Ons ken aan geleerdes magte toe om te lei en te besluit wat goed en reg vir ons as gemeenskap is. Die strewe na geleerdheid en kennis is een van die mensdom se suiwerste motiewe.<\/p>\n<p class=\"western\" lang=\"af-ZA\">Die heksejagte, die Spaanse, Portugese en Roomse Inkwisisies en die Salem-hekseverhore is almal ontketen deur hierdie \u201cprogressiewe en verligte\u201d intellektuele en geleerdes. Deur die gewone man, die lyfeiene, die boer, die bakker, die slagter op te sweep in \u0149 massahisterie van waansin om hekse te jag is een van die grootste voorbeelde van die mens se voorliefde vir die tropmentaliteit en \u0149 klad op die terme &#8220;geleerd&#8221; en &#8220;intellektueel&#8221;. Dit is natuurlik beduidend dat die Rooms Katolieke Kerk se eie verbintenis en gebruike wat spruit uit heidense heksery en afgodaanbidding heeltemal ge\u00efgnoreer is en dit het die Protestante se hervorming geneem om di\u00e9 feit aan die groot klok te hang.<\/p>\n<p class=\"western\" lang=\"af-ZA\">Gelukkig het rede en goeie verstand \u2013 asook die Protestante se hervorming en gevolglike evolusie van die Christene se geloof &#8211; \u0149 einde gebring aan hierdie drakoniese klugspul (en een van die donkerste periodes in die Christendom se geskiedenis) en het die mensdom voortbeweeg na \u0149 meer humanit\u00eare samelewing waar logika en rede die kensketsende eienskappe is.<\/p>\n<p class=\"western\" lang=\"af-ZA\">Of het ons? Het ons uit die geskiedenisboeke geleer of is ons nog onderworpe aan dieselfde tropmentaliteit en massahisterie wat tot die Inkwisisies en heksejagte gelei het?<\/p>\n<p class=\"western\" lang=\"af-ZA\">Iemand vertel aan my dat moderne intellektuele se grootste karakterkenmerk is dat hulle vir ure kan sit en filosofeer en debatteer oor die sosiale impak van \u0149 hondedrol in die sand. Daar is niks intellektueels of geleerds aan hulle nie; hulle is slegs na\u00efef in hulle nihilisme en verwaandheid. Hubris is die enigste woord wat hulle kan beskryf.<\/p>\n<p class=\"western\" lang=\"af-ZA\">In ons postmodernistiese samelewing het die geleerdes en intellektuele die Malleus Maleficarum slegs herskryf &#8211; terwyl groot dele van die Westerse samelewing in \u0149 toestand van morele verontwaardiging en massahisterie agterna hardloop. Dieselfde \u201cverligte en progressiewe\u201d mentaliteit is die dryfveer agter hierdie herskrywing.<\/p>\n<p class=\"western\" lang=\"af-ZA\">Vervang die Kerk se dogma met multikulturele dogma. Vervang die aanklag van heksery met die aanklag van \u201crassisme\u201d. Vervang hekse, ketters en nie-gelowiges met \u201crassiste\u201d, nie-konformiste en diegene wat tot volkseie ontwikkeling verbind is. Vervang die gesante van die Kerk met ekstreemlinkse akademici, \u201cmeningsvormers\u201d, demago\u00eb en joernaliste. Vervang di\u00e9 wat mense beskuldig het van heksery met ge\u00efndoktrineerde skape wat voortdurend aanstoot neem om ander se onthalwe. Vervang die ontkenning van die Kerk se eie heidense wortels met die ontkenning van rasgebaseerde ideologie in RA en SEB wat eie aan hierdie nuwe multikulturele dogma is. Vervang die brandstapel met die konstante aanvalle op die persoon, die ontneming van sy inkomste, waar sy persoonlike lewe geru\u00efneer word, waar hy \u201cverban\u201d word en \u0149 etiket van \u201crandeier\u201d moet dra&#8230; en binnekort, indien die \u201cprogressiewe en verligte\u201d arbiters van reg en verkeerd hulle sin kry, tronkstraf vir die oortreder. Laastens, vervang die bekentenisse van heksery met bekentenisse van rassisme in die vorm van witskuld en patologiese altru\u00efsme.<\/p>\n<p class=\"western\" lang=\"af-ZA\">Nie veel het dan verander nie \u2013 ons bevind ons slegs in \u0149 meer moderne weergawe van die Middeleeue waar almal kan lees en skryf maar nog steeds so onnosel is soos ons voorsate van die 14e eeu. Vir al die geleerdheid wat ons versamel het, kon ons netsowel vir dae aaneen staar na die wollerige gemors wat in ons naeltjies versamel.<\/p>\n<p class=\"western\" lang=\"af-ZA\">Die verskil is egter dat die Malleus Maleficarum konkrete riglyne gegee het van wat heksery behels en hoe om \u0149 heks te identifiseer. Dieselfde kan egter nie van die aanklag van \u201crassisme\u201d ges\u00ea word nie. Dit is \u0149 amorfisme, \u0149 begrip met geen definisie of kenmerke nie, \u0149 \u201ciets\u201d wat op \u0149 daaglikse basis verander soos die aanklaers goeddink om hulle skewe w\u00eareldbeeld en narratiewe te pas. Dit is \u0149 kruk vir sekeres om te gebruik om hulle konstante mislukkings weg te verduidelik, om onopgeloste geskille en konflik in hulle guns te besleg, om aan te dring op iets wat hulle nie verdien het nie en om politieke munt te slaan \u2013 nes met die Salem-hekseverhore 300 jaar gelede.<\/p>\n<p class=\"western\" lang=\"af-ZA\">Soos die aanklag van heksery kan enigiemand aangekla word vir die misdaad van rassisme selfs as jy jou altyd aan die kant van die beskuldigers bevind het. Vra maar vir Zelda la Grange, Max du Preez en Gareth Cliff om \u0149 paar voorbeelde te noem waar die krokodil diegene wat hom gepaai deur hom te voer, verslind het.<\/p>\n<p class=\"western\" lang=\"af-ZA\">Sal geskiedenis ons ten goede wees \u0149 verdere 300 jaar in die toekoms in of sal hierdie nuwe heksejag, soos di\u00e9 van die Middeleeue, \u0149 klad op die mensdom se naam wees? Gaan toekomstige historici in \u0149 terugblik op vandag na ons kyk en dink: \u201cWat was fout met hulle, het hulle niks geleer nie?\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Deur die eeue heen het die mensdom \u0149 geneigdheid getoon om onderworpe te wees aan massahisterie. Graag onderskei ons ons van die diereryk deur ons vermo\u00eb om logies te redeneer en dit onafhanklik van ander te kan doen. Eufemisties en arrogant eien ons ons die alleenreg op die vermo\u00eb om individueel te kan dink op. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":17,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[18811,10],"tags":[19468,19465,14396,19464,19466,504,19467,15509],"class_list":["post-29977","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-gotterdammerung","category-rubrieke","tag-gareth-cliff","tag-heksejagte","tag-heksery","tag-ketters","tag-massahisterie","tag-max-du-preez","tag-salem-hekseverhore","tag-zelda-la-grange"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29977","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/17"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=29977"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29977\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=29977"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=29977"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=29977"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}