{"id":29937,"date":"2015-02-06T11:13:16","date_gmt":"2015-02-06T09:13:16","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=29937"},"modified":"2015-02-06T11:13:16","modified_gmt":"2015-02-06T09:13:16","slug":"noord-koreane-ontken-bande-met-wapenbedryf-in-namibie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=29937","title":{"rendered":"Noord-Koreane ontken bande met wapenbedryf in Namibi\u00eb"},"content":{"rendered":"<p>Die Namibiese tak van die Noord-Koreaanse staatsmaatskappy Mansudae Overseas Project Group of Companies (M.O.P.) s\u00ea hy het g\u00e9\u00e9n bande met die omstrede Korea Mining Development Trade Corporation (KOMID) teen wie streng internasionale sanksies ingestel is nie.<\/p>\n<p>KOMID is Noord-Korea se grootste wapenhandelaar en is by die verspreiding van ballistiese missiele en ander wapentuig aan lande soos Iran en Siri\u00eb betrokke. Die maatskappy verskans sy bedrywighede dikwels deur Noord-Koreaanse frontorganisasies te gebruik in die lande waar hy sake doen.<\/p>\n<p>Volgens \u2019n goedgeplaaste intelligensiebron bestaan \u2019n verbintenis tussen M.O.P. in Namibi\u00eb en KOMID.<\/p>\n<p>Mnr. Ryong Choe, woordvoerder van M.O.P Architectural &#038; Technical Services (Namibia), het vandeesweek ges\u00ea die maatskappy waarvoor hy werk \u201cdoen n\u00e9t kuns- en konstruksiewerk en het niks met wapens te make nie\u201d.<\/p>\n<p>Volgens hom ken hy nie die twee Noord-Koreaanse amptenare, Kil Jong Hun en Kim Kwang Yon, wat in Namibi\u00eb woon en KOMID se belange in Suider-Afrika behartig nie.<\/p>\n<p>Hulle is twee van die tien Noord-Koreane teen wie die Amerikaanse tesourie in Januarie sanksies ingestel het.<\/p>\n<p>Dit is gedoen omdat hulle resolusie 1718 van die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies (VN) oortree het. Di\u00e9 resolusie is op 14 Oktober 2006 aanvaar nadat Noord-Korea op 9 Oktober 2006 \u2019n kerntoets uitgevoer het, strydig met die kernsperverdrag waarvan di\u00e9 land \u2019n ondertekenaar is.<\/p>\n<p>Ingevolge hierdie resolusie moet lidlande van die VN alle oorsese bates van individue en maatskappe betrokke by Noord-Korea se wapensprogramme bevries. \u2019n Internasionale reisverbod is ook op werknemers van hierdie programme en hul families geplaas.<\/p>\n<p>Die twee mans se teenwoordigheid in die land het die Namibiese regering in \u2019n groot diplomatieke verleentheid gedompel. Dit het verlede week bekend geword die VN gaan op grond van di\u00e9 gebeure \u2019n amptelike ondersoek gelas na Namibi\u00eb se skending van resolusie 1718 van die Veiligheidsraad. Namibi\u00eb is net soos Noord-Korea \u2019n ondertekenaar van die kernsperverdrag.<\/p>\n<p>Volgens Choe verwerp M.O.P. in Namibi\u00eb enige beweringe dat hy as frontorganisasie vir KOMID optree.<\/p>\n<p>\u201cOns is reeds vir dekades wyd bekend in Namibi\u00eb as een van die groot konstruksiemaatskappy en het \u2019n goeie naam onder ons kli\u00ebnte en diensverskaffers. Ons het niks met KOMID te make nie en is nie \u2019n filaalmaatskappy van KOMID nie.<\/p>\n<p>\u201cOns moedermaatskappy Mansudae Art Institute \u201d<\/p>\n<p>Hy s\u00ea gerugte hieroor bring mee dat groot diensverskaffers wat reeds jare lank bou- en ander konstruksiemateriaal aan M.O.P. lewer, vra skielik vrae en wil weet wat aangaan.<\/p>\n<p>Choe s\u00ea M.O.P. het noue bande met die Namibiese regering wat een van di\u00e9 maatskappy se grootste en mees gewaardeerde kli\u00ebnte is.<\/p>\n<p>\u201cOns het staatshuis, die Heldeakker, die Oorlogsmuseum op Okahandja en die Gedenkmuseum vir Onafhankliheid gebou en was ook by talle ander kleiner konstruksieprojekte betrokke.\u201d<\/p>\n<p>Hy ontken dat M.O.P. enigsins betrokke was by die bou van die wapenfabriek by Luiperdsvallei en s\u00ea dit was \u2019n \u201cander Noord-Koreaanse maatskappy\u201d, maar hy ken nie die naam daarvan nie.<\/p>\n<p>Volgens die waghondliggaam North Korean Economy Watch, is Namibi\u00eb die land in Afrika wat die meeste geld, naamlik sowat US$67 miljoen, aan monumente en ander bouwerk deur M.O.P. bestee het.<\/p>\n<p>\u201cNoord-Korea het reeds meer as US$160 miljoen in die laaste tien jaar verdien uit die oprigting van reusemonumente en beeldhouwerke in lande in Afrika. Die grootste deel hiervan was afkomstig uit Namibi\u00eb\u201d, s\u00ea di\u00e9 liggaam op sy webtuiste.<\/p>\n<p>Bron: Die Republikein<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Namibiese tak van die Noord-Koreaanse staatsmaatskappy Mansudae Overseas Project Group of Companies (M.O.P.) s\u00ea hy het g\u00e9\u00e9n bande met die omstrede Korea Mining Development Trade Corporation (KOMID) teen wie streng internasionale sanksies ingestel is nie. KOMID is Noord-Korea se grootste wapenhandelaar en is by die verspreiding van ballistiese missiele en ander wapentuig aan lande &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=29937\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Noord-Koreane ontken bande met wapenbedryf in Namibi\u00eb&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[10580,19449,19396,6831,8690,9592,8670,19450],"class_list":["post-29937","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-kernkrag","tag-kernsperverdrag","tag-komid","tag-namibie","tag-noord-korea","tag-sanksies","tag-uraan","tag-vn-resolusie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29937","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=29937"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/29937\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=29937"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=29937"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=29937"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}